Mmm, Nuwe Hilux of Nuwe Ranger :)

Discuss anything here as long as it is clean. Having a hard time with your Skoonma, tell us about it here, or discuss the Rugby. Whatever you feel like talking about.
Post Reply
shrick
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 51
Joined: Sat Jan 03, 2009 10:17 am
Town: Pretoria
Vehicle: 2016 Hilux Raider DC 4x4 2.8
Real Name: Rico

Mmm, Nuwe Hilux of Nuwe Ranger :)

Post by shrick »

Jis Ouens

So, ekt besluit dis dalk beter om hierdie maar om die kampvuur te bespreek... Hier kom die storie.

Ek gebruik vir die afgelope 6 jaar my 1997 DC 4x4 Ltd Hilux om so +-10 keer 'n jaar onderhoud te gaan doen op radio torings van +-700km per trip, wat als op 1 dag geskied. Lang storie kort, in die areas waar ek ry is daar nie regtig paaie nie, is daar baie klippe, baie steiltes, op en af, en as dinge modderig raak begin jy bid.

My bakkie het kortliks die volgende wat handig te pas kom:
  • * 3.4 Prado V6 motor + auto box (Standaard Management)
    * TJM suspension
    * 31" Big Horn Mud Terrains
    * ARB air locker voor
    * Beskermende plate onder engine
My bakkie word slegs gebruik om bogenoemde trips mee te doen, die res van die tyd staan hy. Na lang gedink het ek besluit om dit 'n go te gee en te kyk of ek dalk my bakkie kan opgee vir iets meer moderns, wat die lang trips net bietjie gemakliker kan maak. My plan is ook om die nuwe bakkie elke dag te ry, ek sal dus my daily driver + huidige hilux verkoop en 1 nuwe model aanskaf.

Nou ja, ek besef daars basies niks wat bogenoemde Hilux gaan beat met toughness + offroad capabilities nie, maar, ek het probeer dink hoe naby ek aan dit kan kom. Onthou, as ek 10% offroad capability moet opgee maar ek kry 200% se voordele by, mag dit dalk 'n opsie wees.

Van watter voordele praat ons?
  • * Rygerief
    * Ligter op brandstof. Ek kry op die oomblik so 6.5km/l met my hilux
    * Veiliger + hanteer beter op die pad.
    * Nuwe bakkie het diensplan en waarborg, gee gemoedsrus.
    * Kry voordeel om 'n nuwe bakkie elke dag te bestuur.
So, hier is die opsies waarop ek toe afkom.

1. Nuwe Hilux 2.4 DC SR 4x4 (Manual) met volgende toebehore:
  • * Lift kit
    * Onca Rock sliders
    * Beskerming voor onder neus / engine.
    * Mags + Mud terrain bande
    * Extended Service Plan
    +-R470k
Voordele:
  • * Behoort betroubaar te wees.
    * Behoort tough te wees.
    * Goeie 2de handse waarde
    * Baie nice ratkas, seepglad en plesier om te ry.
    * Goeie brandstof verbruik.
    * 6 lugsakke

Nadele:
  • * Traction control deaktiveer voor as agterste locker engage word. Dws, jy ry of met traction control op alle wiele, of, jy ry met difflock agter aan. Groot issue!
    * Ry effens stamperig, agter.
    * Geen radio. Kan natuurlik 1 teen 'n koste aanskaf.

2. Nuwe Ford Ranger DC 2.2 XL 4x4 (Manual) met volgende toebehore:
  • * Lift kit
    * Rock sliders
    * Beskerming voor onder neus / engine.
    * Mags + Mud terrain bande
    * Extended Service Plan
    +-R440k
Voordele:
  • * Lyk nogal nice!
    * Behou traction control voor as diff lock agter engage! Hierdie is baie, baie nice... en wat ek nodig het.
    * Dink ry gemakliker as Hilux, minder stamperig.
    * Het radio.
    * Bietjie goedkoper as Hilux.

Nadele:
  • * Hoe betroubaar is 'n Ranger? Engine (Turbo) probleme, ratkas probleme?
    * Baie clunky manual ratkas. Kom nie naby die smooth ratkas van die Hilux nie. Kan dalk vir auto box gaan, maar ek wil graag manual he. Spring langtermyn onderhoud vry en beter brandstof verbruik.
    * Net 2 lugsakke.
Mmm, nou ja, het julle ouens paar opinies? Sal dit waardeer... ;-)
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Re: Mmm, Nuwe Hilux of Nuwe Ranger :)

Post by ChrisF »

Rico ek gaan seker geskiet word .....

Het jy al n LANG rit gevat met die Ranger ?

Ek het tans twee Toyotas in my Garage. Maar as ek vandag moet koop .... jong daai Ranger loop LEKKER. Kolega doen elke dag 150km+ in sy Ranger. Toe hy weer koop, het hy dadelik weer Ranger gekies.

Het al n paar klagtes gehoor oor die Rangers, maar drie vriende met Rangers het nog geen van die probleme ervaar nie.



Sommer so vir die grap ... kyk ook na FIAT se "nuwe" bakkie. Dit is die vorige Colt bakkie met n nuwe badge op. GOED geprys !!

Sal goed wees as jy die Toy en die Ford kan test drive, en dan die Fiat vir n draai kan vat ... sal goed wees om jou terugvoer te hoor.
User avatar
GeorgeJvR
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3286
Joined: Thu Jul 16, 2009 2:55 pm
Town: Louis Trichardt
Vehicle: 2008 Prado 4.0 V6, 1989 SFA S/C 2.2 1998 SFA LTD 22RE
Real Name: George

Re: Mmm, Nuwe Hilux of Nuwe Ranger :)

Post by GeorgeJvR »

Rico Jou nommer asb. Of kontak my op 082 419 2359
To Buy and sell a vehicle is my hobby
Make a deal that no one else thought possible is my aim

Kom wat wil ek bly 'n Bul!
EchoMan
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 51
Joined: Tue Feb 15, 2011 8:03 am
Town: Roodepoort
Vehicle: Toyota Hilux KZ-TE
Real Name: Johan
Club VHF Licence: L4
Location: Roodepoort

Re: Mmm, Nuwe Hilux of Nuwe Ranger :)

Post by EchoMan »

Hi Rico,
Ek ry Hilux (2.7 & KZ) sedert 2001 en as iemand my 100% kan waarborg dat Enige ander bakkie meer betroubaar gaan wees sal ek daarna kyk, anders bly ek net waar ek is!
Ek is nie heeltemal seker hoe goed die Rangers se tweedehandse waarde is nie, maar ek vermoed sterk jy gaan oor 5 jaar heelwat meer as R30,000 op hom verloor teenoor die Hilux (die verskil in nuwe prys nou).
Hoe groot verskil in rygerief is daar regtig?.....vanaf jou SFA na 'n nuwe Hilux gaan daar reeds 'n wereld se verskil wees - hoe gerieflik wil jy dit nou regtig he?
Dan sal 6 lugsakke teenoor 2 vir my baaaie meer weeg wees as die afwesigheid van 'n radio - met die Hilux kan jy ten minste een insit waarvan jy hou!
En dan die kwessie wat ek aflei redelik swaar by jou weeg....traction control saam/sonder agterste ewenaarslot? Hoekom is dit vir jou belangrik dat traction control nog moet werk as die ewenaar gesluit is? 'n Ewenaarslot is eintlik net noodsaaklik wanneer jy ernstige oorkruisgate aanpak wat een van die wiele laat lig, dalk waterkruisings en enkele ander kere, en verkieslik ook wanneer jy slegs in 'n reguitlyn beweeg. Met die scenario wat jy skets van die gruis/klipperige steiltes na die torings toe is ek redelik oortuig met slegs traction control behoort jy dit gemaklik te kan doen omdat die regte momentum hier amper die belangrikste rol speel. Tensy ek jou beskrywing van die terrein heeltemal misverstaan?
So dis my 2cw....die estetiese is nie vir my so belangrik soos vir sommige ander nie, en soos hulle se: beauty is in the eye of the beholder!
Sterkte met jou keuse...
Grondpad Alliepad!!!
shrick
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 51
Joined: Sat Jan 03, 2009 10:17 am
Town: Pretoria
Vehicle: 2016 Hilux Raider DC 4x4 2.8
Real Name: Rico

Re: Mmm, Nuwe Hilux of Nuwe Ranger :)

Post by shrick »

ChrisF wrote:Rico ek gaan seker geskiet word .....

Het jy al n LANG rit gevat met die Ranger ?

Ek het tans twee Toyotas in my Garage. Maar as ek vandag moet koop .... jong daai Ranger loop LEKKER. Kolega doen elke dag 150km+ in sy Ranger. Toe hy weer koop, het hy dadelik weer Ranger gekies.

Het al n paar klagtes gehoor oor die Rangers, maar drie vriende met Rangers het nog geen van die probleme ervaar nie.



Sommer so vir die grap ... kyk ook na FIAT se "nuwe" bakkie. Dit is die vorige Colt bakkie met n nuwe badge op. GOED geprys !!

Sal goed wees as jy die Toy en die Ford kan test drive, en dan die Fiat vir n draai kan vat ... sal goed wees om jou terugvoer te hoor.
Jis Chris

Dankie vir jou opinie ;-)

Neewat, dit gaan nie oor skietgoed hier nie. Ek wil net die regte, beste keuse maak, en, as dit 'n Ranger moet wees, dan is dit so, maar dis presies waaroor hierdie kampvuur praaitjie gaan... hoe besluit ou?

Ek het beide al getest drive, nie lang ritte nie, en ek dink die Ranger sal jou beter hanteer oor 'n lang rit. Moet jou se, die Ranger score op die oomblik, volgens my, beter as die Hilux, maar... daai blerrie manual gearbox sit my regtig baie af. Hy is so 'clunky', weet nie hoe om te beskryf nie. Die Hilux se boks is seepglad en smooth.

Wats die groot issue met Hilux -> Traction control deaktiveer as die locker agter engage. Dis 'n show stopper vir my. So, hoe besluit ek nou? En, hoekom het Toyota dit gedoen!? Ford het die spyker hier reg geslaan... dink dit maak die nuwe Ranger wragtag dalk die beste offroad contender, tussen die 2. Alhoewel ek glo die Hilux se approach, departure angles , wheel travel en ground clearance bietjie beter is. Traction control voor met difflock engaged tel vir my meer, en dis ook hoekom ek 'n lift kit gaan fit, wat die ground clearance probleme ens. aanspreek.

Dalk die automatiese ranger? Ek weet nie jong... Ai, ek soek 'n manual.

Ek hoor wat jy se oor die Fiat / Triton... eks bietjie skrikkerig, meer rondom herverkoop waarde. Hulle is net nie so populer soos die Ranger & Hilux nie. En, of die Ranger se 2de handse waarde so sleg is, die is ek ook nie seker van nie? Dis 'n baie, baie populere bakkie. In Australie en New Zealand review hulle hom konstant as die #1 UTE om te koop.
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Re: Mmm, Nuwe Hilux of Nuwe Ranger :)

Post by ChrisF »

Wel as ons tweede handse waarde praat - een van die drie Rangers waarvan ek vroer gepraat het, is JUIS gekoop omdat se tweede handse waarde soveel minder was as die Hilux. Okay, die man het die 2,2 Ranger dubbel kajuit dan vergelyk met n 3,0 D-4D dubbel kajuit se prys.

My RAV is nou my 4de Toyota. Tog het ek AL die ander make oorweeg, en heelparty getoets bestuur. Daar is ten minste twee ander voertuie wat "op papier" beter vertoon - wel as mens prys en specs kyk .... Mazda se MX5 kry goeie terugvoer en doen besonder goed oorsee. Mitsubishi se ASX is self n goeie kopie teen amper 15% minder. Tog was ek bereid om daai premie te betaal om n voertuig te ry wat n grootter mark aandeel het, en dus hopenlik beter parte beskikbaarheid ..... wie wil dan vir weke sonder n kar sit as iets kleins ingevoer moet word.


En ondanks die koel beredeneerde benadering MOET n mens se hart darem ook saam gesels. Daai "klunky gear box" is dalk net jou hart wat nog nie vrede gemaak het met blou-ovaal nie ..... gaan ry albei weer n keer, en besluit met jou hart.

ALBEI is puik voertuie. ALBEI gaan jou vereistes 110% vervul. ALBEI het goeie en minder goeie handelaars ....

Watter een sit daai smile op jou dial ?? :)



diff-lock is iets wat slegs in n reguit lyn op die slegste moontlike terrein gebruik word, en dan net tot jy nie meer vassit nie. Glad nie noodsaaklik om traction control vir die paar sekondes te hê nie.
shrick
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 51
Joined: Sat Jan 03, 2009 10:17 am
Town: Pretoria
Vehicle: 2016 Hilux Raider DC 4x4 2.8
Real Name: Rico

Re: Mmm, Nuwe Hilux of Nuwe Ranger :)

Post by shrick »

EchoMan wrote:Hi Rico,
Ek ry Hilux (2.7 & KZ) sedert 2001 en as iemand my 100% kan waarborg dat Enige ander bakkie meer betroubaar gaan wees sal ek daarna kyk, anders bly ek net waar ek is!
Ek is nie heeltemal seker hoe goed die Rangers se tweedehandse waarde is nie, maar ek vermoed sterk jy gaan oor 5 jaar heelwat meer as R30,000 op hom verloor teenoor die Hilux (die verskil in nuwe prys nou).
Hoe groot verskil in rygerief is daar regtig?.....vanaf jou SFA na 'n nuwe Hilux gaan daar reeds 'n wereld se verskil wees - hoe gerieflik wil jy dit nou regtig he?
Dan sal 6 lugsakke teenoor 2 vir my baaaie meer weeg wees as die afwesigheid van 'n radio - met die Hilux kan jy ten minste een insit waarvan jy hou!
En dan die kwessie wat ek aflei redelik swaar by jou weeg....traction control saam/sonder agterste ewenaarslot? Hoekom is dit vir jou belangrik dat traction control nog moet werk as die ewenaar gesluit is? 'n Ewenaarslot is eintlik net noodsaaklik wanneer jy ernstige oorkruisgate aanpak wat een van die wiele laat lig, dalk waterkruisings en enkele ander kere, en verkieslik ook wanneer jy slegs in 'n reguitlyn beweeg. Met die scenario wat jy skets van die gruis/klipperige steiltes na die torings toe is ek redelik oortuig met slegs traction control behoort jy dit gemaklik te kan doen omdat die regte momentum hier amper die belangrikste rol speel. Tensy ek jou beskrywing van die terrein heeltemal misverstaan?
So dis my 2cw....die estetiese is nie vir my so belangrik soos vir sommige ander nie, en soos hulle se: beauty is in the eye of the beholder!
Sterkte met jou keuse...
Hi EchoMan! Dankie vir jou waardevolle insette. Ek hoor verseker wat jy se, en ek kan dieselfde se, vir 'n feit, het my 1997 Hilux my vir 6 jaar nog nie 1 keer met meganiese en/of 4x4 teleursetllings laat staan nie. Touch Wood.

Maar, ek moet vir jou se, 6 jaar se 700km trips, 10-12 keer 'n jaar tap ou. Dis 'n groot rede hoekom ek begin rond kyk het.

Rakende die traction control. Dis verseker die terrein wat ek ry, bietjie tydrowend om in detail te beskryf. Om dit op te som, 'n totale soliede dryflyn, alle diffs gelock, maak dinge net so ongelooflik stabiel en voorspelbaar. En, waar die moeilikheid pragtig die fan begin tref, is daai 1 keer 'n jaar as dit nat en modderig is. Nou ja, dis wanneer die vonke begin spat en die revs opgejaag word, met 'n dryflyn wat oral gelock is. Partykeer moet ek 4-5 keer probeer om deur die hindernis te kom, maar, dis waar jy net nie beter grip gaan kry deurdat als gelock is nie. En, die beste van als is dat my huigide Hilux se dryflyn nog so rock solid is soos die dag wat ek hom gekry het. Daai blerrie SFAs kan dit net vat.

So, eks nog bereid om 'n solid diff voor te ruil vir traction control. Eks regtig bang om meer as dit op te gee. Ek weet nie jong, dis 'n moeilike een, maar, ek weet hoe ek die terrein die laaste 6 jaar trotseer het, en ek wil nie te ver daarvan afwyk nie.
User avatar
coetzer94
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 228
Joined: Tue Nov 18, 2014 9:13 pm
Town: Pretoorsdorp
Vehicle: Silver Hilux DC 2.8 GD-6 2016
Real Name: Vian

Re: Mmm, Nuwe Hilux of Nuwe Ranger :)

Post by coetzer94 »

Net my opinie, maar behalwe vir die redes soos bo genoem voel ek dat Toyota van die beste handelaars netwerke in die land het, en as iets sou verkeerd gaan daar altyd een naby sal wees. Dis dalk nou net hoor se maar ek het al stories gehoor van Ford handelaars wat bitter swak naverkope diens gee.
Dis my opinie, en ek voel dis waar baie van toyota se waarde le
--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Working on my bucket list only makes it longer
JamesC
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 541
Joined: Mon Aug 15, 2011 10:11 am
Town: Potchefstroom
Vehicle: SRX 2.5 4x4 D/C
Real Name: James
Location: Potchefstroom

Re: Mmm, Nuwe Hilux of Nuwe Ranger :)

Post by JamesC »

coetzer94 wrote:Net my opinie, maar behalwe vir die redes soos bo genoem voel ek dat Toyota van die beste handelaars netwerke in die land het, en as iets sou verkeerd gaan daar altyd een naby sal wees. Dis dalk nou net hoor se maar ek het al stories gehoor van Ford handelaars wat bitter swak naverkope diens gee.
Dis my opinie, en ek voel dis waar baie van toyota se waarde le
Eish...as jy dink dis waar toy se waarde lê, dan is jy nog nie lank in die land nie. Sorry. New part fitters at best, totally overpriced to the extreme spares.

Help nou nie julle staar julle blind teen die badge nie. Koop die ranger...jy sal nie spyt wees nie. Toy kan nie kers vashou nie en die mark wys dit vir jou.
James Cameron
0834431879
EchoMan
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 51
Joined: Tue Feb 15, 2011 8:03 am
Town: Roodepoort
Vehicle: Toyota Hilux KZ-TE
Real Name: Johan
Club VHF Licence: L4
Location: Roodepoort

Re: Mmm, Nuwe Hilux of Nuwe Ranger :)

Post by EchoMan »

"Eish...as jy dink dis waar toy se waarde lê, dan is jy nog nie lank in die land nie. Sorry. New part fitters at best, totally overpriced to the extreme spares."

Ek verstaan nie heeltemal wat jy probeer se nie, maar dit klink vir my of jy impliseer Toyota skroef hulle kliente op en ander fabrikate (Ford) nie? Wie is nie 'new part fitters' deesdae nie....doen Ford dit anders....gee my 'n paar voorbeelde, dalk sal ek dan oorweeg om self soontoe te skuif?

Dan beweer jy ook 'Toy kan nie kers vashou nie en die mark wys dit vir jou'...ek het nou nie nie die laaste 3 maande se verkoopsyfers dopgehou nie maar as jy die vergelykende syfers kan noem sal dit interessant wees. Dis mos waaroor die fabrikate spog...verkoopsyfers?

Hier in ons omgewing sien ek daagliks al hoe meer Rangers met 'after market bonnet scoops', swart mags en 'graffiti' oral aangebring....as dit hul eienaars se idee is van hoe 'n bakkie moet lyk is dit maar goed so, ek sal eerder daai geld spandeer aan boendoe trips waar ek my bakkie kan geniet sonder al die Bling!
Grondpad Alliepad!!!
User avatar
CasKru
Moderator
Moderator
Posts: 23956
Joined: Tue Dec 04, 2007 11:52 am
Town: Benoni
Vehicle: '94 Hilux Raider 2.4i (22RE) DC 4x4
Real Name: Cassie
Club VHF Licence: B15
Location: Rynfield

Re: Mmm, Nuwe Hilux of Nuwe Ranger :)

Post by CasKru »

Ek weet ook persoonlik van iemand wat in lyn was vir die nuwe Hilux. Die handelaars het hom toe bietjie rond geneuk toe wip die maat hom en gaan koop vir hom 'n Ranger Wildtrack. Hy was heel impress met die Ford die eerste dag of twee tot die outjie in daai selfde week nie meer wou start nie.... nou wens hy maar hy maar net hy het hom nie gewip nie
To God be the glory
User avatar
Baasvark
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1376
Joined: Mon Aug 01, 2011 7:45 pm
Town: Virginia
Vehicle: '97 D/C with all the trimmings & 2011 Troopy
Real Name: Shane

Re: RE: Re: Mmm, Nuwe Hilux of Nuwe Ranger :)

Post by Baasvark »

JamesC wrote:
coetzer94 wrote:Toy kan nie kers vashou nie en die mark wys dit vir jou.
Nee ou maat hier gaan ek lelik van jou verskil...

Ons werks voertuie is ford/mazda. Terwyl hulle nuut is vergelyk hulle redelik goed maar die werklike toets kom as die kilometers hoog beginne raak....

My swaer se Toyota met 400 000km op (plaas kilometers!) Is in 'n heel ander klas as ons ford met 280 000km (dorp/plaas kilometers).....

Dan as jy kyk na verkoops syfers moet jy onthou dat 'n baie groot gedeelte van dit aan die staat is.....
Aint it ironic that "Common Sense" aint so common after all...
shrick
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 51
Joined: Sat Jan 03, 2009 10:17 am
Town: Pretoria
Vehicle: 2016 Hilux Raider DC 4x4 2.8
Real Name: Rico

Re: Mmm, Nuwe Hilux of Nuwe Ranger :)

Post by shrick »

Ek moet se ek stem saam... Toyota se reputasie rondom toughness en betroubaarheid mag nie misgekyk word nie. En, al is die rit van die nuwe Hilux dalk nie heeltemal so nice soos die Ranger nie, dis natuurlik nie waaroor als gaan nie. En, die nuwe Hilux ry elkgeval reeds baie gemakliker as my SFA.

So, as ek nou moet besluit, vat ek die nuwe Hilux, soos bo gespec. Daars net 1 probleem... Eks so bang ek mis daai traction control voor en ek sien my ali offroad.
User avatar
CasKru
Moderator
Moderator
Posts: 23956
Joined: Tue Dec 04, 2007 11:52 am
Town: Benoni
Vehicle: '94 Hilux Raider 2.4i (22RE) DC 4x4
Real Name: Cassie
Club VHF Licence: B15
Location: Rynfield

Re: Mmm, Nuwe Hilux of Nuwe Ranger :)

Post by CasKru »

Ek reken ook dit hang als af hoe lang mens 'n voertuig gaan ry. As jy hom vir 3 tot 5 jaar gaan ry en dan 'n nuwe een kry... sal amper enige maak doen (afhangende natuurlik van die kilos wat jy gaan op sit). As jy 'n voertuig vir langer as 5 jaar gaan hou is daar net 1 maak volgens my en dit is Toyota.
To God be the glory
User avatar
coetzer94
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 228
Joined: Tue Nov 18, 2014 9:13 pm
Town: Pretoorsdorp
Vehicle: Silver Hilux DC 2.8 GD-6 2016
Real Name: Vian

Re: Mmm, Nuwe Hilux of Nuwe Ranger :)

Post by coetzer94 »

JamesC wrote:
coetzer94 wrote:Net my opinie, maar behalwe vir die redes soos bo genoem voel ek dat Toyota van die beste handelaars netwerke in die land het, en as iets sou verkeerd gaan daar altyd een naby sal wees. Dis dalk nou net hoor se maar ek het al stories gehoor van Ford handelaars wat bitter swak naverkope diens gee.
Dis my opinie, en ek voel dis waar baie van toyota se waarde le
Eish...as jy dink dis waar toy se waarde lê, dan is jy nog nie lank in die land nie. Sorry. New part fitters at best, totally overpriced to the extreme spares.

Help nou nie julle staar julle blind teen die badge nie. Koop die ranger...jy sal nie spyt wees nie. Toy kan nie kers vashou nie en die mark wys dit vir jou.
100% as dit jou gevoel is soos ek se dis net my opinie. My gevoel is net dat die ranger nie sy waarde so goed hou nie (dis hoekom ons een relatief goedkoop kon kry as n werks bakkie), asook dat die bou kwaliteit nie op standaard met die van die hilux is nie (moet my asb nie hieroor kruisig nie, dis net my opinie)
Ek gaan nie stry dat die Ford seker die mooiste bakkie op die pad is nie, maar die handrat se ratkas voel ve my ook "clunky" soos shrick se.
--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Working on my bucket list only makes it longer
User avatar
Baasvark
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1376
Joined: Mon Aug 01, 2011 7:45 pm
Town: Virginia
Vehicle: '97 D/C with all the trimmings & 2011 Troopy
Real Name: Shane

Re: RE: Re: Mmm, Nuwe Hilux of Nuwe Ranger :)

Post by Baasvark »

CasKru wrote:Ek reken ook dit hang als af hoe lang mens 'n voertuig gaan ry. As jy hom vir 3 tot 5 jaar gaan ry en dan 'n nuwe een kry... sal amper enige maak doen (afhangende natuurlik van die kilos wat jy gaan op sit). As jy 'n voertuig vir langer as 5 jaar gaan hou is daar net 1 maak volgens my en dit is Toyota.
Cas al ry 'n mens hom nie so lank nie dink ek dis tog 'n maatstaaf vir gehalte....

Persoonlik het ek meer vertroue in 'n voertuig wat die km kan doen al is ek nie van plan om hom so lank te ry nie....

Manne kan se wat hulle wil - Toyota hou!
Aint it ironic that "Common Sense" aint so common after all...
User avatar
Alex2539
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 156
Joined: Wed Sep 09, 2015 7:04 pm
Town: Walvis Bay
Vehicle: HILUX LEGEND 45 V6 4.0 4X4
Real Name: Alex

Re: Mmm, Nuwe Hilux of Nuwe Ranger :)

Post by Alex2539 »

Voorkoms: Ek sal gaan vir die FR 2.2 as die Hilux 2.4, maar sodra jy sit lekker vellings (Raider), Rollbar op die Hilux dit lyk ook goed. Deur na aanleiding van jou pos, kan ek sien wat jy wil die Ranger meer ..... Ranger is ook sterker. Die Hilux is meer gewild op die oomblik, ek sien meer nuwe Hilux as die nuwe Ranger
Bonded to Yotas :cooldude:
User avatar
Borntofish
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 996
Joined: Fri Mar 07, 2008 7:41 am
Town: Johannesburg
Vehicle: Hilux 86
Real Name: Werner

Re: Mmm, Nuwe Hilux of Nuwe Ranger :)

Post by Borntofish »

Ek dink hulle is albei maar so te se dieselfde. Al wat my pla is dat n ou baie sien van die Ford motors wat net stop. Ek wou n Ford 2.2 gekry het maar na n lang besluit het maar die ou SFA gehou. Die nuwe karre het gans en al te veel sensors en elektronika in na my smaak maar ons gaan moet saamleef met dit.
User avatar
Oupa Stig
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1204
Joined: Fri Oct 12, 2012 1:15 pm
Town: Johannesbug
Vehicle: Hilux KZTE 4X2 "Stagger Lee", Hilux IFS 2.7 4x4 "Loretta"
Real Name: Mickey

Re: Mmm, Nuwe Hilux of Nuwe Ranger :)

Post by Oupa Stig »

Ek is lid op die Ranger Facebook blad. Glo my, hulle het baie issues. Maar hulle bly by hul Fords, nes Toyota manne by hul Toyotas bly.
Maar min van hulle het gestry toe ek noem dat 'n Ranger 'n fantastiese voertuig is terwyl hy onder fabrieks waarborg is. Hulle het self uitgewys hoeveel Rangers tekoop is wat sopas uit hul waarborge uit gegaan het. Dus, as jou intensie is om die ding te ry tot sy waarborg verval, en dan te verkoop, koop 'n Ranger. Maar as jy die voertuig vir langer wil hou sal ek nie naby aan 'n Ranger kom met 'n lang paal nie, want ek het nie die finansies om die tipe goed reg te maak waaroor die ouens kla nie.
Toyotas breek obviously ook, maar frankly, geskiedenis wys eenvoudig net dat jy 'n 50/50 kans het dat 'n Ranger jou baie sleg in die steek gaan laat as hy onder waarborg uit is. Ons praat turbos, ratkaste, oliepompe (die ouens wat die goed diens weet self nie wat die olie ruil prosedure is nie, met die gevolg dat die oliepomp leeg loop en nie ordentlik prime nie, met vieslike nagevolge vir die motor). Daar is daagliks ouens wat brom oor enjin liggies wat aankom...
Dit gesê, as jy 'n handelaar / diens sentrum kan kry wat sy sout werd is dink ek jy kan baie van die probleme wat die Ranger ouens het vermy. Toyota se handelaars / diens sentrums is ook nie almal so hot nie.
Finansieël is ek maar konserwatief, so ek bly maar by wat ek vertrou. :D:
I feel a lot less wise at 45 than I did at 15.
User avatar
LouisZ
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2175
Joined: Tue Feb 05, 2008 1:51 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Hilux D/C 1996
Real Name: Louis
Location: Pretoria, Centurion

Re: Mmm, Nuwe Hilux of Nuwe Ranger :)

Post by LouisZ »

Enige "Brand" breek een of ander tyd. Dis hoe die problem opgelos word.
User avatar
Dirka
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 212
Joined: Tue Jul 07, 2015 2:16 pm
Town: Doornpoort Pretoria
Vehicle: Hilux 4.0 V6 4X4 Auto DC
Real Name: Dirk

Re: Mmm, Nuwe Hilux of Nuwe Ranger :)

Post by Dirka »

Enige voertuig is so goed soos die baas wat na hom kyk.
Ek is 'n luigat baas...daarom kies ek die TOYOTA.
:cooldude:
I got arrested for driving naked. I guess I shouldn’t have put four wheels, an engine, and a steering wheel on my bathtub.
I’m a do-it-yourself kind of lover.
” ― J. Kintz
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Re: Mmm, Nuwe Hilux of Nuwe Ranger :)

Post by ChrisF »

Borntofish wrote:Ek dink hulle is albei maar so te se dieselfde. Al wat my pla is dat n ou baie sien van die Ford motors wat net stop. Ek wou n Ford 2.2 gekry het maar na n lang besluit het maar die ou SFA gehou. Die nuwe karre het gans en al te veel sensors en elektronika in na my smaak maar ons gaan moet saamleef met dit.
DIT is n waar stelling ... al meer en meer elektronika wat kan sports maak in die bos.


Onthou nou ook dat die nuwe Hilux nou ook knoppies het in plaas van n kort stokkie .....


Ongelukkig word die waens nou sagter en sagter gebou ....


Ek hou steeds van die Ranger .... maar daar loop koop ek toe mos laas weer Toyota. :lmao: :mocking:
User avatar
GeorgeJvR
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3286
Joined: Thu Jul 16, 2009 2:55 pm
Town: Louis Trichardt
Vehicle: 2008 Prado 4.0 V6, 1989 SFA S/C 2.2 1998 SFA LTD 22RE
Real Name: George

Re: Mmm, Nuwe Hilux of Nuwe Ranger :)

Post by GeorgeJvR »

Rico kan jy my 'n sms of iets stuur dat ek jou nomme kan kry asb?
George 082 419 2359
To Buy and sell a vehicle is my hobby
Make a deal that no one else thought possible is my aim

Kom wat wil ek bly 'n Bul!
User avatar
Stef
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3125
Joined: Mon Jan 25, 2010 12:54 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '98 LTD
Real Name: Stefan
Club VHF Licence: X107

Re: Mmm, Nuwe Hilux of Nuwe Ranger :)

Post by Stef »

GeorgeJvR wrote:Rico kan jy my 'n sms of iets stuur dat ek jou nomme kan kry asb?
George 082 419 2359
Ek sien wat jy in die mou voer.... :mocking:
User avatar
GeorgeJvR
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3286
Joined: Thu Jul 16, 2009 2:55 pm
Town: Louis Trichardt
Vehicle: 2008 Prado 4.0 V6, 1989 SFA S/C 2.2 1998 SFA LTD 22RE
Real Name: George

Re: Mmm, Nuwe Hilux of Nuwe Ranger :)

Post by GeorgeJvR »

Stef wrote:
GeorgeJvR wrote:Rico kan jy my 'n sms of iets stuur dat ek jou nomme kan kry asb?
George 082 419 2359
Ek sien wat jy in die mou voer.... :mocking:
:shh: :shh:
To Buy and sell a vehicle is my hobby
Make a deal that no one else thought possible is my aim

Kom wat wil ek bly 'n Bul!
shrick
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 51
Joined: Sat Jan 03, 2009 10:17 am
Town: Pretoria
Vehicle: 2016 Hilux Raider DC 4x4 2.8
Real Name: Rico

Re: Mmm, Nuwe Hilux of Nuwe Ranger :)

Post by shrick »

Jis Ouens

Net 'n vinnige update. Ekt besluit om weer 'n Hilux te koop.

Hoekom? 3 hoof redes:

1. Daars niks tougher as 'n Hilux nie. Die reputasie (en werklikheid) is ongelukkig untouchable.
2. Toyota 2de handse waarde. Hoekom moet ek my geld in die water gooi en 'n Ford koop wat sy waarde vinniger verloor? Ja, die Ford bied (dalk) marginaal meer itv ry gerief en tech features, maar dis nie genoeg om my te convince nie.
3. Ek glo die Hilux se 4x4 capabilities is beter as die Ranger omdat die elektroniese stelsels beter getune is, daar beter ground clearance is, daar beter wheel travel is. Kombineer dit met 'n baie sterk onderstel, met goeie beskerming, en ek dink ek gaan 100% regkom.

Voor ek koop gaan ek ook eers volgende Saterdag by Rhino Park kyk hoe die Hilux homself offroad gedra. Dirk van Wyk vat my uit op 'n trippie (standaard weergawe van wat ek wil koop). As ek happy is, is ek reg om te koop.

Eks nog nie seker waarvoor ek my huidige Hilux gaan verkoop nie, ek be-oog rondom R100-110k, sal nog sien. Hy het maar oor die afgelope 6 jaar 'n klompie stampe en stote bygekry, maar meganies is hy Awesome. As ek reg is om hom in die mark te sit, sal ek bietjie hier gesels.

Groete
Last edited by shrick on Tue Sep 27, 2016 12:50 pm, edited 1 time in total.
User avatar
GeorgeJvR
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3286
Joined: Thu Jul 16, 2009 2:55 pm
Town: Louis Trichardt
Vehicle: 2008 Prado 4.0 V6, 1989 SFA S/C 2.2 1998 SFA LTD 22RE
Real Name: George

Re: Mmm, Nuwe Hilux of Nuwe Ranger :)

Post by GeorgeJvR »

shrick wrote:Jis Ouens

Eks nog nie seker waarvoor ek my huidige Hilux gaan verkoop nie, ek be-oog rondom R100-110k, sal nog sien. Hy het maar oor die afgelope 6 jaar 'n klompie stampe en stote bygekry, maar meganies is hy Awesome. As ek reg is om hom in die mark te sit, sal ek bietjie hier gesels.

Groete
Rico

Stuur daai fotos sorda jy reg is dat ek SWAMBO se arm kan draai :shh:
082 419 2359
To Buy and sell a vehicle is my hobby
Make a deal that no one else thought possible is my aim

Kom wat wil ek bly 'n Bul!
shrick
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 51
Joined: Sat Jan 03, 2009 10:17 am
Town: Pretoria
Vehicle: 2016 Hilux Raider DC 4x4 2.8
Real Name: Rico

Re: Mmm, Nuwe Hilux of Nuwe Ranger :)

Post by shrick »

GeorgeJvR wrote:
shrick wrote:Jis Ouens

Eks nog nie seker waarvoor ek my huidige Hilux gaan verkoop nie, ek be-oog rondom R100-110k, sal nog sien. Hy het maar oor die afgelope 6 jaar 'n klompie stampe en stote bygekry, maar meganies is hy Awesome. As ek reg is om hom in die mark te sit, sal ek bietjie hier gesels.

Groete
Rico

Stuur daai fotos sorda jy reg is dat ek SWAMBO se arm kan draai :shh:
082 419 2359
Ek maak so ;-)
User avatar
CasKru
Moderator
Moderator
Posts: 23956
Joined: Tue Dec 04, 2007 11:52 am
Town: Benoni
Vehicle: '94 Hilux Raider 2.4i (22RE) DC 4x4
Real Name: Cassie
Club VHF Licence: B15
Location: Rynfield

Re: Mmm, Nuwe Hilux of Nuwe Ranger :)

Post by CasKru »

shrick wrote:Jis Ouens

Net 'n vinnige update. Ekt besluit om weer 'n Hilux te koop.

Hoekom? 3 hoof redes:

1. Daars niks tougher as 'n Hilux nie. Die reputasie (en werklikheid) is ongelukkig untouchable.
2. Toyota 2de handse waarde. Hoekom moet ek my geld in die water gooi en 'n Ford koop wat sy waarde vinniger verloor? Ja, die Ford bied (dalk) marginaal meer itv ry gerief en tech features, maar dis nie genoeg om my te convince nie.
3. Ek glo die Hilux se 4x4 capabilities is beter as die Ranger omdat die elektroniese stelsels beter getune is, daar beter ground clearance is, daar beter wheel travel is. Kombineer dit met 'n baie sterk onderstel, met goeie besperming, en ek dink ek gaan 100% regkom.

Voor ek koop gaan ek ook eers volgende Saterdag by Rhino Park kyk hoe die Hilux homself offroad gedra. Dirk van Wyk vat my uit op 'n trippie (standaard weergawe van wat ek wil koop). As ek gelukkig is, is ek reg om te koop.

Eks nog nie seker waarvoor ek my huidige Hilux gaan verkoop nie, ek be-oog rondom R100-110k, sal nog sien. Hy het maar oor die afgelope 6 jaar 'n klompie stampe en stote bygekry, maar meganies is hy Awesome. As ek reg is om hom in die mark te sit, sal ek bietjie hier gesels.

Groete
Jy sien... so bek moet jam kry
To God be the glory
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Re: Mmm, Nuwe Hilux of Nuwe Ranger :)

Post by ChrisF »

Rico my 4de Toyota staan tans in my garage.

ELKE keer het ek ander handelsmerke ook getoets bestuur.

Intree vlak motor (daily runner) ... Toyota bied puik waarde vir geld met die Etios

Naweek kar, meer gerief, meer spasie, puik brandstof verbruik .... RAV4 is darem n LEKKER wa !!!!!

En toe ek laas my Hilux gekoop het was dit tussen die BT50 of die Hilux .... lekker myle gedoen met die Hilux.


Ek is NIE n "brand fan" nie. Maar as mens krities na die specs, pryse, backup, en herverkoop kyk raak die lys gou KORT, en met my laaste klompie kopipes was dit net Toyota wat al die bokse getik het.



MAAR, dit is LEKKER wanneer Ford en die anner manne Toyota aanspoor om vir ons iets beter te bied.
User avatar
Agteros
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 678
Joined: Mon Aug 25, 2008 12:09 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota FJ Cruiser
Real Name: Hugo

Re: Mmm, Nuwe Hilux of Nuwe Ranger :)

Post by Agteros »

Dirk van Wyk is 'n goeie kundige op Hilux'e uit die aard van die saak...

Hy ry self ook 'n Lexus V8 SFA :cooldude:

Dink jy doen die regte keuse.
2020 FJ Cruiser
1986 Hilux DC 4x4. Sold to the Boss :cooldude:
Post Reply

Return to “Open Discussion”