Page 1 of 1

Watse Winch ?

Posted: Sat Mar 22, 2014 8:39 pm
by jacques kotze
Dag Maats,

Dis tyd om my China made 12000lbs winch te vervang nadat hy opgegee het met die laaste 30m mas wat ek opgetrek het.
My begroting is in die omgewing van R13000.
Ek gebruik die winch om maste mee op te trek tot en met 30m hoog. Dit weeg so 460kg.

My besluit le na die Smittybuilt toe maar wil hoor wat julle dink.

My vereistes is dat die winch n goeie briek sisteem moet he, want partykeer vra n klient om n mas vir hom te sak. My vorige winch kon nie self stop as die mas begin sak het nie, hy het inteendeel spoed opgetel en die mas se gewig het die winch al hoe vinniger laat loop en moes hom stop deur die winch met die remote te rem deur hom teenoor gesteld te trek.

Laat ek hoor wat julle dink.

Re: Watse Winch ?

Posted: Mon Mar 24, 2014 2:29 pm
by Hangover
Ek dink die Warn sal daai jobbie mooi regkry... Ek en my ou toppie het al op verskeie kere die briek gebruik vir verskillende redes op die 12000 warn en hy byt nog alipad vas...

Re: Watse Winch ?

Posted: Mon Mar 24, 2014 8:23 pm
by jacques kotze
Dankie Hangover,

Dis nou interresant dat iemand die "iets anders" geklick het, sal graag wil hoor hoekom.

Re: Watse Winch ?

Posted: Mon Mar 24, 2014 8:24 pm
by WESKUSKLONG
Mile marker hydraulic winch :thumbup:

Re: Watse Winch ?

Posted: Mon Mar 24, 2014 8:57 pm
by jacques kotze
Sover loop Warn voor, wat van die nuwe Ironman Monster winch ? ek het gehoor hy is goed.
Weet iemand dalk in watse land word Warn vervaardig ? Ek weet die Warn VR 1200 word in China gemaak of n deel daarvan in China, maar wat van die Warn M reeks asook die Zeon(of so iets) reeks, word hulle in die USA gemaak ?
Sal ook wil weet waar word die Ironman gemaak.

Dankie Weskusklong, ek weet net te min van Hydraulic winches af om dit te oorweeg, so ook van Milemarker winches. Warn is gevestig in SA sou jy onderdele wil koop.

Maar as jy my kan oortuig sal ek dit beslis oorweeg. Sal wil hoor by n ou wat al altwee winches gehad het.

Re: Watse Winch ?

Posted: Mon Mar 24, 2014 10:54 pm
by Thabogrobler
Kyk na die ad: viewtopic.php?f=130&t=34749" onclick="window.open(this.href);return false;

Re: Watse Winch ?

Posted: Tue Mar 25, 2014 6:51 am
by WESKUSKLONG
So omtrent 13 jaar gelede het ek vir Safari centre gewerk en ons het toe n winch kompetiesie gehad.
Safari Centre met n Hilux SFA en n Mile marker Hydraulic winch teen Cape offroad en Safari met n Land Rover 110 en n Warm m8000.
Na omtrent n uur het die Warn winch oor verhit en die rook het gedraai .
Die mile marker was nog so vars soos die eertse keer toe ons begin het en glad nie warm nie. Ons het hulle al twee omtrent hard laat werk en misbruik.

Nou kry jy die persone wat se ja maar as die voertuig se motor nie luier nie kan jy nie die hydraulic winch gebruik nie wat wel waar is .
Dan vra jouself die volgende vraag as jy n elektriese winch gebruik ,hoe lank kan jy hom gebruik voor die battery pap is as die motor nie luier nie.

n Milemarker hydraulic winch het twee pype wat koppel aan die kraag stuur van jou voertuig en twee dun draadtjies vir die solenoid.
Ek werk elke dag van my lewe met GROOT winches (300t) en dit is almal hydraulic.

Re: Watse Winch ?

Posted: Tue Mar 25, 2014 6:59 am
by jacques kotze
Thabogrobler wrote:Kyk na die ad: viewtopic.php?f=130&t=34749" onclick="window.open(this.href);return false;
Dankie Thabo, hy gaan ongelukkig nie in my Ironman bumper pas nie, en ek sal eerdeer n 12 000Lbs verkies. As die 12 000Lbs wat ek gebruik het al swaar getrek het dan dink ek sal enige iets kleiners te veel sukkel.