Kerrie met Chillies

Share your jokes and funny campfire stories with us here.
Forum rules
Please keep it light hearted enol. No serious stufs hey! :)

BEFORE YOU START A NEW JOKES THREAD PLEASE TAKE NOTE:
We are trying to make the technical information more visible in the Active Topics section. So we are trying to combine all the humour posts into a single thread. This will then more or less always stay on the active topics page if you keep appending your jokes onto this single thread. Your assistance will be greatly appreciated
Post Reply
User avatar
Spartan
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2384
Joined: Tue Feb 24, 2009 12:02 pm
Town: Vanderbijlpark
Vehicle: 98 LTD Hilux 4x4 SFA, 2JZ GE L6 VVT-i 3.0i, Bilstein shox, OME and a Land Cruiser 79 series
Real Name: Jaco
Location: Jwaneng, Botswana

Kerrie met Chillies

Post by Spartan »

Gister is ek Builders Warehouse toe, maar ek is nie meer seker of dit
‘n wyse besluit was nie. Sien, die vorige aand het ek ‘n kerrie met
chillis gemaak en helfte van die dis opgevreet. Die chillis was
een van Mike se gepatenteerde “jy-betjorts-jouself-chilli” souse.

Baie smaaklik, maar raak erg pynlik later, en ek kan julle n
geskrewe guarantee gee dat jou anus oop hang om asem te haal die
volgende dag. Jou boud wange trek so wyd oop dit lyk soos ‘n spaniel
se ore. Nou toe ek vanoggend wakker word, toe verwag ek dat die 06:00
“trein” my sal toilet toe roep, maar niks het gebeur nie. Alhoewel ek
kon voel hoe daai chillis deur my derms swem. Dat daai chillis wou uit
was nie altemit nie, maar ek het nie meer geweet wanneer nie. Maar ek
het dinge gehad om te doen en moes toe Builders Warehouse toe gaan om
Rubol vir die dek te kry.



Daar aangekom het ek die trollie gekry en so
paar ander goetertjies gekoop soos houtskroewe en double sided tape,
voordat ek by die verwe en terpentyne aangekom het. Dis die verste
punt van die toilet af toe daai pyn deur slaan. Ek het met my elmboe
op die trollie se handvatsel geleun op daai stadium.

Skielik is my treë vanself korter want skielik trek al wat spier is styf, van my hakskene
deur my portenjorsts tot in my arms. Dit het gelyk of my bene se
bearings geslaan het want ek is tot stilstand gruk. Ek dink my
portenjorts spiere is deur die chillis gyselaar gehou gewees, want toe kom daar
'n waarskuwing skoot uit! Ek was te bang om te beweeg want anders kom
daar nog walms uit, maar het geweet: “Bra, nou moet djy hardloop!!!”.

Ek het in beweging gekom en net toe ek by die gang uitstap, kom daar
so bleeksiel nerd met sy Builders Warehouse pakkie en vra “Môre
meneer. Waarmee kan ek u help?” Nou kyk.....die knaap weet van
building net mooi niks, so ek mompel vinnig nee en stap aan. Ek is
ook nou nie die afknouerige tipe nie, maar toe die knaap verder in die
gang afstap, toe draai ek om en kyk hoe die knaap in die rigting van
daai walm stap. Genade mens. Dit was asof hy in ‘n muur vasgeloop het.
Ek moes hom seker gewaarsku het, maar ek het nie. Sy oge het net so
geknip-knip, lyk dit toe asof ‘n swerm onsigbare bye hom aan want hy waai sy
arms en versnel in tru rat. Ek was emosioneel in twee geskeur.



Ek bars uit van die lag, maar DIT was ‘n groot fout... Daar kom ‘n sarsie skote
daar onder uit, wat ek later hoor vir ander customers soos ‘n
gewapende roof geklink het. Hulle het blykbaar dekking geslaan en hul
beursies en selfone tussen die rakke weg gesteek. Dinge was vir my nie
meer so snaaks nie en ek jaag toe met daai trollie af toilette toe.
Niemand het ook ag geslaan op my nie want almal dink ek hol van die
rowers se geweerskote af weg.

Maar al die pad “klap die skote” en ek hoop en bid ek maak die lewwie
voor die finale storting plaasvind. Vir “once in a while” was “luck”
aan my kant. Ek het nog nie eers die sitplek geraak nie, toe vind
daai einste finale storting gepaardgaande met knalle en skote plaas.

Ek hoor toe hoe ‘n arme drommel die lewwie instap en al wat hy sê is “Nee, o donner ........!!!!”

Daarna het ek net die sqeak van die deur gehoor soos hy daar uitstorm!!!

Uiteindelik is ek klaar en ek stap uit. Nog ‘n winkel assistent kom na
my toe en sê “Meneer, een of ander idioot het ‘n stinkbom in die
winkel gelos. My bestuurder wil hê almal moet buite staan sodat hy die
waaiers vir so 2 minute op full blast kan laat werk.”

Ek het gegrinnik, maar daar was nog “rowers” aan die anderkant van my
grensdraad wat toe die laaste ligte skote afvuur nog voor ek kon knyp.
Die winkel assistent se neus het skielik gefrommel en na hy sy hemp
oor sy neus getrek het, het hy sy vinger in my rigting gedruk en
geskreeu “Dit was hy!” Die bestuurder het my eenkant toe geroep en ek
is later formeel in kennis gestel, of liewer gesê dat ek geban is by
Builders Warehouse.

Ek is toe huis toe sonder die artikels wat ek wou aanskaf en net
betyds vir middagete. Al wat daar was om te eet, was gisteraand se
chilli-kerrie wat toe nóg beter smaak as voorheen. Ek vreet toe maar
die laaste lot ook op. Maar die dek moet geverf word met die Rubol, so
more sal ek Mica toe moet gaan.................
MOBILITATE VINCERE
Spartan
ImageImageImageImageImageImageImage
User avatar
SWARTLUX
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 891
Joined: Sat Jan 07, 2012 12:39 pm
Town: Gauteng
Vehicle: '05 LEGEND 35 2.7 DC 4x4, Monroe Gas allround, Long range tank, UniQ Chip. Platkar '06 Polo 1.6 Comfortline hatchback
Real Name: Brain
Location: Les Marais, Pretoria

Re: Kerrie met Chillies

Post by SWARTLUX »

:lmao: :lmao: :lmao: :lmao:
Image
User avatar
CasKru
Moderator
Moderator
Posts: 23956
Joined: Tue Dec 04, 2007 11:52 am
Town: Benoni
Vehicle: '94 Hilux Raider 2.4i (22RE) DC 4x4
Real Name: Cassie
Club VHF Licence: B15
Location: Rynfield

Re: Kerrie met Chillies

Post by CasKru »

:lmao: :lmao: :focus:
To God be the glory
User avatar
Mud Dog
Moderator
Moderator
Posts: 29852
Joined: Tue Apr 29, 2008 2:18 am
Town: East London
Vehicle: '90 SFA Hilux DC 4X4, Full OME, 110mm lift. Brospeed branch, 50mm ss freeflow exhaust. 30 x 9.5 Discoverer S/T's on Viper mags. L/R tank. (AWOL) '98 LTD 2.4 SFA, dual battery system. Dobinson suspension, LR tanks, 31" BF mud's.
Real Name: Andy
Club VHF Licence: HC103

Re: Kerrie met Chillies

Post by Mud Dog »

:laugh2: :laugh2: :lmao: Nice one Jaco! :thumbup: :thumbup:
When your road comes to an end ...... you need a HILUX!.

Image
Image

Life is like a jar of Jalapeño peppers ... what you do today, might burn your ass tomorrow.
Don't take life too seriously ..... no-one gets out alive.
It's not about waiting for storms to pass. It's about learning to dance in the rain.
And be yourself ..... everyone else is taken!
User avatar
SWARTLUX
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 891
Joined: Sat Jan 07, 2012 12:39 pm
Town: Gauteng
Vehicle: '05 LEGEND 35 2.7 DC 4x4, Monroe Gas allround, Long range tank, UniQ Chip. Platkar '06 Polo 1.6 Comfortline hatchback
Real Name: Brain
Location: Les Marais, Pretoria

Re: Kerrie met Chillies

Post by SWARTLUX »

One thing comes to mind
images.jpg
images.jpg (5.28 KiB) Viewed 1298 times
Image
User avatar
Hangover
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1374
Joined: Thu Sep 29, 2011 9:55 am
Town: Deneysville
Vehicle: '76 FJ45 , '13 3.0 D4D Hilux
Real Name: Stef

Re: Kerrie met Chillies

Post by Hangover »

:lmao: :lmao: dit was nou n lekker k@@@k storie...
Hangover(A.K.A die speelding)
1976 FJ45 4x4
1UZ-FE 4.0vvti
2" OME Suspension lift
1.5" Shackle lift
35" Geo MT's
Custom Bullbar
Lockright Locked rear
York OBA
20" LED bar
Nighthawk 100W spots

Dakar
2013 3.0D-4D 4x4 Hilux Dakar
User avatar
Black Sam
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1074
Joined: Fri May 20, 2011 5:56 pm
Town: Mtunzini
Vehicle: Nissan Navara Pro 4x
Real Name: Gerrie

Re: Kerrie met Chillies

Post by Black Sam »

:lmao: :lmao: Dit was nou goed :lmao: :lmao:
"LIFE'S A JOURNEY, ENJOY THE RIDE"
"WHERE THERE'S A 4X4....... THERE'S A WAY" .
"LEXUS - THE PURSUIT OF PERFECTION"
Image
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: Kerrie met Chillies

Post by OOOOMS »

So gepraat van chillie sous.......yehaa :lol: :lol: :lol:
User avatar
jacques kotze
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3616
Joined: Mon Jan 05, 2009 8:51 am
Town: Nelspruit
Vehicle: 2,8 4x4 Auto Fortuner. 2,8 4x4 Hilux singlecab.
Real Name: Jacques
Contact:

Re: Kerrie met Chillies

Post by jacques kotze »

:lmao: :lmao: :lmao: :lmao:
Post Reply

Return to “Humor”