OUTREACH to Richtersveld & N/Cape Nama Peoples: 1-8Oct '11

Planning a trip or you need information about trails in your area.
Post Reply
User avatar
Kagiso
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 377
Joined: Thu Nov 15, 2007 12:52 pm
Town: Benoni
Vehicle: Datsun SAFARI aka LOBO, Nissan Patrol GQ
Real Name: Mac

OUTREACH to Richtersveld & N/Cape Nama Peoples: 1-8Oct '11

Post by Kagiso »

As I mentioned in the January post on "Outreches 2010"
2] 14 - 28 August ~10: Soul Serving ( the follow up of Soul Searching) A very intensive outreach: Upliftment Outreach to Good House and investigating future viable & sustainable enterprise for this "thrown away" community.
The same for Sanddrift - and then of course, Jesus Film outreaches and follow-ups all the way to Alexander Bay. [For those who want to tackle (try?) "The Road to Hell" - This is your chance - because we are going right past it .. and of cause we will go through Richtersveldt and also get to see Namaqualand in her flower splendour]

Daar is nog plek - en om die waarheid te sê - Ons benodig MENSE en VOERTUIE (4x4) en fondse vir die Uitreik na Rchtersveld [en ja, dit is Blommetyd - so ons gaan baie blomme te sien kry tydens die uitreik ook]
Die Richtersveld en Boesmanland / Namakwa Uitreik is op hande – en sovêr is daar min mense wat aangemeld het. Anderaand was ek sommer reg om handdoek in te gooi, onner ‘n bossie te gaan lê soos Elia daar in I Konings. 19. Ek is seker dit sou die duiwel goed gepas het as ek aan daardie gevoel toegegee het.
Net daarna kry ek hierdie juweel van Sendeling Neels de Waal van Upington – ‘n klein stukkie GROOT waarheid oor ons geloof, gebedsverhoring en natuurlik, UITREIK. So uit die hart van my wêreld, my mense.
Wat is geloof?
Daar is al baie boeke geskryf oor geloof en wat dit eintlik is en hoe om te glo. Ek glo daar is ook doktorale proefskrifte geskryf oor die onderwerp en teologiese verhandelinge en konferensies en seminare. Want geloof is tog die wortel van ons ... wel geloof.
En dan kom ‘n mens met ’n uitreik, waar ons ‘gelowiges’ die evangelie wil verkondig, op ’n afgeleë plekkie in die Kalahari waar daar nie eers ’n kerktoring te sien is nie, die leraar een keer in drie maande kom diens hou, baie van die ouer mense nie eers ordentlik kan lees nie en wat kry jy daar. Geloof!
So kom ’n groepie van die uitreik span by ’n huisie aan. Die tannie, ook al ’n grootmens, sit en luister na die geselskap, ok maar bly iemand kom kuier, is nie aldag dat daar kuiermense van die stad by haar huisie kom nie. Julle wat die Kalahari ken sal weet dat die mense se beddens buite op die stoep staan. In die somer kan g’n mens binne die huis slaap nie. In die dorpe het ons mos darem koelers en goeters wat die huis draaglik maak, maar nie daar diep in die duine in waar die huise maar onlangs eers krag gekry het nie.
Kom daar dan nou besoekers, dra die huismense ’n stoel of wat uit en anders sit maar so op die beddens rond. Die tannie sit toe ook daar op die bed. Kiertsregop, swart rokkie wat to net bo die enkels hang, wit sakdoekie wat sy in haar hande mee woel. Dan trek sy die sakdoekie, dan frommel sy hom in die linkerhand net om hom weer uit te trek en plat te stryk oor haar knieë voor sy hom weer frommel.
En soos dit maar gaan met ’n uitreik neig die gesprek toe na die geestelike toe en die onvermydelike vraag: “Glo Tannie?”
En toe vertel die tannie hulle. Haar oorle man is nou al baie jare oorle en sy het maar self die kindertjies groot gesukkel. “Meneer weet mos, hier is nie eintlik werk hier rond nie en daardie jare was die ou toelagies ook maar skraps wat ons van die regering gekry het.” Noudat die kinders darem groot is en tweetjies werk in die stad, gaan dit darem beter, hulle stuur elke maand ’n ou ietsie huis toe.
In elk geval so kom dit dat daar op ’n dag geen, maar geen kos in die huis is nie, nie eers ’n bietjie pap-meel nie. “Wat kan ek maak Meneer? Ek het nog nooit gebedel nie. Ek gaan maar op my kniege, en ek vra vir Jesus: Nou wat nou? Die kindertjies kyk vir my, waar moet ek nou vir hulle kos kry?”
“Meneer en ek staan daar op en ek sê vir die kinders hulle moet kom dat ons kan gaan hout maak. Hulle stry nog eers en sê: “Mar Ma, hies dan niks om gaar te maak nie, waa-voor sal ons loop hout maak?” Maar ek loop net en hulle darem agterna. Meneer en so met almal wat ma ’n houtjie soek vir kosmaak, is die nabyse bosse ook maar uitgedun, so ons loop vêr daai dag, ons loop tot douer annerkant daarie duine wat Meneer daar sien.” En sy wys met ’n rumatiek getrekte vingertjie so na waar die son ondergaan se rigting.
“Ons maak toe darem ’n lekker bondeltjie droë houtjies en met die op die kop draai ons toe om. Van hongerte is die krag ook maar min en ons kom maar staarig aan huis se kant toe. As ons hier kom wag Oorle Sarah van hier langsaan se kind ons in. “Antie hier was ’n witman met ’n bakkie, hy’t iets onder Antie se deur ingedruk”
“Meneer sal nie glo nie, maar toe ek die deur oopmaak toes daar ’n koevertjie met vyftag rand in. Daarie tyd was vyftag rand darem nog geld gewees Meneer. Ek kon toe vir Boetiekie stuur lat hy by die winkeltjie vir ons loop meel haal en suiker en ’n koffietjie.”
“Nou weet ek nie eintlik nie Meneer. Dink Meneer ek glo?”


En met daardie vraag kom ons oproep – om te gaan, om uit te reik en te vertel en te getuig. Sodat elkeen wat GLO sal wèèt dat hulle Glo. En die wat nog nie weet nie ook sal weet.

Ons gaan onbekende en bekende gebiede in. Ons gaan slegte, slegter en slegste paaie aandurf. Ons gaan. Maar jou gebed en jou bydrae maak die groot verskil. Hoeveel bydra? Soos wat jou hart sê. Die bedoeling is dat elkeen wat gaan ‘n “borg” moet hê, dat hy/sy sal wèèt hy/sy is gestuur en dus nie met eie geld / fondse sal gaan nie.



Dankie vir jou tyd en gesindheid. Bydraes kan deur die NG Gemeente Pretoria-Garsfontein se rekening gemaak word. Ek sal opreg waardeer as jy my ook net sal laat weet (dit maak die begroting makliker as ek ook weet wat ons het en wat nog kort). Daar is ook ‘n spesiale uitreikrekening wat ons vir uitreike geskep het, as jy voel om liewer daarlangs by te dra. Die kontrole bly daar maar die admin is minder.

Ons nood is R3200 per persoon vir die uitreik - dit sluit dan alles in - kos, blyplek, petrol .. de lot


Bankbesonderhede vir Bydraes

Kerk se bankbesonderhede is soos volg:

ABSA Lynnwoodrif - Tjekrekening

Rekening nr: 1630580125

Takkode: 333842

Onthou om die verwysing “NAMA UITREIK” in te sit anders gaan kerkkantoor nie weet wie of waarvoor die inbetaling bedoel was nie!
http://www.nggars.org.za/" onclick="window.open(this.href);return false;
Attachments
Richtersveldt 1.jpg
Richtersveldt 1.jpg (158.55 KiB) Viewed 6580 times
Last edited by Kagiso on Sat Aug 27, 2011 11:21 am, edited 1 time in total.
Outreach2Africa - In support of Missionaries of Africa: Helping God's children doing God's work.
on't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
User avatar
Kagiso
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 377
Joined: Thu Nov 15, 2007 12:52 pm
Town: Benoni
Vehicle: Datsun SAFARI aka LOBO, Nissan Patrol GQ
Real Name: Mac

Re: Richtersveld & Namakwalandse Blomme & Outreach

Post by Kagiso »

And here we are in 2011 - and it is BACK to RICHTERSVELDT in October [1 - 8th]

RICHTERSVELDT OUTREACH 2011: There are a number of teens dearly wanting to come along on the outreach - BUT they do not have the funds [Budget per Teen @R1,500.00 ] ANY contribution will help - -The main outreach will be to SANDDRIFT - where the community is poverty stricken because the diamond mining activities were stopped years ago. We want to start a "Youth Action" there, that will sustainably carry on, aimed at keeping the children busy outside of school hours, thus cutting down on drug abuse and related evils for young children and Christian Based teaching & activities.
OutreachAfrica is a N.P.O: Bank details: Standard Bank; Branch: Castle Walk; Type: Savings; Branch Code: 01 46 45; Account number: 415214742
PLEASE e-mail confirmation to Outreach2Africa@gmail.com.
Outreach2Africa - In support of Missionaries of Africa: Helping God's children doing God's work.
on't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
User avatar
Kagiso
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 377
Joined: Thu Nov 15, 2007 12:52 pm
Town: Benoni
Vehicle: Datsun SAFARI aka LOBO, Nissan Patrol GQ
Real Name: Mac

Re: OUTREACH to Richtersveld & N/Cape Nama Peoples: 1-8Oct '

Post by Kagiso »

Amazing how time flies when you need to do a lot of things before a "then" & "deadline" - and how time drags feet when you want something to happen [like kids waiting for Christmas]
Now the Richtersveld Outreach is mere weeks away - and I dont have enough time to finalise all - eina

Two things: (1) Closing date & time for 'entering' this outreach: Friday 16 September at "end of business" [for me that will be about ongeveer plusminus ± 22:00 ]

(2) We have young people who dearly want to go with - but they do not have the funds - Budget is R1500 per teen all inclusive [transport there & back; slaaplek, etes en park toegang]

As jy wil of kan help - BAIE DANKIE.

OutreachAfrica Banking Details



OutreachAfrica is a Non-Profit Organisation (NPO) registered to support Outreach work

Bank: Standard Bank

Branch: Castle Walk

Type: Savings

Branch Code: 01 46 45

Account number: 415214742


and over and above all - please also keep us in your prayers .




__________________
Get on your knees ... and Thank God you're on your feet
Outreach2Africa - In support of Missionaries of Africa: Helping God's children doing God's work.
on't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
Post Reply

Return to “Places to go”