Moordenaars Karoo

Planning a trip or you need information about trails in your area.
Post Reply
User avatar
African Child
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 628
Joined: Wed Jun 24, 2009 7:38 am
Town: Grabouw
Vehicle: Hilux 4L 4x4
Real Name: Leon
Location: Highlands

Moordenaars Karoo

Post by African Child »

Ek beplan n trippie in Julie na die Moordenaars Karoo en het bietjie info nodig as iemand het. Ek gaan die gedeelte grond - agterpaaie bietjie verken tussen Lainsburg, Sutherland en Frazerburg/Williston as jy n driehoek kon trek. Enige inligting/stories sal nice wees om te hoor.
Alone I wander a thousand miles, and I ask my way from the clouds.
User avatar
Kaspaas
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1270
Joined: Fri Jul 25, 2008 9:39 am
Town: Wellington
Vehicle: 1998 Land Cruiser 105series GX
Real Name: Cobus
Location: Wellington

Re: Moordenaars Karoo

Post by Kaspaas »

Hallo Leon,
Ek kom van Laingsburg af, en my oorlede pa het my altyd die storie vertel.....

Hy het as jong seun in die 1950's, Gamkaskloof binne gestap. Hyt altyd vertel hoe fiks en sterk die mense van Gamkaskloof was. Twee broers het glo die tog van Prins Albert af tot in die Hel met n Welcome Dover no.8 stoof gedoen, sonder om een keer te rus!! Als in een dag! Snaaks genoeg het my pa die storie van die Moordenaars Karoo daar by n oom gehoor. My pa het ook gesê dat hy daar, die mooiste meisies gesien het en dat hulle as jong mans behoorlik in die heuning bier geklim het.

Elkgeval, die storie gaan so......

In die vroeg 1700's was die Kaapkolonie nog onder Britse bevel natuurlik. Paul Kruger se spoorlyn was nog nie gebou nie (Kimberley via Matjiesfontein), dus is alle goedere per skip vervoer na Lorenzo Marks. Die britte het glo n klomp europese gevangenis van Tafelbaai vervoer met n stoomskip oppad hoër op langs die suid kus, waar hulle gebruik sou word vir swaar arbeid (bou van Paaie,passe en hawens), klipkap ens. Die probleem het gekom toe die skip te wal gegaan het by Mosselbaai, vir of water/steenkool of voorraad. Hier gestop het tussen 20 en 30 gevangenis ontsnap. Die beste van die saak is, dat hulle besef het dat hulle nie in die Kleinkaroo kon bly nie. Daai tyd was Ladismith, Riversdal se area al bewoon en so hulle net probleme gekry het. Die britte aan die anderkant het geweet hul beste kans om die gevangenis vas te trek in die kleinkaroo sou wees, want indien hulle die Swartberge oorsteek, is dit "tickets" wat dan raak dit niemandsland.

Wel, hulle reken dat die britte, wat nie hierdie verleentheid kon hanteer nie, ten minste 10 of 15 plat getrek het voor hulle die Swartberge kon orsteek.
Die res het dit gemaak oor die Swartberge, en oor die Witteberge ook. Nou is hulle in die Groot Karoo, en het hulle gereken dis nou "open country", maar die boodskap het owerhede by Laingsburg bereik en hulle is verder noord gedryf.

Nou nog meer noord as Laigsburg raak dit regtig n groot oop stuk aarde. Daar was wel trekboere in die area, en een boer het glo een van die gevangenis geskiet, en is beloon deur die goewerneur van die kaap. Maar dis n genadelose wêreld, kos is skaars en water ook. Daar is wel boere vermoor vir hulle kos en klere. Hieroor is ons nie seker nie, maar die gevangenis het onder mekaar begin moor, jy moet verstaan dat as n man desperaat word, dan raak jou medegevangene meer as net vlees en been. Hulle het sekerlik opgebreek en een-een n rigting ingevaar, waar hy of nog boere kon aanval en van sy vee steel, of het hy gevrek van honger en dors. Die boere van die area, het sekerlik besluit dat dit nie so kon aangaan nie, en n "manhunt" begin het, natuurlik ook vir n beloning! Dis hoekom dit Moordenaars karoo genoem word, dit was eerlik soos die wilde weste, net baie erger. Tot vandag toe is daar hierdie groot leemte op ons padkaarte tussen daai driehoek waarvan jy praat. Hierdie gevangenis het geweet dit was hul beste kans van oorlewing, maar hulle sou nie gereed gewees het vir die karoo son, en sy geharde boere nie.

Sekerlik het daar darem een of twee oorleef, maar hy sou erens wes of oos moes gaan, want meer noord sou hulle Verneukpan bereik het, en dan sou dit eers nag gewees het. Legendes het dit dat van hulle wel die Oranjerivier bereik het, waar inwonerstamme hulle vermoor het.

So daar is my weergawe van die legende, hoeveel van die waar is weet ek nie. Die storie het ek al baie gehoor, en hy kry hier en daar n stertjie by. "Dis n mooi wêreld daai, genadeloos maar tog so dankbaar, net drie druppels reën , dan kan jy die verskil in die veld sien" dit was my pa se gustelling woorde.....

Geniet die Groot Karoo Leon, dit is mooi, en is vol geskiedenis, veilig ry, en geniet die sterre hemele! Eks sommer jaloers! :wave:
Last edited by Kaspaas on Fri May 28, 2010 8:06 am, edited 2 times in total.
1998 Toyota land Cruiser 105 series. 4.2 D

"I am human, I make mistakes, and that is okay, I have my own permission."
User avatar
Family_Dog
Moderator
Moderator
Posts: 12692
Joined: Tue May 22, 2007 10:09 am
Town: Klerksdorp
Vehicle: Hilux DC SFA, Hilux 2.7 DC, Hilux 2.7 SC, Prado 95 VX
Real Name: Eric
Club VHF Licence: HC101
Location: Klerksdorp, NW
Contact:

Re: Moordenaars Karoo

Post by Family_Dog »

Dit is 'n baie interessante storie daai, Cobus. Dankie daarvoor. En dit klink as of dit defnitief waar kan wees.

Leon - geniet jou reis en ons sien uit na baie fotos in jou "Traveler's Tales' as jy terug is.


-F_D
Image

White Fang: 1999 2.7i DC Raider 4x4
Bull Dog: 1987 4Y-EFI 2.2 DC 4x4
Pra Dog: 1998 Prado VX 3.4
Hound Dog: 2000 2.7i SC 4x4


One Staffie, One Jack Russell, One Ring Neck Screecher, 17 Fish of questionable heritage


Image
User avatar
African Child
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 628
Joined: Wed Jun 24, 2009 7:38 am
Town: Grabouw
Vehicle: Hilux 4L 4x4
Real Name: Leon
Location: Highlands

Re: Moordenaars Karoo

Post by African Child »

Baie dankie vir die storie, ai ons land se vergete geskiedenis is seker net soveel as ons oneindige ooptes. Dalk moet ons n seksie op die forum begin waar hierdie stories weer lewe kan kry. Knersvlakte...... Weskus.....Langkloof oeee al die spookstories van daai area. Kroee en hotelle, elkeen het n magdom karakters wat daar gedrink het. Ek sal n topic begin dan kyk ons wat daar uitkom.

Indien iemand nog inligting, stories en karakters ken van die Moordenaars Karoo laat weet asb.
Alone I wander a thousand miles, and I ask my way from the clouds.
User avatar
Kaspaas
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1270
Joined: Fri Jul 25, 2008 9:39 am
Town: Wellington
Vehicle: 1998 Land Cruiser 105series GX
Real Name: Cobus
Location: Wellington

Re: Moordenaars Karoo

Post by Kaspaas »

Leon, as jy n tydjie het, gaan loer in by die nuwe vloed museum op Laingsburg.
Regtig n "moet-sien". :thumbup:
1998 Toyota land Cruiser 105 series. 4.2 D

"I am human, I make mistakes, and that is okay, I have my own permission."
User avatar
george
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 6565
Joined: Wed May 23, 2007 11:16 am
Town: Velddrif
Vehicle: Triton 3.5l V6
Real Name: George
Club VHF Licence: HC107
Location: Velddrif
Contact:

Re: Moordenaars Karoo

Post by george »

Thanx Cobus.
Dit was nou 'n lekker storie vir 'n Vrydag :thumbup: :thumbup:
"The World is a book, and those who do not travel read only a page.-Saint Augustine"
User avatar
African Child
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 628
Joined: Wed Jun 24, 2009 7:38 am
Town: Grabouw
Vehicle: Hilux 4L 4x4
Real Name: Leon
Location: Highlands

Re: Moordenaars Karoo

Post by African Child »

Sal beslis so maak. Ek was so paar jaar terug in die rivierloop af op die Buffelspoort roete. Watte ervaring! Ons is met die bakkies heen en weer deur die rivier soos die roete loop en hel daar was diep plekke. Daar was tot n kerek wat gesweer het hyt n vis deur sy voorruit gesien verby swem...... :lol: :lol: :lol: natuurlik het hy n SFA bestuur.

As ek mag vra en indien jy in Lainsburg was in 81" sou ek graag van jou ervaring met die vloed wou hoor. Ek weet n vriendin van my se pa is oorlede in die vloed. Hulle het tot onlangs op Dangerpoint gebly en as haar ma by hulle kom kuier en dit springgety raak (hulle bly so te se op die rotse) is dit n redelike tramatiese ervaring vir haar. Natuurlik n terugblink op die verlede....
Alone I wander a thousand miles, and I ask my way from the clouds.
User avatar
george
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 6565
Joined: Wed May 23, 2007 11:16 am
Town: Velddrif
Vehicle: Triton 3.5l V6
Real Name: George
Club VHF Licence: HC107
Location: Velddrif
Contact:

Re: Moordenaars Karoo

Post by george »

Ons het die eenkeer op Banksgate gekamp.Toe vertel die oomie daar dat die meeste van die vloed se water uit sy berge gekom het.
Blykbaar het al die bome en goed die brug verstop wat onder die N1 moes deurvloei en die water het toe opgedam na Lainsburg toe.
"The World is a book, and those who do not travel read only a page.-Saint Augustine"
User avatar
ThysdJ
Moderator
Moderator
Posts: 16587
Joined: Wed Oct 24, 2007 7:31 am
Town: Brackenfell
Vehicle: 2010 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
Real Name: Thys
Club VHF Licence: HC102
Location: Brackenfell
Contact:

Re: Moordenaars Karoo

Post by ThysdJ »

Tussen Fraserburg en Sutherland naby die Ou Posroete is daar 'n grot op 'n plaas wat baie min mense van weet. Blykbaar het 'n skaapwagter met 'n kudde van 800 skaap een winter daar skuiling gesoek teen die sneeu en koue. Almal het lewend daar uitgekom. Op dieselfde plek is ook dinosaurus spore en fossiele in die leiklip vasgevang. Korbeel huisies staan ook die wereld vol. Dis 'n BAIE mooi deel van die Karoo daai. :thumbup:

viewtopic.php?f=4&t=3996" onclick="window.open(this.href);return false;
Thys de Jager
CEO and Refreshments Manager at Team Offroad.

2010 Hilux 3.0 D4D D/C 4x4 with GOMAD "Brood" Canopy. Tripod.
1997 Jeep Wrangler TJ 4.0 Sport. The original SFA. AGA... Gooi kole
email: thys@teamoffroad.co.za

Like Team Offroad on Facebook...
User avatar
Piesang
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1610
Joined: Wed May 28, 2008 10:14 am
Town: Grabouw
Vehicle: '99 Hilux SRX d/c 4x4
Real Name: Pieter Pieterse

Re: Moordenaars Karoo

Post by Piesang »

[quoteAs ek mag vra en indien jy in Lainsburg was in 81" sou ek graag van jou ervaring met die vloed wou hoor. Ek weet n vriendin van my se pa is oorlede in die vloed. Hulle het tot onlangs op Dangerpoint gebly en as haar ma by hulle kom kuier en dit springgety raak (hulle bly so te se op die rotse) is dit n redelike tramatiese ervaring vir haar. Natuurlik n terugblink op die verlede....][/quote]

Daai jaar so net voor die vloed het daar so 2 huis van ons 'n jung man en sy suter ingetrek wie se ouers op daai stadum in Lainsburg gewoon het. Wouter was toe met die tyd van die vloed by sy ouers en hy is in die vleod weg gespoel toe in die dam en wonderbaarlik niks oorgekom en sy ouers was ook veilig.

Net na die vloed is ons as karate groep op Bloem toe en toe ons daar deur is was dit nog modder ooral waar jy kyk.
Image

"Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug." Jak 4:7
User avatar
Kaspaas
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1270
Joined: Fri Jul 25, 2008 9:39 am
Town: Wellington
Vehicle: 1998 Land Cruiser 105series GX
Real Name: Cobus
Location: Wellington

Re: Moordenaars Karoo

Post by Kaspaas »

Ek sal komende maadag n "write-up" doen oor die vloed. ekt so paar fotos van 2007 se vloed ook. Die grond wat ek besit is teen die Floriskraal dam, so ek sien die opdrifsels elke keer. Yskaste, ,bottels, doodskiste, speelgoed, ens. wat agv van die vloed als daar kom neersit het.

My aanstaande skoonpa het sy tesis toevallig op die vloed gedoen. My pa en broer was albei ook in die vloed, en een van ons vriende, Louis Erasmus, was die enigste leerling wat oorleef het, van die bekende groepie kinders wat op die BP se dak gebid het saam met die dominee,net voordat dit ineen gestort het.
1998 Toyota land Cruiser 105 series. 4.2 D

"I am human, I make mistakes, and that is okay, I have my own permission."
User avatar
African Child
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 628
Joined: Wed Jun 24, 2009 7:38 am
Town: Grabouw
Vehicle: Hilux 4L 4x4
Real Name: Leon
Location: Highlands

Re: Moordenaars Karoo

Post by African Child »

Bitter baie dankie ek sien baie uit na die write up. Ek weet nie of dit moontlik is nie maar indien wel en al sou dit iets kos sou ek bitter graag n copy van die tesis wou bekom.

Die verhale oor die vloed is werklik fassinerend en die mense inspirerend.
Alone I wander a thousand miles, and I ask my way from the clouds.
User avatar
African Child
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 628
Joined: Wed Jun 24, 2009 7:38 am
Town: Grabouw
Vehicle: Hilux 4L 4x4
Real Name: Leon
Location: Highlands

Re: Moordenaars Karoo

Post by African Child »

George, vertel my bietjie van Banksgate asb???? Sien dit op Google Earth, noord van Laingsburg maar ek kry nie veel inligting nie.
Alone I wander a thousand miles, and I ask my way from the clouds.
User avatar
African Child
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 628
Joined: Wed Jun 24, 2009 7:38 am
Town: Grabouw
Vehicle: Hilux 4L 4x4
Real Name: Leon
Location: Highlands

Re: Moordenaars Karoo

Post by African Child »

Info asb :arrow: :arrow: :arrow:
Alone I wander a thousand miles, and I ask my way from the clouds.
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Re: Moordenaars Karoo

Post by ChrisF »

As jy in daai wereld is moet jy beslis by Matjiesfontein n draai maak.

Daar is natuurlik die motor en trein museum. MAAR, maak seker jy gaan kyk by die stasie ook - een GROOT kelder onder die peron, n GROOT Anglo-Boere museum !



Lainsburg vloed - Ek was nog op Laerskool. Ons is ook die naweek na die vloed op soontoe. Al wat ek onthou is die modder/slik merke tot op dak hoogte teen baie huise. En dan die treinspoor brug onder die dorp, met groot bome wat dwars tussen die brug se pilare loop vas-steek het - so n dam gemaak het en dioe water selfs hoër laat opdam het.



PS - Van Lainsburg af is daar in pas oor die berg wat jou neem na Ladismith - baie grond paaie. Maar dit is bietjie Suid van jou be-oogde roete.
User avatar
george
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 6565
Joined: Wed May 23, 2007 11:16 am
Town: Velddrif
Vehicle: Triton 3.5l V6
Real Name: George
Club VHF Licence: HC107
Location: Velddrif
Contact:

Re: Moordenaars Karoo

Post by george »

George, vertel my bietjie van Banksgate asb???? Sien dit op Google Earth, noord van Laingsburg maar ek kry nie veel inligting nie.
Hi Leon.
Dis 'n baie interesante plaas.Hulle het lekker roetes om op te ry.Destyds het die goeverment op groot skaal vir uraan gesoek.Daar is wel uraan maar gelukkig 'n bietjie duur om uit te haal.
Die 4x4 paaie waarop jy ry is almal deur hulle gemaak en jy ry tot bo die plato en het 'n geweldige uitsig.
Die oom en tannie is ook verskrikklik interessant. Ek dink hulle seuns boer nou daar en hulle het afgetree in merweville.
Ek dink hulle van is Blom,maar is nie te seker nie :oops:
Ek was so 10 jaar terug daar en dit was fantasties.Hoop dis nog dieselfde
"The World is a book, and those who do not travel read only a page.-Saint Augustine"
User avatar
george
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 6565
Joined: Wed May 23, 2007 11:16 am
Town: Velddrif
Vehicle: Triton 3.5l V6
Real Name: George
Club VHF Licence: HC107
Location: Velddrif
Contact:

Re: Moordenaars Karoo

Post by george »

Het nou net 'n bietjie gesoek to kry ek die van die 4x4 comm site :thumbdown: :thumbdown: :thumbdown:
Banksgate farm near Sutherland has been sold, 4x4 routes closed. Got good response from Witjan at Skurweberg 4x4 in the area though. Going there in mid-July. Anybody been there in winter?
"The World is a book, and those who do not travel read only a page.-Saint Augustine"
Post Reply

Return to “Places to go”