Vigo diff olielek

Having problems with your vehicle? Or need advice on repairing or servicing your Hilux? This is the place to ask for help
Post Reply
manarc73
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 21
Joined: Fri Aug 16, 2019 6:43 pm
Town: Pretoria
Vehicle: 3.0D-4D D/C 4x4
Real Name: Christoff

Vigo diff olielek

Post by manarc73 »

Nodig asb advies met n olielek op my 2008 D-4D 4x4 agteras. Hier volg die hele storie...

6 maande gelede het ek die ring gear en pinion vervang. Van toe af sukkel ek met die syaste se olieseels wat lek. Ek verstaan van inligting op die net dat dit baie moeilik is om die syaste reg terugtesit sodat die seels perfek rondom die as seel. 6 olieseels later bly hy lek. My plan hiermee is om met Terrain Tamer seels te vervang wat bietjie grasie het omdat dit n seel is wat uit 2 dele bestaan en bietjie speling kan absorbeer.

Wat egter my verstand te bowe gaan is dat olie wat in die spasie waar die ABS rat werk opeinding donker bruin van kleur is terwyl olie in die diff helder is. Dit sê vir my daar kom iewers vuilgoed in, maar van waar?! Enigste pad is deur die groot O-ring, by die ABS sensor o-ring of deur die bearing.

Ander vraag wat ek het is of die wiel bearings vervang moet word? Wanneer die syas uit is is daar speling op die "deksel" waarteen die remme vaskom. Maar volgens die workshop manual toets mens speling op die bearing wanneer hy op die as vas is en jy meet met n dial indicator speling op die hub waar die wiel vaskom. Daar is niks speling nie.

Ek wil graag nog net eenkeer die syaste uithaal en alles vervang wat nodig is en dan lekvrye km's geniet! 😌 Hoor graag wat julle dink.

Ek het slegs oorspronklike Toyota seels en olie tot dusver gebruik
User avatar
pietpetoors
Moderator
Moderator
Posts: 10649
Joined: Thu May 17, 2007 9:12 pm
Town: Langebaan
Vehicle: 2.7 Hilux 4x4 DC
Real Name: Pieter
Club VHF Licence: X27
Contact:

Re: Vigo diff olielek

Post by pietpetoors »

Eish, my eerste antwoord sou wees gebruik Toyota seëls, maar ek sien jy het dit klaar gedoen.

Jou diff of sideshaft nie dalk effe gebuig?
Only Dead Fish Go With The Flow!
Image
1999 Hilux 2.7i 4x4 Raider DC with 3.4 Prado V6. Rear diff-lock, Bull Bar and rock sliders, 31" Cooper ST Maxx, Snorkel, Alu-Canopy, VHF Motorolla radio, West Coast Rust, Mikem Suspension, Ball Joint Spacers in front and Mikem extended shackles at the rear, 25watt LED Spots
manarc73
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 21
Joined: Fri Aug 16, 2019 6:43 pm
Town: Pretoria
Vehicle: 3.0D-4D D/C 4x4
Real Name: Christoff

Re: Vigo diff olielek

Post by manarc73 »

Het die afgelope naweek die wiele opgelig en vry gedraai om te luister vir bearing geraas. Nie opgetel laat hulle uit lyn uit draai nie 🤔
manarc73
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 21
Joined: Fri Aug 16, 2019 6:43 pm
Town: Pretoria
Vehicle: 3.0D-4D D/C 4x4
Real Name: Christoff

Re: Vigo diff olielek

Post by manarc73 »

Die uiteinde van die probleem was dat die retainer aan die agterkant van die ABS rat op verkeerde diepte installeer is deur vorige eienaar. Daarom het olieseel nie op die regte plek ge-"seat" nie. Het as `n laaste uitweg die bearings, retainers en olieseels vervang. Geen meer lekke nie!

Baie dankie vir die manne by Gearmax silverton wat vir my die bearing ge-press het en ook die retainers op die regte diepte installeer het!
User avatar
pietpetoors
Moderator
Moderator
Posts: 10649
Joined: Thu May 17, 2007 9:12 pm
Town: Langebaan
Vehicle: 2.7 Hilux 4x4 DC
Real Name: Pieter
Club VHF Licence: X27
Contact:

Re: Vigo diff olielek

Post by pietpetoors »

Bly jy kon dit regkry.
Mens kan soms darem lank soek na 'n klein foutjie.
Only Dead Fish Go With The Flow!
Image
1999 Hilux 2.7i 4x4 Raider DC with 3.4 Prado V6. Rear diff-lock, Bull Bar and rock sliders, 31" Cooper ST Maxx, Snorkel, Alu-Canopy, VHF Motorolla radio, West Coast Rust, Mikem Suspension, Ball Joint Spacers in front and Mikem extended shackles at the rear, 25watt LED Spots
Thabogrobler
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5266
Joined: Sun Aug 19, 2007 10:43 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '02 'Lux KZ
Real Name: Thabo
Club VHF Licence: x223
Location: Garsfontein
Contact:

Re: Vigo diff olielek

Post by Thabogrobler »

My Kz se een kant lek ook na 2 nuwe seels - ek gaan nou maar iemand betaal om die ding uit te sorteer.
'02 KZ 'Lux. Cooled. Chipped. Onca'd. Cherished!

If you are a diesel fan, raise your hand.
If you aren't raising your hand, raise your standards!

A 4x4 is merely a machine that enables you to get stuck further away from civilization.
manarc73
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 21
Joined: Fri Aug 16, 2019 6:43 pm
Town: Pretoria
Vehicle: 3.0D-4D D/C 4x4
Real Name: Christoff

Re: Vigo diff olielek

Post by manarc73 »

Thabo, die mense by Gearmax was regtig bekwaam. Hulle kon die ou ABS rat en retainers mooi afhaal en weer gebruik, wat n KLOMP geld spaar eerder as om nuwes te moes koop. Omdat die seels nie reg op die retainer geloop het, was die oppervlak onbeskadig en kon die nuwe seel mooi pas.

In my soeke na n oplossing, het ek besluit op SKF HMS5 50x70x10 seels wat n fraksie van Toyota seels kos, en ek glo van goeie gehalte is. Sal die bedriubaarheid situasie mooi dop hou. Die seel het ek gekry by West Cape Bearing & Transmission. Prys vir 3 saam met courier na PTA was goedkoper as een OEM seel
Thabogrobler
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5266
Joined: Sun Aug 19, 2007 10:43 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '02 'Lux KZ
Real Name: Thabo
Club VHF Licence: x223
Location: Garsfontein
Contact:

Re: Vigo diff olielek

Post by Thabogrobler »

Dankie,

Ek het reeds bearings en seels by Bearing Net in Silverton gekry - R480ea excl VAT.
'02 KZ 'Lux. Cooled. Chipped. Onca'd. Cherished!

If you are a diesel fan, raise your hand.
If you aren't raising your hand, raise your standards!

A 4x4 is merely a machine that enables you to get stuck further away from civilization.
manarc73
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 21
Joined: Fri Aug 16, 2019 6:43 pm
Town: Pretoria
Vehicle: 3.0D-4D D/C 4x4
Real Name: Christoff

Re: Vigo diff olielek

Post by manarc73 »

More T, ek het presies daardie kit gekry. Die een olieseel saam daai kit het gefail. Toe sit ek SKF in
User avatar
The Legend
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3558
Joined: Sun Jul 04, 2010 6:53 am
Town: Kempton Park
Vehicle: 1994 2.2 4y 4x4 D/C Toyota Hi-Lux
Real Name: Dawie
Club VHF Licence: X93-

Re: Vigo diff olielek

Post by The Legend »

Wanneer gaan julle manne leer? As dit by olieseels kom koop jy egte Toyota seels.
“A BAD DAYS FISHING IS BETTER THAN A GOOD DAYS WORK”

“Do what you do so well, that the people that see you do it, will want to see you do it again,and will bring others to see you do it”
manarc73
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 21
Joined: Fri Aug 16, 2019 6:43 pm
Town: Pretoria
Vehicle: 3.0D-4D D/C 4x4
Real Name: Christoff

Re: Vigo diff olielek

Post by manarc73 »

Ek glo ook in slegs Toyota seels maar, vorige mense wat aan my trok gewerk het, het die rand waar die olieseel moet in so beskadig dat dit bykans onmoontlik is om die OEM seel met sy dun metaal rand daar intekry. Hy haak vas op n ongelyke plek en buig. Dus gebruik ek noodgedwonge die SKF seel wat rubber buite-om die seel ook het en maklike ingaan. SKF kan te sleg wees nie
Thabogrobler
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5266
Joined: Sun Aug 19, 2007 10:43 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '02 'Lux KZ
Real Name: Thabo
Club VHF Licence: x223
Location: Garsfontein
Contact:

Re: Vigo diff olielek

Post by Thabogrobler »

The Legend wrote: Tue Jul 21, 2020 6:09 pm Wanneer gaan julle manne leer? As dit by olieseels kom koop jy egte Toyota seels.
Baie eenvoedig: Toyota vertel my hulle hou nie meer daai seels in voorraad nie!
'02 KZ 'Lux. Cooled. Chipped. Onca'd. Cherished!

If you are a diesel fan, raise your hand.
If you aren't raising your hand, raise your standards!

A 4x4 is merely a machine that enables you to get stuck further away from civilization.
manarc73
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 21
Joined: Fri Aug 16, 2019 6:43 pm
Town: Pretoria
Vehicle: 3.0D-4D D/C 4x4
Real Name: Christoff

Re: Vigo diff olielek

Post by manarc73 »

More T, hulle praat stront. Hulle al baie vir my gese parte wat ek soek is "discontinue" as hulle op my VIN nommer soek. Dan sê ek vir hulle is die part ook discontinue vir n 2015 bakkie. Hulle kry gewoonlik dan die part net onder n nuwe part nommer.
Mars
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1484
Joined: Mon May 07, 2012 12:33 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Hilux Dakar 2.8 GD-6 DC 4X4
Real Name: Marnus
Location: Pretoria Oos
Contact:

Re: Vigo diff olielek

Post by Mars »

manarc73 wrote: Sun Jul 19, 2020 1:13 pm Die uiteinde van die probleem was dat die retainer aan die agterkant van die ABS rat op verkeerde diepte installeer is deur vorige eienaar. Daarom het olieseel nie op die regte plek ge-"seat" nie. Het as `n laaste uitweg die bearings, retainers en olieseels vervang. Geen meer lekke nie!

Baie dankie vir die manne by Gearmax silverton wat vir my die bearing ge-press het en ook die retainers op die regte diepte installeer het!
Dankie vir die terugvoer.
Post Reply

Return to “The Workshop”