Weskus Hokkie Weskus Hemel

Show off your bike here, whether it is a 2, 3 or 4 wheeler, big, small, fast, slow, doesn't matter
Post Reply
Matewis007
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 140
Joined: Wed Jan 06, 2016 2:50 pm
Town: Brackenfell
Vehicle: Toyota Hilux D/cab 3.0KZ-TE
Real Name: Jaco
Club VHF Licence: HC355
Location: Brackenfell

Weskus Hokkie Weskus Hemel

Post by Matewis007 »

Elke jaar met Chantelle se verjaarsdag en ons huweliksherdenking vat ek haar bietjie weg na ‘n plek en sy weet nooit waarheen nie.
Na 2 jaar agtermekaar by Arum Lily was dit tyd vir bietjie verandering. ‘n Week by die strandhuis was hemels. Moet se dis seker die eerste keer in ‘n lang tyd wat en omtrent heeltemal afgeskakel het. Gewoonlik slaap ek vakansie-tye so 1.5 uur, hierdie vakansie het ek so afgeskakel dat ek die Maandag-middag sommer vir 3 ure doodgeruk het.
Ons het die eerste naweek by die see ‘n lekker vol huis gehad. My ouers het bietjie deurgekom see toe en my “Brother from another mother” Johan Lesch (Panda) het ook ingeval vir bietjie kuier saam met ons. Ek moes die motorfiets ook deurvat en het hom sommer by Johan se ouers op Vermont gelos.

Image
Image
Image
Radio Raps se Jonathan maybe??

Image

By die see het ons sommer lekker gekuier, lekker steak gebraai en bietjie gehengel. Vis het nie gebyt nie. Maar was lekker om sommer bietjie tyd saam met my Boeta te spandeer.
Die res van die week het rustig verbygegly. Te vinnig eintlik want nog so lui-lekker week by die see sou die batterye mooi herlaai het. Klein Fiela(Lisa-Mari) het haar omtrent gate uit geniet. Die weer by Franskraal was uit die boeke en sy kon baie tyd op die strand deurbring.

Image
Image
Image
Image
Word van kleins af mooi geleer

Image
Poeksie Woeksie se Worsie Wapsie is deur 'n haai gegapsie

Image
Image
Image
Image
Matewis007
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 140
Joined: Wed Jan 06, 2016 2:50 pm
Town: Brackenfell
Vehicle: Toyota Hilux D/cab 3.0KZ-TE
Real Name: Jaco
Club VHF Licence: HC355
Location: Brackenfell

Re: Weskus Hokkie Weskus Hemel

Post by Matewis007 »

Maandag oggend die 15de het ons eers ‘n ontbyt deurgewerk, gepak en toe in die pad geval uit Villiersdorp uit. Franschhoek oor. Altyd lieflik om daardie pad op ‘n motorfiets te ry. Eerste stop was Paarl Mall. Wou vir my ‘n hemp of 2 koop. Loop by Markham in en daar kry ek die hemp wat ek al van November af soek!
Myns insiens is daar 3 goed wat ‘n conversation starter is.
1. ‘n man met ‘n baba in sy arms
2. ‘n man met ‘n klein cute hondjie
3. En ‘n motorfiets helmet
Die vrou agter die toonbank het begin uitvra, na my neckbrace, wat ek ry, waarheen ons oppad is, waar ons ry en ek het so bietjie vertel van waar ons al was en wat voorle vir die jaar. Die volgende vraag het my nogal onkant: Wanneer werk jy dan as jy so oral toer?? Die vraag het my nogal aan baas Piet laat dink. Hy vra dit gewoonlik.
Sulke vrae laat my altyd dink? Wat is jou ideale werk?? Geniet jy wat jy doen? Of doen jy dit net om die rekeninge te betaal? Ek hou daarvan om goed te reel en biketrips te organiseer. Neukery is ek doen dit omdat ek lief is vir die buitelug en mense. Heel moontlik ‘n swak besigheidsman maar ek wil he mense moet die mooi in die natuur raaksien en slag stilraak en die pas van die lewe daar buite bietjie afdraai. Sal ek dit voltyds wil doen?? Moontlik ver in die toekoms ja. Kan dit ‘n lonende besigheid wees? Ja. Maar vir nou, gaan ek dit doen uit liefde, nie vir geldelike gewin nie.Maybe someday.
Due South deur nog ‘n hemp en toe deur Wellington toe. Gou petrol ingegooi en vandaar deur Hermon, Riebeeck Kasteel en toe Riebeeck Wes.
Ek het vir die eerste keer actually deurRiebeeck Kasteel gery en mens mis eintlik die hele dorp as jy net regdeur ry. Verseker ‘n plek om na terug te gaan vir ‘n Sondag Breakfast run. Van hier is ons Moorreesburg toe. Danye se altyd hulle verkoop sulke lekker steak. By die slaghuis gestop en sommer gou ‘n koeldrankie gedrink. Chantelle het haar oorbel verloor met die helmet se afhaal maar ek het hom darem weer opgespoor. Na die koeldrank het ons gou steak gekoop en lekker biltong. Dorp uit en verder op die N7 tot by Piketberg. Van hier sou ek vir die eerste keer bietjie nuwe paaie ry. Deur die dorp na Het Kruis. By Het Kruis stasie het ons gestop sodat Chantelle haar been kan ruskans gee en toe kom die sakkie biltong uit.

Image
Image

Na baie verder nie het die pad grond geraak. Die pad het aansienlik versleg en later. Ons is verby ‘n plantasie van sonpanele (for lack of a better word).


Baie goeie plek vir sonpanele aangesien ek dink die intensiteit van die son is hier vrek hoog. Ons het maar so bietjie aangestoot want hoe vinniger jy ‘n slegte grondpad ry hoe sagter loop ‘n ryding.  Van Sandberg af het die wind van voor begin waai en sommer ordentlik gewaai. Dis darem geteer en ek het die spoed maar so op 120km/h gehou(ons het aansienlik vinniger met die teerpad langs gekom tot by Het Kruis).  Die laaste stukkie Lambertsbaai toe is grondpad en daar is ‘n keuse van 2 roetes. Seelangs of so fraksie meer binneland langs soos die spoor loop.
Ons het seelangs gehou, eintlik die meer sanderige pad. Soos met sand speel die wiele maar so bietjie in die sand en ek het ‘n paar keer klappe van agter gekry. Ek het nie lekker geweet waar ons moet wees nie en kon net Steenbokfontein onthou. Het by die eerste bord ingedraai wat se Steenbokfontein en so tussendeur die sand ryery besef ons is nog nie op die regte plek nie. Weer terug uit op die sand pad en die volgende bordjie wys Weskushokkie. Ons het skuins na 15:00 hier ingedraai en so aan die bokant van die Steenboksfontein plaaswerf verbygery.
Op met die pad en toe kon ek ons verblyf so skuins regs begin uitken van die fotos. Bo by die huis gestop het die huishulp ons vriendelik ontvang en na die Weskushokkie gewys. Ons het bo gestop en WOW!!! Wat ‘n uitsig!

Image
Image
Image
Image
Image
Image
Image
Image
Image
Lig is effe swak maar die stort is in die rots.

Image
Image
Matewis007
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 140
Joined: Wed Jan 06, 2016 2:50 pm
Town: Brackenfell
Vehicle: Toyota Hilux D/cab 3.0KZ-TE
Real Name: Jaco
Club VHF Licence: HC355
Location: Brackenfell

Re: Weskus Hokkie Weskus Hemel

Post by Matewis007 »

Gou die tasse afgedra en toe besef ons ons kort ietsie koels vir die keel. Chantelle het gese sy gaan  dit rustig vat ek kan maar gou ry. Dorp toe is ek weer oor die treinspoor pad en is seelangs met die kuspad verby Muisbosskerm. Het gou by Spar die nodige gekry en toe onthou ek maar daar is mos ‘n U-Save ook. U-Save is deel van die groep waarvoor ek werk en het toe daar ook ‘n paar goed gekry. Mens hou mos die geld binne jou maatskappy sover as kan. Terug by die huis word ek toe geroskam, ek het die suiker vergeet. En iemand was baie lus vir koffie.
Ek het vir Albert, eienaar van Weskushokkie ‘n boodskap gestuur en gevra of ons hout by hom kan koop.  Ek het so bietjie die koppie regs van die huis verken en volgende oomblik hoor ek iemand roep. Albert. Ons het gegroet en sommer lekker aan die gesels geraak. Hy is self in die Boerdery maar ook doenig met ander goete soos aartappel-uithalers bou en onderhou ens ens ens. Hy was nie lank na dit terug nie, gewapen met ‘n klompie hout.

Image
Image
Image
Elandsbaai se punt is ook sigbaar

Image
Die Uwe AKA Matewis die kat is ook welkom
Image
Image
Image

By navraag hoe hulle besluit het om die Weskus Hokkie staan te maak, hoor ek dat hulle hul huis uitverhuur het Desember en toe vinnig plek moes kry om in te bly. En vandaar het die Weskus Hokkie gestalte gekry. Hy se hy word oorval deur navrae en besprekings en mense bespreek al meer as ‘n jaar vooruit. Ek kan duidelik verstaan hoekom. Die Weskus Hokkie is ‘n stukkie Weskus Hemel. Ek het vuur aangesteek en die Wood-fired jakoetsie aan die gang gekry. Lekker in stilte die steakies gebraai en toe bietjie ontspan in die jakoetsie. Chantelle het ‘n lekker bad gevat en ek ‘n stort. Dis een van die ander lekkertes, dis ‘n opelug stort. Die mure is rotse, en die ligte ‘n sterre-hemel.  Ons het gaan inkruip vir ‘n welverdiende nagrus.

Image
Image
Matewis007
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 140
Joined: Wed Jan 06, 2016 2:50 pm
Town: Brackenfell
Vehicle: Toyota Hilux D/cab 3.0KZ-TE
Real Name: Jaco
Club VHF Licence: HC355
Location: Brackenfell

Re: Weskus Hokkie Weskus Hemel

Post by Matewis007 »

Ek het actually slag laatgeslaap en was so net voor 7 wakker. Het toe sommer bietjie opgevang op die internet - selfoonopvangs hier is nie van die beste nie. En dis gelyktydig ‘n goeie en slegte ding. Slegte ding aangesien mens gewoond is aan vinnige konneksies. Goeie ding want hoekom worry oor internet-konneksie? As jy tyd het, en hier het jy die wereld se tyd en EDGE is heel aanvaarbaar. Dis seker die wonderlikste van die Weskus Hokkie. Tyd gaan staan stil.
Chantelle het eers na 8:00 wakker geword. Eerste woorde. Koffie asseblief? Toe weet ek, suiker gaan haal is my voorland. Gou opgekit en die stuk ingesit dorp toe. Gelukkig net 9km uit die dorp so ek het sommer direk U-Save toe gery. Suiker gekry en ‘n Coke en toe weer terug. Daar loop gedurig treine verby in die verte en ek het toe sommer gaan sit en een van die treine se waens getel. 300 waens.

Image
Image
Image
Maak stof!!

Image
Helmet hair

Die van julle wat my blogs volg, sal weet dat ek nog die begeerte het om vanaf Saldanha na Sishen al met die spoor langs te ry. Hierdie stoepsit het weer daardie reisigerswurm in my begin voed, en navorsing het weer begin. 861km van Saldanha tot Sishen, 18 Loops, nou vir die wat nie weet wat ‘n “Loop” is nie, dis die plek waar die treine mekaar kan kruis. Soos in een van my vorige blogs reeds gese is, ek wil hierdie spoorlyn gaan ry voor ek Baviaans doen.

Image
Image
Image
Brekvis lyk so


Buite was dit doodstil, op die stoep is 2 lekker poewe en ek het my op een gaan neerplak. Koffie is bedien en ek het my foon nader gesleep om bietjie van die fotos af te laai wat ek al geneem het. Ek het die leesstof binne uitgevat en bietjie begin oplees oor die plaas en die omgewing. Ek het raakgelees daar is grotte naby asook boesman tekeninge. Sulke dinge prikkel altyd my avontuurlus, so gewapen met ‘n kortbroek, my bike boots en my selfoon het ek opgery na die koppie. Ek het so entjie van die koppie af gestop en toe begin voetslaan in die rigting van ‘n grot wat ek kon sien. Nou hierdie is Sandveld. So sand is die een ding waaraan jy maar gewoond moet raak. Ek het tot in die bek van die grot gestap en toe begin fotos neem. Volgens artikels in die huisie is dateer die grotte tot sover as 3500 jaar terug. Meer merkwaardig nog is dat die laaste Khoi-San tot so onlangs as 300 jaar gelede nog die grot bewoon het. Universiteit Kaapstad het baie navorsing hier gedoen en uitgrawings gemaak.

Image
Image
Image
Matewis007
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 140
Joined: Wed Jan 06, 2016 2:50 pm
Town: Brackenfell
Vehicle: Toyota Hilux D/cab 3.0KZ-TE
Real Name: Jaco
Club VHF Licence: HC355
Location: Brackenfell

Re: Weskus Hokkie Weskus Hemel

Post by Matewis007 »

So stukkie uit die artikels in die huisie:
“Uit die uitgrawings wat tot dusver gedoen is, het die wetenskaplikes tekens van lewe tot sover as 8500 jaar gelede gevind.  Wanneer mens in gedagte hou dat die Griekse beskawing, wat een van die oudstes te wereld is,  5000 jaar oud is, is dit beslis baie besonders dat hierdie grotte die stories van so lank gelede vertel.
Dr Jeanette Deacon voer die grotte drie eras terug. Toe die see hoer as die grotte was, toe die seevlak laer was as nou en waar die seevlak tans is.”
Ek het die eerste grot bietjie verken en fotos geneem, toe na ‘n kleiner koppie gestap ook met grotte en daarna besluit om die groot kop uit te klim. Nou ja bike boots en al is ek die rotse uit, verby ‘n by-nes tot heel bo op die voorste punt van die kop. Vandaar het mens die mooiste uitsig. Na regs kan jy Lambertsbaai sien, voor jou die see en na links kan jy Elandsbaai se punt ook sien. Ek het aan Lambertsbaai so kant van die kop al met die rand langs teruggeloop opsoek na ‘n plek om af te gaan. So met die stap kom ek af op ‘n juweel. ‘n Witkruis arend nes. Hulle maak altyd nes in die mees onherbergsame plekke en mens kry nie sommer die geleentheid om hulle neste af te neem nie. Hierdie ontdekking het my opgewonde gemaak in die hoop dat ek dalk die arend te siene kan kry.

Image
Image
Image
Image
Witkruis-arend se nes

Image
Holte in die klip waar daar water versamel as dit reen.

Verder met die rand langs het ek afgekom op ‘n plek waar die arende skilpaaie laat val om die dop oop te breek. Hier het ‘n hele paar lee skilpad doppe gele. Dis nogal min dat mens op so iets afkom. Arende vat skilpaaie vas in hul kloue en vlieg dan hoog in die lug op, “hover” en laat val hulle dan op klippe sodat die dop kan oopbreek en hulle dan die skilpad kan eet. ‘n Entjie verder het ek plek gekry om af te klouter en kom toe ook af op die olifant-skuurplekke.
Matewis007
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 140
Joined: Wed Jan 06, 2016 2:50 pm
Town: Brackenfell
Vehicle: Toyota Hilux D/cab 3.0KZ-TE
Real Name: Jaco
Club VHF Licence: HC355
Location: Brackenfell

Re: Weskus Hokkie Weskus Hemel

Post by Matewis007 »

Image
Image
Image
Image

Image

Moeilik om te glo maar uit die boesman-tekeninge kon hulle sien dat daar eens op ‘n tyd elande, olifante, reuse-buffels en selfs leeus hier vrylik rondgeloop het. Nou om hierdie koppie wat ek uit en om is in perspektief te stel sien aangehegde foto. Wat dit erger maak is dat daar sand reg rondom die koppie is. So met die stap saam het ek die grot gekry waar Universiteit Weskaap die uitgrawings gemaak het. Bo die ingang van die grot sit ‘n boom met klomp vinknessies aan. Met die opkyk het my oog ‘n beweging gevang en jou wrintie waar, DAAR VLIEG DIE WITKRUIS-AREND!! Ek het slegs my selfoon gehad en toe laat waai ek maar met die fotos.
Image

Image
Image
Image
Image
Image
Image
Image
Image
Matewis007
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 140
Joined: Wed Jan 06, 2016 2:50 pm
Town: Brackenfell
Vehicle: Toyota Hilux D/cab 3.0KZ-TE
Real Name: Jaco
Club VHF Licence: HC355
Location: Brackenfell

Re: Weskus Hokkie Weskus Hemel

Post by Matewis007 »

Google het so bietjie werk gekry en 2 name uitgeskop, Mad-Hatter en Isabellas. Isabellas is welbekend aan ons en ons het toe besluit om bietjie Mad-Hatter te probeer. Ongelukkig met die aankoms daar was hulle reeds toe. Dan is dit maar Isabellas.
Ek wonder altyd as ek so by ‘n eetplek of afsaalplek langs die pad stop en daar is mense wat dink hulle. Die groep mense wat daar was het ons omtrent aangekyk. Vir Chantelle irriteer dit grensloos. Vir my weer nie. WANT: Daai mense wil heel moontlik ek wees. Vry.  Ek het dit al ‘n paar keer ervaar, dis asof die mense met ‘n verlange in hul oege sit.
Ek het Hake, Calamari en Chips bestel. Chantelle het ‘n Isabellas slaai gehad. En altwee disse het vorentoe gesmaak.

Image
Image
Image
Image
Image
En natuurlik 'n ou skuimkoppie by. Got a little Captain in you??

Intussen het die eetplek al hoe voller geraak. Ons het betaal en toe begin klaarmaak om te ry. Sulke tye is dit mos asof tyd in slow-motion verbygaan. Want die gesprekke rondom tafels word stiller, koppe draai, hier en daar ‘n fluister. Met die opklim op Witvos staan Chantelle met haar rug na die restaurant. “Kyk hulle nog steeds?” vra sy. Ek glimlag net en se ja. Met smaak klim ek op en start hom.Sy klim op en nou kyk almal oop en bloot. Eintlik moet mens sulke tye met die mense gaan praat en hulle net een vraag vra. Are you gonna dream forever? Or are you going to turn your dream into reality? Go out, and buy that bike. You know you want to.
As ek nou terugdink aan die bikers van oud, was dit ‘n roesbondel soos my ma sou gese het. Vandag, het ‘n biker, van enige tipe fiets, ‘n gesofistikeerde mens geraak. Iemand wat geleerd is, sy fiets kos heel moontlik meer as jou kar. Sit die ekstras om in rande en die getalle wat voor jou op die tafel beland is astronomies. Ek dink tog daar is bitter baie mense daar buite wat die Vryheid wat ‘n motorfiets gee en daai ervaring “crave”.
Terug by die terugtog besluit ek om sommer by die see te stop vir ‘n paar sonsondergang fotos. So gese, so gemaak. En ja, daar is min plekke in die wereld seker waar die son onder gaan soos aan die Weskus!

Image
Image
Image
Image
Image
Image
Image
Matewis007
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 140
Joined: Wed Jan 06, 2016 2:50 pm
Town: Brackenfell
Vehicle: Toyota Hilux D/cab 3.0KZ-TE
Real Name: Jaco
Club VHF Licence: HC355
Location: Brackenfell

Re: Weskus Hokkie Weskus Hemel

Post by Matewis007 »

Ons het hele paar fotos geneem en ‘n steenbokkie ook in die proses bespeur. Na die son onder is het ons teruggekeer huiswaarts. Ons het nog ‘n steenbokkie gesien oppad huis toe. By die huis het die tyd sommer vinnig verloop en ons het ingekruip om so bietjie die oe te rus.

Image
Image
Image
Image
Image

Met die wakkerword die volgende oggend het ek gou-gou al 8 bootjies op die water getel. En nog ‘n steenbokkie in die sirkel onder die huis gesien. Steenbokfontein doen sy naam gestand. Dis ook vir my mooi dat hulle nie gejag word nie en so mooi beskerm word. Ons het maar traag begin klaarmaak. Die dag was sommer vroeg warm en ek kon voel dat ons vandag die hitte op die pad gaan voel. Ons albei was dit eens dat ons ‘n dag langer moes gebly het. Verseker volgende keer. Ons is treinspoorpad langs tot by die Lambertsbaai-Graafwater pad en vandaar teer gery tot net anderkant Graafwater, regs gedraai en vandaar na die plaas Middeltuin gery. Ek het lank terug hier vir Stargrow gewerk as produksie-bestuurder. Ons is teerlangs verby Marcuskraal tot by die N7 en van hier tot by Kardoesie.

Image
Benerus naby Middeltuin

Image
Image
Image
Image
H.K Special loop lekker!

By Kardoesie het ons gestop vir ‘n nat dingetjie vir die keel en toe sommer ‘n HK Special bestel wat ons gedeel het. Die kelnerin was so oulik en het sommer self die kos gedeel. Net toe ons opstaan kom daar ‘n BMW padfiets/cruiser verby. Ek se vir Chantelle dit lyk na ‘n 1200. Hier haak ‘n ou af wat by ‘n tafel neffens ons sit, “Dis ‘n 1150RT.” Ons raak toe aan die gesels en ek vind uit dat hy self ‘n LC het en die eienaar is van die GM agentskap op Vredendal. Helmet? Conversation starter. Check.  Na ‘n lekker ete het ons maar bietjie ernstig oor gedraai Worcester toe. Ek moes nog by my makelaar uitkom om ‘n polis te teken en ons moes die skoonmense optel en saam terugneem Villiersdorp toe. Ek het Chantelle afgelaai by Spykerkuif se huis en gou deurgery na Francois toe om die papiere te teken. Vinnige stop by my ouers vir ‘n koeligheid vir die keel en toe rustig gery tot in Villiersdorp waar skoonma bietjie bederf het met lekker boerekos. Skaapboud, rys, vleis en ertappels.

Sal ek weer die afstande ry om Weskus Hokkie te besoek. Sonder om te twyfel kan ek ja antwoord.

Soos die opskrif lui: Weskus Hokkie Weskus Hemel.
Met die skryf van hierdie was die planne vir ons volgende trip reeds in plek. Plek is bespreek. Hierdie keer gaan ons na Die Hel, of Gamkaskloof as dit dalk meer bekend is. Hierdie trip se roete het egter n bietjie meer van ‘n kulturele inslag. Vir die wat Die Boekklub op kyknet kyk. Ons gaan kyk waar word hy geskiet. En vandaar na ‘n prag-plaas met ‘n gastehuis wat Kaapse plekke sal laat skaam lyk. Die plaas en die huis het ‘n ryke geskiedenis, nie net in die dorp en gemeenskap nie, maar ook vir my as mens, om nie eers van die gasvryheid van daardie wereld se mense te praat nie.
Maar vir die een sal julle moet wag tot einde April!!

Matewis oor en uit.  
Post Reply

Return to “Motorbikes”