Wanneer gaan my geluk nou draai!

Having problems with your vehicle? Or need advice on repairing or servicing your Hilux? This is the place to ask for help
Post Reply
User avatar
Kaspaas
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1270
Joined: Fri Jul 25, 2008 9:39 am
Town: Wellington
Vehicle: 1998 Land Cruiser 105series GX
Real Name: Cobus
Location: Wellington

Wanneer gaan my geluk nou draai!

Post by Kaspaas »

More my hilux viende. Ekt my goeie gedeelte van teespoed gehad die afgelope naweek, maar voor ek begin, so bietjie agter grond.

Ekt einde verlede jaar my bakkie van voor tot agter laat diens. Onderandere my agter diff, wat ek bearings, seëls en smeermiddels laat vervang het (ook my handrem is gestel). Hierdie werk is gedoen deur iemand wat ek met my lewe vertrou. Maar soos met elke sport het hy maar sy beseerings. By gesê, het my Bastiaan n pak vere agter, wat hom die vermoë gee om gemaklik 2 ton te kan dra. Hierdie pak vere is deur Darrel en sy pa(Mikem) vir my gemaak, omrede my boerdery in Laingsburg geverg het dat ek swaar vragte oor byna onmoontlike terrein moes dra.

Ekt n tydjie terug met n swaar hart my grond laat gaan in die Karoo, en moes die plaas ontruim. Die naweek was my laaste vrag, 15 hout treinspoor sleepers. Dan sou die hoofstuk verby wees in my lewe, en kon ek my hartseer sluk en aanbeweeg.

Vroeg Sondag oggend het ek die pad gevat, en na 15km my boeglam geskrik toe ek die rook agter my bakkie sien. Dadelik gestop, wiel en wieldrom afgehaal, en gesien my hele handrem se remskoen, is in mooi taal gesê m@&r toe. Ekt my machie gebel, en ons het saam gestem, dat die vrag die vere laat reguitter trek, en dus die afstand van die versteller na die diff verleng. ( soos die diff na "agter "beweeg) Die versteller op SFA's is stasionêr onder die bestuurderskant van die bakkie, en beweeg nie saam met die diff nie. Ekt toe met my machie se raad als losgemaak, en so doende is die handrem ontkoppel, en als terug gesit. Want nog 600km lê en wag, maar die skade was toe reeds gedoen.

Veertig meter verder het my hele wiel met sideshaft en al die bakkie verlaat en in die aankomende baan vir n verdere 300m gerol. Ekt darem nie te vinnig gery nie, en kon bakkie in die pad hou en tot stilstand bring.

Nou, my verduideliking is dat, die ongelooflike hitte wat opgewek is deur die remskoen en wieldrom, die seels laat gaan het, en die bearing het al sy ghries verloor. (Die diff was vol olie, ekt na die tyd gekyk)

Gelukkig was daar geluk by die ongeluk, dit was naby aan my tuis dorp, en dit was nie n besige pad nie, (ek ys om te dink wat sou gebeur het met daai wiel, en n aankomende voertuig) Die bakkie is in geleep, en staan huidiglik om reg gemaak te word.

Om n vinger te wys na iemand is onmoontlik, hierdie was n ongeluk. Maar ek hoop julle kan my ondervinding gebruik om iets op julle voertuie na te gaan. Ek sal nou vir ewig 2, size 12 spannertjies in my SFA ry, my swaarvrag dae is nou verby( want sodra Bastiaan tuis is, gaan ek sy vering sagter maak), maar dit kan weer gebeur. Ek hou van n werkende handrem, en sal die versteller laat skiet indien ek swaar vragte in die toekoms sal moet vervoer.

Groete van n super negatiewe Cobus
1998 Toyota land Cruiser 105 series. 4.2 D

"I am human, I make mistakes, and that is okay, I have my own permission."
User avatar
CasKru
Moderator
Moderator
Posts: 23956
Joined: Tue Dec 04, 2007 11:52 am
Town: Benoni
Vehicle: '94 Hilux Raider 2.4i (22RE) DC 4x4
Real Name: Cassie
Club VHF Licence: B15
Location: Rynfield

Re: Wanneer gaan my geluk nou draai!

Post by CasKru »

Sorry om te hoor Cobus... maar dink so daaraan... jou skade is relatief min teenoor wat dit kon gewees het as dit op spoed gebeur het
To God be the glory
User avatar
arnize2
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 743
Joined: Tue Mar 30, 2010 12:47 pm
Town: Wellington
Vehicle: 2008 Toyota Hilux 3.0 D4D D/C 4X4
Real Name: Arno
Location: Malmesbury

Re: Wanneer gaan my geluk nou draai!

Post by arnize2 »

Sjoe Cobus, dankie dat jy jou nagmerrie met ons gedeel het. Het nog nooit van so iets gehoor nie. Sterkte vir jou. Voor in die wapad brand 'n lig, hou net jou kop hoog en jou oe oop. :thumbup:
User avatar
Kaspaas
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1270
Joined: Fri Jul 25, 2008 9:39 am
Town: Wellington
Vehicle: 1998 Land Cruiser 105series GX
Real Name: Cobus
Location: Wellington

Re: Wanneer gaan my geluk nou draai!

Post by Kaspaas »

Dankie manne,

Maar julle sal nie glo hoe ek nou gesukkel het om n "backplate" te kry vir die wieldrom nie. Import diffs is daar baie, maar local diffs amper geen.
bakkie gaan nou n tweede week in Laingsburg staan :thumbdown:
1998 Toyota land Cruiser 105 series. 4.2 D

"I am human, I make mistakes, and that is okay, I have my own permission."
User avatar
Gertc
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 679
Joined: Thu Dec 20, 2007 10:01 pm
Town: Klerksdorp
Vehicle: 3.0L Fortuner
Real Name: Gert Combrink
Club VHF Licence: Xray05
Location: Noord Wes

Re: Wanneer gaan my geluk nou draai!

Post by Gertc »

arnize2 wrote:Sjoe Cobus, dankie dat jy jou nagmerrie met ons gedeel het. Het nog nooit van so iets gehoor nie. Sterkte vir jou. Voor in die wapad brand 'n lig, hou net jou kop hoog en jou oe oop. :thumbup:

MMMmmm met my geluk is daai lig onder in die tonnel `n trein wat oppad is.


Nee wat ek stem jou skade is skade maar dit kon baiieeee erger gewees het. Sterkte ek glo hy loop een van die dae weer soos hy moet.
Traveler
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5311
Joined: Fri Feb 26, 2010 7:11 am
Town: Springs
Vehicle: Pathfinder 2.5 LE AT
Real Name: Heinrich
Club VHF Licence: X81
Location: Gauteng
Contact:

Re: Wanneer gaan my geluk nou draai!

Post by Traveler »

Cobus, dis nooit lekker om van 'n ander man se teespoed te verneem nie. Ek hoop en glo Bastian loop binnekort weer soos stroop op 'n Desembermiddag in Upington.
Image
Image

Know what you don't know.
User avatar
Kaspaas
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1270
Joined: Fri Jul 25, 2008 9:39 am
Town: Wellington
Vehicle: 1998 Land Cruiser 105series GX
Real Name: Cobus
Location: Wellington

Re: Wanneer gaan my geluk nou draai!

Post by Kaspaas »

Wel, so het ek toe mos my Bastiaan gaan haal die afgelope naweek, en het hy nou geloop soos Ilovo stroop terug Beauford -Wes toe!!
Daar gekom, het ek my vrag verminder met 10 sleepers, en het die ou reg gelyk vir die lang pad terug Upington toe die Sondag oggend.

60km voor Prieska, ruik ek rubber, stop en sien dat al die bande styf is. Lig die bonnet op en hier verneem ek dat ek een van die main V-belt'e verloor het.
Natuurlik het al die ander ook afgespring, en het ek binne 30 min, die orige v-belt op sy plek, en kragstuur sin terug gesit. (het die aircon eers af gelos).
So gery tot in Prieska en met n paar oproepe uit gekom by GWS-spares (slat my met n pap snoek as ek die persoon se naam onthou), en die was so gaaf om my twee vars v-belde te gee. Sommer vinnig het die twee nuwes op gesit in n cafe se parkeer area, en is ons sterk oppad Uppies toe.

Maar nee waat, my geluk was van korte duur, 30km voor Upington (die wat weet, dis n &a& pad, op en af, en op en af), staan n boerbok stil in die pad!! :shock:
Ek het probeer stop, maar teen 120km/h met daai vrag het ek geen stop aan die Diesel nie. Ek tref hom toe op die regter wiel, en ja, die res was grusaam.
Na die oefening, het ek my vloeke gevloek, die etters wat nie hulle vee kan in kampe sit nie!!! :evil:

Gelukkig het ek geen skade aan die bakkie nie :beg: , ek het my "toe-in" en "toe-out" gemeet, met n maatband en selfs dit lyk nog op spec.

So nou hoop ek my ongeluk is nou vir eers op, by die huis gekom het ek vir Bastiaan in die waenhuis getrek, hy sien my eers oor drie weke. Dis nou my verlof, en is dit ek, vroulief en die Yaris wat die pad vat.
1998 Toyota land Cruiser 105 series. 4.2 D

"I am human, I make mistakes, and that is okay, I have my own permission."
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: Wanneer gaan my geluk nou draai!

Post by OOOOMS »

Gelukkig het jy geen skade gely nie, dink net wat as dit 'n koei was......

Geniet julle holiday :thumbup:
chopper

Re: Wanneer gaan my geluk nou draai!

Post by chopper »

Ek vertrou dat jy die geleentheid benut het en jou "prooi" verwerk het vir 'n "cabrito & chips" die vakansie :?: :lol:
User avatar
Hi-Hilux
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2828
Joined: Mon Jul 21, 2008 11:22 am
Town: Tsumeb
Vehicle: 1991 Hilux2.2 ---1987 Hilux D/C Hella 1000, Rancho RS9000XL shocks, Good Year M/TR, Warn Winch, STK bullbar, Extended shacles, Kenwood VHF-SOLD
Real Name: Trevor
Location: Namibia

Re: Wanneer gaan my geluk nou draai!

Post by Hi-Hilux »

Toemaar ek ken daai gevoel. Ek en teespoed het die laaste tyd groot buddys geword. Geniet jou holiday.
Is gebed jou spaarwiel of jou stuurwiel?
'Life is a coin. You can spend it anyway you wish, but you can only spend it ONCE'
Post Reply

Return to “The Workshop”