Page 1 of 1

Die Volkswagen UP, nogal heel nice.

Posted: Thu Feb 12, 2015 8:48 pm
by swartvark
Jis ouens

Wat dink julle van hom as klein karretjie?

Die VW UP word uiteindelik Saterdag in RSA vrygestel. :thumbup:
Nou hoop ek nog net dat hulle een of ander tyd die halfton bakkie gaan inbring.

Die klein karretjie is verbasend ruim met baie kopspasie en 'n dubbelbodem kattebak wat groter hatch backs laat sleg lyk...volgrote spaarwiel ook nog....oulik man oulik.

Pryse begin by R133k en R140k vir die model soos op die fotos.
20150212_121122.jpg
20150212_121122.jpg (136.67 KiB) Viewed 7238 times
20150212_121057.jpg
20150212_121057.jpg (137.68 KiB) Viewed 7238 times
20150212_121135.jpg
20150212_121135.jpg (157.08 KiB) Viewed 7238 times
20150212_121143.jpg
20150212_121143.jpg (116.51 KiB) Viewed 7238 times
20150212_121147.jpg
20150212_121147.jpg (84.58 KiB) Viewed 7238 times
20150212_123745.jpg
20150212_123745.jpg (84.48 KiB) Viewed 7238 times
20150212_123741.jpg
20150212_123741.jpg (124.3 KiB) Viewed 7238 times
20150212_123736.jpg
20150212_123736.jpg (108.27 KiB) Viewed 7238 times

Re: Die Volkswagen UP, nogal heel nice.

Posted: Thu Feb 12, 2015 9:17 pm
by pietpetoors
Wat se enjin?

Re: Die Volkswagen UP, nogal heel nice.

Posted: Thu Feb 12, 2015 9:24 pm
by 4x4BEES
Baie oulik :thumbup:

Re: Die Volkswagen UP, nogal heel nice.

Posted: Thu Feb 12, 2015 9:37 pm
by swartvark
pietpetoors wrote:Wat se enjin?
Ek het gou vir jou alles oor hom gemail.

Dis n 55kW, 95Nm, 4.7ltr/100km, 1000cc met topspoed van 171km/h

Re: Die Volkswagen UP, nogal heel nice.

Posted: Thu Feb 12, 2015 11:51 pm
by ChrisF
swartvark wrote:
pietpetoors wrote:Wat se enjin?
Ek het gou vir jou alles oor hom gemail.

Dis n 55kW, 95Nm, 4.7ltr/100km, 1000cc met topspoed van 171km/h
aai toggie ....

lyk nie sleg nie.

maar waarvoor n breek-en-staan gras snyer engin in n kar sit ? :slap: :banned:


moet die goed so opwen om weg te kom. :(


Dit is sekerlik wat ek die meeste geniet van die Etios se 1500cc engin - LANG ratte, en jy kan gemaklik ry. As jy heeldag rond rits tussen sites is dit nie sports om heeltyd soos n tiener met die gear stokkie te speel nie ...



PS - JA, daai half ton bakkie sal GOED verkoop hier !!

Re: Die Volkswagen UP, nogal heel nice.

Posted: Fri Feb 13, 2015 1:53 am
by jacques kotze
Daai Interior lyk maar bleek op die foto's. Anders sal hy goed doen.

Re: Die Volkswagen UP, nogal heel nice.

Posted: Fri Feb 13, 2015 6:43 am
by Hangover
Met die bollie waarmee on vandag saam op die paaie sit wil ek nie naby so klein karretjie kom nie...

Re: Die Volkswagen UP, nogal heel nice.

Posted: Fri Feb 13, 2015 6:50 am
by Koppelaar
Ek dink hy gaan uitstekend verkoop as jy in ag neem hoeveel Polo's mens in die stad sien.

Re: Die Volkswagen UP, nogal heel nice.

Posted: Fri Feb 13, 2015 7:23 am
by swartvark
Daai dingetjie trek lekker. Sy gear ratios is reg ens...... Maar soos meeste VWs moet jy hom self ry om te verstaan.
En sy dashboard is so n two tone move..... Half retro look wat neig na die ou beetle se look. As jy mooi kyk op die derde foto sal jy beter sien..... Die sonlig het nonsens gemaak op die dash foto.

Ek is beïndruk....... 4 airbags ens.

Re: Die Volkswagen UP, nogal heel nice.

Posted: Fri Feb 13, 2015 7:28 am
by swartvark
Koppelaar wrote:Ek dink hy gaan uitstekend verkoop as jy in ag neem hoeveel Polo's mens in die stad sien.
Hys al jare in ander lande en verkoop baie goed.
Ons gaan natuurlik soos oudergewoonte n waglys hê.
VWSA se ou trick is mos om 'n reeks vry te stel en dan beskikbaarheid te beperk vir n paar mnde.

Hulle bring 300 UPs per mnd in om 106 handelaars te supply. :frustrated: .

Re: Die Volkswagen UP, nogal heel nice.

Posted: Fri Feb 13, 2015 8:03 am
by Rebel 4x4
Koppelaar wrote:Ek dink hy gaan uitstekend verkoop as jy in ag neem hoeveel Polo's mens in die stad sien.
Dis omdat die Polo's in SA vervaardig word. VW sal hulle deur toemaak as daar geen verkope op die Polo is nie.

Re: Die Volkswagen UP, nogal heel nice.

Posted: Fri Feb 13, 2015 9:43 am
by JohanW
Dis die model wat ou Jeremy Clarkson Chernobyl toe mee gery het.

Re: Die Volkswagen UP, nogal heel nice.

Posted: Fri Feb 13, 2015 11:25 am
by Thabogrobler
Is dit nog 'n Aygo/C1/107 rebadge?

Re: Die Volkswagen UP, nogal heel nice.

Posted: Fri Feb 13, 2015 11:28 am
by Mammabeer
Ek gaan more na die launch toe- maar net omdat ek nuuskierig is.
Die karretjie is heeltemal te klein, daar is nie plek vir 2 skooltasse, n hokkiesak, n TT Sak , dansskoene ...ens....daar is skaars genoeg plek in my Polo.

Maar dit is cute!

Ek wou bittergraag n Caddy Cross getoetsbetuur het- maar tot vandag toe kan geen een van die twee handelaars vir my een kry nie- die een wou slegs een kry as ek voor die tyd teken dat ek die kar gaan vat.

Re: Die Volkswagen UP, nogal heel nice.

Posted: Fri Feb 13, 2015 3:12 pm
by Stef
Nee wat, hou nie daarvan nie...lyk soos Smart Car se estate version...

Ry my hele lewe VW's maar die ene is ni v my ni dankie

Re: Die Volkswagen UP, nogal heel nice.

Posted: Sat Feb 14, 2015 8:08 am
by swartvark
Stef wrote:Nee wat, hou nie daarvan nie...lyk soos Smart Car se estate version...

Ry my hele lewe VW's maar die ene is ni v my ni dankie
Maar as jy nou 'n dogter op Stellenbosch Universiteit gehad het en jy wou haar nie met 'n ou onbetroubare kar laat ry nie sou dit mooi werk......hehe :thumbup:

Of soos my klient wat Courtesy karretjies vir sy besigheid benodig.............

Re: Die Volkswagen UP, nogal heel nice.

Posted: Sat Feb 14, 2015 1:13 pm
by ChrisF
Vandag na die waentjie gekyk by die KykNet Expo.


seker daar is n mark vir dit.

Verkies steeds my Etios :) Lekker LAAANG ratte :) :)



PS - die rit in die melktrokkie saam met Andre van Safarie4x4Roete was LEKKER :)

Re: Die Volkswagen UP, nogal heel nice.

Posted: Mon Feb 16, 2015 5:55 pm
by swartvark
........because we can. :lol:
20150216_113110.jpg
20150216_113110.jpg (163.38 KiB) Viewed 6985 times

Re: Die Volkswagen UP, nogal heel nice.

Posted: Mon Feb 16, 2015 10:13 pm
by Stef
swartvark wrote:
Stef wrote:Nee wat, hou nie daarvan nie...lyk soos Smart Car se estate version...

Ry my hele lewe VW's maar die ene is ni v my ni dankie
Maar as jy nou 'n dogter op Stellenbosch Universiteit gehad het en jy wou haar nie met 'n ou onbetroubare kar laat ry nie sou dit mooi werk......hehe :thumbup:

Of soos my klient wat Courtesy karretjies vir sy besigheid benodig.............

Dank Vader dis nog ver...daar sal sekerlik iets anders in die VW stal wees wat kan werk.

Moet bieg die Blue Motion Polo het ook nie v my gewerk nie...die goed se enjintjies is ma pap in vergelyking met my 2007 1.6 Polo...dan om nie eers van SWAMBO se 2010 1.6 te praat nie...

Die nuwe Jetta kan werk DIS nogal heel nice... :mrgreen:

Re: Die Volkswagen UP, nogal heel nice.

Posted: Tue Feb 17, 2015 8:16 am
by swartvark
Die 1.6 tdi polos doen dit vir my.

Die blue motions gaan die jaar in 1.4 uitkom. Hopelik met minder turbo lag.

Re: Die Volkswagen UP, nogal heel nice.

Posted: Tue Feb 17, 2015 9:02 am
by smokintyres
Love the throaty roar of the three cylinder :cooldude:

Tiny little car, ideal for city zoom-zoom (sorry, know its a Mazda thing, but it best describes the scenario), not sure how well it would handle long distance travel, especially overtaking manouvers. But then again the 1.4L 55kW Conceptline Polo Vivo does not struggle, even with AC on!

Re: Die Volkswagen UP, nogal heel nice.

Posted: Tue Feb 24, 2015 7:49 am
by Mammabeer
Ons het gaan kyk na die UP en uitgestap met n Kombi :mrgreen:

Re: Die Volkswagen UP, nogal heel nice.

Posted: Tue Feb 24, 2015 9:18 am
by Warrior
Het gaan kyk na hom - baie slim pakket !
Vir promosie doeleindes , aflewerings voertuig of student - puik konsep.
Hoogtyd dat een v d groot vervaardigers weer iets uniek en opwindend na sa toe bring ipv die afgewaterde budget voertuie deesdae. :thumbup:

Re: Die Volkswagen UP, nogal heel nice.

Posted: Wed Feb 25, 2015 9:15 am
by swartvark
Warrior wrote:Het gaan kyk na hom - baie slim pakket !
Vir promosie doeleindes , aflewerings voertuig of student - puik konsep.
Hoogtyd dat een v d groot vervaardigers weer iets uniek en opwindend na sa toe bring ipv die afgewaterde budget voertuie deesdae. :thumbup:

Laat weet my as jy een wil koop Eben. :wink2: