Page 1 of 1

Lockdown Lys

Posted: Tue Mar 31, 2020 8:14 am
by Matewis007
So laat ons bietjie sien. Waarmee hou jy jou besig gedurende die Lockdown?

Glo daar is manne wat bietjie verander. Goed oorbou. Vervang, diens etc vir die vakansie Junie.

Laat ons bietjie sien waarmee hou jy jou besig in die garage!

Re: Lockdown Lys

Posted: Tue Mar 31, 2020 9:39 am
by dax021
Werkswinkel uitsort, dak regmaak, pondok verf, gras sny, water tenke uitsort, bakkie en Lister olie vervang, rocksliders bou, bike was. Die lys gaan aan.

Re: Lockdown Lys

Posted: Tue Mar 31, 2020 11:15 am
by Matewis007
dax021 wrote: Tue Mar 31, 2020 9:39 am Werkswinkel uitsort, dak regmaak, pondok verf, gras sny, water tenke uitsort, bakkie en Lister olie vervang, rocksliders bou, bike was. Die lys gaan aan.
Bike was?? Watse fiets het jy??

Re: Lockdown Lys

Posted: Tue Mar 31, 2020 4:25 pm
by pietpetoors
Daar is 'n verskil tussen my moet doen en wil doen lys.
Omdat ek al vir 2 jaar die moet doen lys ignoreer het ek besluit om myself te disiplineer, ek moet eers die moet doen lys voltooi voor ek aan die wil doen lys mag werk.

Moet doen:
Nuwe kraan op gryswater sisteem installeer - gedoen
Plantbakke op dak oordoen - gedoen
Nuwe spinasie plant - gedoen
Dak skoonmaak en verf - gedoen
Huis en grensmure afspuit - gedoen
Huis buite en grensmure verf - het vandag begin
Sommige vetrekke binne verf
Balkonne se teels afkap, seel en nuwe teels plak
Buiteligte verf
Installeer Sonpaneel vir 12 volt ligte
Dagga koppe afpluk en vries

Wil doen:
Nuwe pulleys op die Cobra se enjin sit.
Weber fuel injection op die Jeep se L28 sit
Al die karre was - vrou sin is darem al gewas

Re: Lockdown Lys

Posted: Tue Mar 31, 2020 5:11 pm
by dax021
Bike was?? Watse fiets het jy??
[/quote]

800GS

Re: Lockdown Lys

Posted: Wed Apr 01, 2020 1:01 am
by Mud Dog
Pieter wrote:Dagga koppe afpluk en vries
:laugh2:

Re: Lockdown Lys

Posted: Wed Apr 01, 2020 8:06 am
by Matewis007
pietpetoors wrote: Tue Mar 31, 2020 4:25 pm Daar is 'n verskil tussen my moet doen en wil doen lys.
Omdat ek al vir 2 jaar die moet doen lys ignoreer het ek besluit om myself te disiplineer, ek moet eers die moet doen lys voltooi voor ek aan die wil doen lys mag werk.

Moet doen:
Nuwe kraan op gryswater sisteem installeer - gedoen
Plantbakke op dak oordoen - gedoen
Nuwe spinasie plant - gedoen
Dak skoonmaak en verf - gedoen
Huis en grensmure afspuit - gedoen
Huis buite en grensmure verf - het vandag begin
Sommige vetrekke binne verf
Balkonne se teels afkap, seel en nuwe teels plak
Buiteligte verf
Installeer Sonpaneel vir 12 volt ligte
Dagga koppe afpluk en vries

Wil doen:
Nuwe pulleys op die Cobra se enjin sit.
Weber fuel injection op die Jeep se L28 sit
Al die karre was - vrou sin is darem al gewas
COBRA?? MMMMMMMMMM jy sal nou fotos moet opsit!!

Re: Lockdown Lys

Posted: Wed Apr 01, 2020 2:05 pm
by pietpetoors
Cobra
Cobra
Cobra Enjin
Cobra Enjin

Re: Lockdown Lys

Posted: Wed Apr 01, 2020 8:31 pm
by Thabogrobler
pietpetoors wrote: Tue Mar 31, 2020 4:25 pm
Dak skoonmaak en verf - gedoen
Huis en grensmure afspuit - gedoen
Huis buite en grensmure verf - het vandag begin
Sommige vetrekke binne verf
Balkonne se teels afkap, seel en nuwe teels plak
Buiteligte verf
Sies, verf is 'n siekte!

Re: Lockdown Lys

Posted: Wed Apr 01, 2020 9:59 pm
by Matewis007
pietpetoors wrote: Wed Apr 01, 2020 2:05 pm Pieter-cobra-800.jpg
Scott-drake-Cobra-Air-Cleaner-(2).jpg
SJOE! Daar is darem maar net iets omtrent hulle wat die hartsnare roer.

Re: Lockdown Lys

Posted: Thu Apr 02, 2020 7:08 am
by pietpetoors
Sies, verf is 'n siekte!
Gewoonlik geniet ek dit, maar die keer is dit niks lekker, seker omdat graag ander goed wil doen.