Page 1 of 1

Waar om 'n twee-rigting radio vas te sit

Posted: Wed Apr 18, 2018 6:22 pm
by Matewis007
Ek het vir my 'n Kirisun PT8100 gekoop en soek nou plek in dirmbakkir om hom vas te sit. Betrokke bakkie is 'n 2002 Hilux D/C IFS.

Enige hulp sal waardeer word.

Matewis

Sent from my SM-P585 using Tapatalk


Re: Waar om 'n twee-rigting radio vas te sit

Posted: Wed Apr 18, 2018 8:15 pm
by Family_Dog
Linke kant voor op die transmission tonnel, ver genoeg vorentoe dat die pasasier sitplek dit mis.


-F_D

Re: Waar om 'n twee-rigting radio vas te sit

Posted: Wed Apr 18, 2018 8:23 pm
by Family_Dog
Of miskien hier. Hierdie is 'n Motorola radio maar in Hound Dog het ek 'n Kenwood TK7100 in dieselfde plek gemount, ongelukkig het nie 'n foto van dit nie.
image025.jpg

-F_D

Re: Waar om 'n twee-rigting radio vas te sit

Posted: Thu Apr 19, 2018 8:55 am
by Matewis007
Dankie vir die terugvoer. Die storie is heeltemal nuut vir my en ek sukkel nog om al die lingo en specs onder die knie te kry.

Aangeheg fotos van die radio asook die specs. Is die radios dual band? As ek reg verstaan volgens foto van die boks is hy net op 66-88MHz? Of is die ander frekwensies ook op die radio beskikbaar?

Ek sit met 2 handradios wat hoër frekwensies gebruik maar radios in die lorries is op die 66-88. Gaan ek met albei kan praat?

Dankie sover vir die hulp
Image Link Broken
Image Link Broken
Image Link Broken

Sent from my LG-H990 using Tapatalk

Re: Waar om 'n twee-rigting radio vas te sit

Posted: Thu Apr 19, 2018 5:57 pm
by Family_Dog
Jou radio is Midband (66-88MHz), hulle sal ongelukkig nie op die ORRA frekwensies werk nie. Jou VHF (Hoeband) radios sal ook nie met die PT8100 kan werk nie.

Die PT8100 radio is beskikbaar vir 66-88, of VHF (137-174MHz) of UHF (400MHz), maar hulle is drie verskillende modelle.


-F_D

Re: Waar om 'n twee-rigting radio vas te sit

Posted: Mon Apr 23, 2018 7:25 am
by Rooikappie
Wat van agterkant van die centre consule.
Waar die agterste asbak is.
Laat weet as jy foto wil sien , waar myne sit.
Lourens
0828257726

Re: Waar om 'n twee-rigting radio vas te sit

Posted: Mon Apr 23, 2018 7:51 am
by Matewis007
Rooikappie wrote: Mon Apr 23, 2018 7:25 am Wat van agterkant van die centre consule.
Waar die agterste asbak is.
Laat weet as jy foto wil sien , waar myne sit.
Lourens
0828257726
Ek het al gedink aan dit kant van die centre console. Tussen die sitplek en die console. Waar die sitplekgordel vasmaak.

Re: Waar om 'n twee-rigting radio vas te sit

Posted: Mon Apr 23, 2018 10:55 am
by Hilux 1
ek het myne op die door post langs my bestuurders seat gemaak pas

sal my post soek hier

Re: Waar om 'n twee-rigting radio vas te sit

Posted: Mon Apr 23, 2018 11:03 am
by Hilux 1

Re: Waar om 'n twee-rigting radio vas te sit

Posted: Mon Apr 23, 2018 11:10 am
by Matewis007
Hilux 1 wrote: Mon Apr 23, 2018 10:55 am ek het myne op die door post langs my bestuurders seat gemaak pas
Ook 'n goeie plan!

Dankie!

Re: Waar om 'n twee-rigting radio vas te sit

Posted: Thu Apr 26, 2018 9:12 am
by Hilux 1
Jaco, gooi pic waar jy toe besluit het om dit te sit

Re: Waar om 'n twee-rigting radio vas te sit

Posted: Tue Sep 04, 2018 6:44 pm
by DieselDonkie
Sit met dieselfde probleem het xtracab Dakar gekoop en wil nie gate boor of dashboard verwyder nie. Ek ook baie alergies vir drade. Kan iemand help

Re: Waar om 'n twee-rigting radio vas te sit

Posted: Tue Sep 04, 2018 7:19 pm
by FIRSTGEER
Look at my thread "My HILUX CAMPER BUILD" or Footloose on the forum and you will see how I positioned the radio between the two sun visors .