Page 1 of 1

American Muscle

Posted: Sat May 09, 2015 7:06 am
by grips
Elk een van ons het mos maar `n droomvoertuig. So was my droom altyd om `n Amerikaanse 4x4 te besit, spesifiek `n Ford Bronco. Nou ja die Bronco deel van die droom is nooit bewaarheid nie. Die Amerikaanse deel wel.

My eerste 4x4 was `n G60 Nissan Patrol SWB 1986 waarin ek `n Ford 302 v8 gedrukhet. Drie SFA Hilux dubbelkajuite en `n Land Cruiser het gevolg. My Amerikaanse droom is in 2010 bewaarheid toe ek `n Amerikaanse Ford Ranger met `n opgemoerde enjin gekoop het.

Van die oorspronklike Ranger het nie veel oor gebly nie.
Het `n Ford 302(5.0l) V8 gestroke na 347(5.7l) en `n paar ernstige modifikasies aan die enjin gedoen.
Dit skop so 300kw uit en amper 600nm.

Die krag van die enjin het gemaak dat ek `n NP 435 ratkas met NP 205 oordra ratkas gebruik.
`n Splitter is voor op die ratkas gebout wat die vierspoed kas agt spoed maak. Ek kan maw elke rat afsonderlik split.
Dit verleen so 16 vorentoe ratverhoudings as laestrek bygereken word en 4 tru verhoudings.

Dana diff`s uit `n F250 met `n 10" lift en 35" bande het onder die Ranger ingekruip.
`n Stel Fox skokbrekers met 500mm beweging sorg dat die wiele ten alle tye op die grond bly.

Voor en agter buffers van `n Nissan Patrol is gemaak pas.

Ek het ook al die Ranger se instrumente vervang en dit toegerus met `n spoedmeter wat deur `n GPS module gedryf word.

Beplan om eendag Ox lockers te installer.

Die Ranger is nie net `n speelding nie maar werk gereeld as `n sleep voertuig vir swaar vragte.

Re: American Muscle

Posted: Sat May 09, 2015 7:28 am
by Rianc
Baie netjies! Dit sal maar net 'n droom vir my moet bly. Hoeveel het die eind produk gekos?

Re: American Muscle

Posted: Sat May 09, 2015 7:55 am
by grips
Rianc wrote:Baie netjies! Dit sal maar net 'n droom vir my moet bly. Hoeveel het die eind produk gekos?
Rian ek praat nie graag pryse nie, maar ek kon `n 4x4 gekoop het met die geld wat ek aan die Ranger spandeer het.
Die bou koste is opgestoot met al die ingevoerde onderdele.
Gelukkig het ek hom nog gebou met gunstiger Rand/Dollar wisselkoers. Baie van die komponente se pryse het intussen verdubbel.

Die AFR aluminium silinderkoppe het destyds R10000.00 gekos. Die prys vir dit alleen vandag is in die omgewing van R22000.00.

Re: American Muscle

Posted: Sat May 09, 2015 8:55 am
by Thabogrobler
Baie mooi!

Is daar al foto's van die nuwe projek?

Re: American Muscle

Posted: Sat May 09, 2015 9:06 am
by Rianc
Dis reg so Christo, prys is nie van belang nie, dis egter die tyd wat jy spandeer het en die sukses wat jy daarvan kan wys wat belangrik is.

Re: American Muscle

Posted: Sat May 09, 2015 9:54 am
by grips
Thabogrobler wrote:Baie mooi!

Is daar al foto's van die nuwe projek?
Nog nie veel nie. Maar die 302 is uitmekaar gehaal. Gaan hom nou 0.030 laat oorboor.

Re: American Muscle

Posted: Sat May 09, 2015 10:07 am
by grips
Voorste en agterste traction bars om die aste teen torsiewring te beskerm.

Re: American Muscle

Posted: Sun May 10, 2015 7:20 am
by Agteros
Dis nou werklik mooi - 'n bees van 'n bakkie. :thumbup:

Re: American Muscle

Posted: Sun May 10, 2015 1:49 pm
by grips
Agteros wrote:Dis nou werklik mooi - 'n bees van 'n bakkie. :thumbup:
Dankie Hugo.

Re: American Muscle

Posted: Sun May 10, 2015 3:13 pm
by Wikkels
Ek kan getuig. Hierdie Ranger trek en ry erg lekker. One of a kind en rerig netjies gedoen! :cooldude:

Re: American Muscle

Posted: Sun May 10, 2015 5:13 pm
by ChrisF
RESPEK !!

dit getuig van toewyding en n handige hand.