10watt led flood lights

Discuss anything here as long as it is clean. Having a hard time with your Skoonma, tell us about it here, or discuss the Rugby. Whatever you feel like talking about.
Post Reply
User avatar
ForYota
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1066
Joined: Tue Oct 23, 2012 2:31 pm
Town: Gauteng
Vehicle: Sold my beloved Lux..
Real Name: Hennie
Location: Vanderbijlpark

10watt led flood lights

Post by ForYota »

Dagse Luxers,

Is daar van julle hier wat al met bogenoemde ligte gespeel het, my plan is om dit reg rondom my huis te sit maar ek oorweeg sterk om die 12v roete te gaan, kan iemand vir my se na "watter" tipe lig kyk ons, area gewys...

Ek kan hul plaaslik optel vir R220, gaan dit dan op n ADE power supply koppel wat ook outomatiese skakelink na battery het vir wanneer die krag afgaan, sal meer besonderhede daaroor plaas sodra die projek begin :thumbup:
Attachments
index.jpg
index.jpg (2.58 KiB) Viewed 1934 times
ImageImageImageImage

If I can't go in my Hilux I ain't Going
User avatar
Hilux 1
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 4125
Joined: Tue Sep 28, 2010 2:24 pm
Town: Brackenfell
Vehicle: 2011 Raider 4x4 Double cab 4.0 V6
Real Name: Tertius
Club VHF Licence: HC137

Re: 10watt led flood lights

Post by Hilux 1 »

al wat ek weet is die 10w is gelyk staande(of is veronderstel) aan die 150w Tungsten halogen ligte. as jy kan Pieter verkoop van hulle weet ek of het. dan is daar ook nog vele make daar buite. Voltex, Builderswarehouse en vele ander wholesalers sit ook met sulke tipe ligte. en julle manne het mos al die winkels daar bo. dis maar net n kwessie van soek
User avatar
Hangover
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1374
Joined: Thu Sep 29, 2011 9:55 am
Town: Deneysville
Vehicle: '76 FJ45 , '13 3.0 D4D Hilux
Real Name: Stef

Re: 10watt led flood lights

Post by Hangover »

Ek het 2 vir visvang... Werk baie lekker op 12V... Ek het R335 by communica betaal so 220 is baie cheap
Hangover(A.K.A die speelding)
1976 FJ45 4x4
1UZ-FE 4.0vvti
2" OME Suspension lift
1.5" Shackle lift
35" Geo MT's
Custom Bullbar
Lockright Locked rear
York OBA
20" LED bar
Nighthawk 100W spots

Dakar
2013 3.0D-4D 4x4 Hilux Dakar
User avatar
ForYota
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1066
Joined: Tue Oct 23, 2012 2:31 pm
Town: Gauteng
Vehicle: Sold my beloved Lux..
Real Name: Hennie
Location: Vanderbijlpark

Re: 10watt led flood lights

Post by ForYota »

Jip, Builders en daai ouens vra R300+

Ek wil net nie die ding koop, en dan is dit nie waarna ek "kyk" nie haha..
Miskien moet ek maar net een eers kry en dan kan ek sommer terugvoer gee... :think:
ImageImageImageImage

If I can't go in my Hilux I ain't Going
User avatar
CasKru
Moderator
Moderator
Posts: 23956
Joined: Tue Dec 04, 2007 11:52 am
Town: Benoni
Vehicle: '94 Hilux Raider 2.4i (22RE) DC 4x4
Real Name: Cassie
Club VHF Licence: B15
Location: Rynfield

Re: 10watt led flood lights

Post by CasKru »

Daai sal lekker werk. Ek het van die 20W 220V jobbies wat by my op is en hulle maak lekker lig. Die verskil tussen die 220v en die 12v.. net 'n klein transformertjie wat in gebou is agter in die housing... so jy kan maklik 'n 220v na 'n 12v verander.

Hoeveel is jy op soek na?
To God be the glory
User avatar
Pote
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 687
Joined: Thu Jun 30, 2011 12:13 pm
Town: Hartbeespoort
Vehicle: Fortuner D4d 4x4 & VW Passat
Real Name: Johan
Club VHF Licence: X228

Re: 10watt led flood lights

Post by Pote »

Daar is 'n plek in PTA wat die 10W verkoop vir R110 en die 20W vir R180. (die pryse is so 10 maande trug gewees).

Ek het toetse gedoen en die 10W werk as jy net so tussen 15 en 20m wil lekker lig gooi. Ander moet jy na groter "W" toe gaan.

Ook een oop gemaak en die V out van die klein transformer waarvan Cassie praat meet 34V op die modelle wat ek het.

Ek het van hulle ger rondom my huis en hulle werk baie lekker.
Image
Image
User avatar
jacol
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 76
Joined: Sun Dec 08, 2013 2:14 pm
Town: Port Elisabeth
Vehicle: Hilux
Real Name: Jay

Re: 10watt led flood lights

Post by jacol »

Ek het nou die dag een ingesit baie tevrede met hom blykbaar is die "ELLIS" maak een van die beter ligte.
User avatar
Hilux 1
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 4125
Joined: Tue Sep 28, 2010 2:24 pm
Town: Brackenfell
Vehicle: 2011 Raider 4x4 Double cab 4.0 V6
Real Name: Tertius
Club VHF Licence: HC137

Re: 10watt led flood lights

Post by Hilux 1 »

jacol wrote:Ek het nou die dag een ingesit baie tevrede met hom blykbaar is die "ELLIS" maak een van die beter ligte.
noggie van hulle gehoor nie, maar ons deal baie met Meteor Lighting se produkte of Waco(voltex)
User avatar
CasKru
Moderator
Moderator
Posts: 23956
Joined: Tue Dec 04, 2007 11:52 am
Town: Benoni
Vehicle: '94 Hilux Raider 2.4i (22RE) DC 4x4
Real Name: Cassie
Club VHF Licence: B15
Location: Rynfield

Re: 10watt led flood lights

Post by CasKru »

Is nou wel die 220V maar dit kos net R120.... http://www.afrison.co.za/index.php/exte ... -ip65-220v" onclick="window.open(this.href);return false;
To God be the glory
User avatar
ForYota
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1066
Joined: Tue Oct 23, 2012 2:31 pm
Town: Gauteng
Vehicle: Sold my beloved Lux..
Real Name: Hennie
Location: Vanderbijlpark

Re: 10watt led flood lights

Post by ForYota »

CasKru wrote:Daai sal lekker werk. Ek het van die 20W 220V jobbies wat by my op is en hulle maak lekker lig. Die verskil tussen die 220v en die 12v.. net 'n klein transformertjie wat in gebou is agter in die housing... so jy kan maklik 'n 220v na 'n 12v verander.

Hoeveel is jy op soek na?
Cassie,

Ek moet mos altyd so blerrie impulsief wees, het gou gery om een te gaan koop, sal vanaand gou die toetse doen, ek gaan 6 nodig he vir om die huis, en dan seker nog so 4 vir om die garage en my stoor, maar die 4 kan 220v wees, die rede vir die 12v om die huis is die gedurige krag onderbrekings op die plotte... Ek het nog tyd ons trek eers so einde April in wanneer die koop en als deur is :celebrate:
Attachments
2014-03-12 13.13.21.jpg
(158.91 KiB) Downloaded 167 times
ImageImageImageImage

If I can't go in my Hilux I ain't Going
User avatar
pietdevs
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 253
Joined: Fri Feb 11, 2011 12:29 pm
Town: Mosselbay
Vehicle: Toyota Land Cruiser Troopy
Real Name: Pieter
Location: Mosselbay
Contact:

Re: 10watt led flood lights

Post by pietdevs »

Ek gebruik die 220V 20W om my huis en hulle werk baie goed. Die 10W was bietjie "lig" in die broek. Ek sal die 20W aanbeveel. Die Chinese winkels het hulle ook teen R120 en R200 onderskeidelik. Ek het hulle ook oopgemaak en hulle lyk presies dieselfde as die ander wat duurder is. Ek glo alles kom buitendien van China af!
User avatar
ForYota
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1066
Joined: Tue Oct 23, 2012 2:31 pm
Town: Gauteng
Vehicle: Sold my beloved Lux..
Real Name: Hennie
Location: Vanderbijlpark

Re: 10watt led flood lights

Post by ForYota »

pietdevs wrote:Ek gebruik die 220V 20W om my huis en hulle werk baie goed. Die 10W was bietjie "lig" in die broek. Ek sal die 20W aanbeveel. Die Chinese winkels het hulle ook teen R120 en R200 onderskeidelik. Ek het hulle ook oopgemaak en hulle lyk presies dieselfde as die ander wat duurder is. Ek glo alles kom buitendien van China af!
Dankie Pieter, jap ek gaan vanaand toetse doen maar ek moet ook bylas ek kyk ook na consumption, siende dat ek op die einde 6 ligte wil kan trek vanaf een of dan miskien twee 7ah batterye :thumbup:
ImageImageImageImage

If I can't go in my Hilux I ain't Going
User avatar
grobbepj
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1049
Joined: Tue May 14, 2013 10:39 am
Town: Alberton
Vehicle: Hilux legend 35 4x4 3.0kzte D/C
Real Name: Pieter

Re: 10watt led flood lights

Post by grobbepj »

Kom braai op die plot dan wys ek jou verskil in die donker. Ek het 10W, 20W, 30W en n 50W led spots van hierdke op verskillende plekke om die huis. Ek koop by century in sasolburg en jy het n 5 jaar waarborg. Het al een na 3 jasr gaan omruil en hul het nie eers twee keer gevra nie. Dalk bici duurder maar jy weet hul hou of hul vervang dit. Ek het ook 2 x 12V 10W liggies ok (het dit by Moegatle gebruik as jy kan onthou)...
User avatar
ForYota
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1066
Joined: Tue Oct 23, 2012 2:31 pm
Town: Gauteng
Vehicle: Sold my beloved Lux..
Real Name: Hennie
Location: Vanderbijlpark

Re: 10watt led flood lights

Post by ForYota »

grobbepj wrote:Kom braai op die plot dan wys ek jou verskil in die donker. Ek het 10W, 20W, 30W en n 50W led spots van hierdke op verskillende plekke om die huis. Ek koop by century in sasolburg en jy het n 5 jaar waarborg. Het al een na 3 jasr gaan omruil en hul het nie eers twee keer gevra nie. Dalk bici duurder maar jy weet hul hou of hul vervang dit. Ek het ook 2 x 12V 10W liggies ok (het dit by Moegatle gebruik as jy kan onthou)...

Dit gaan afhang van hoelaat daai aand die liggies aan was, of was die liggies nou af :think: :think:

:lmao: :lmao: :lmao:
ImageImageImageImage

If I can't go in my Hilux I ain't Going
User avatar
grobbepj
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1049
Joined: Tue May 14, 2013 10:39 am
Town: Alberton
Vehicle: Hilux legend 35 4x4 3.0kzte D/C
Real Name: Pieter

Re: 10watt led flood lights

Post by grobbepj »

ForYota wrote:
grobbepj wrote:Kom braai op die plot dan wys ek jou verskil in die donker. Ek het 10W, 20W, 30W en n 50W led spots van hierdke op verskillende plekke om die huis. Ek koop by century in sasolburg en jy het n 5 jaar waarborg. Het al een na 3 jasr gaan omruil en hul het nie eers twee keer gevra nie. Dalk bici duurder maar jy weet hul hou of hul vervang dit. Ek het ook 2 x 12V 10W liggies ok (het dit by Moegatle gebruik as jy kan onthou)...

Dit gaan afhang van hoelaat daai aand die liggies aan was, of was die liggies nou af :think: :think:

:lmao: :lmao: :lmao:
Alles is mos maar relatief is dit nie... :laugh2:
User avatar
ForYota
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1066
Joined: Tue Oct 23, 2012 2:31 pm
Town: Gauteng
Vehicle: Sold my beloved Lux..
Real Name: Hennie
Location: Vanderbijlpark

Re: 10watt led flood lights

Post by ForYota »

Ek het gisteraand paar toetse gedoen, jammer ek het nie fotos geneem nie, en al wat kan se is WOW

Daai 10w is n yster en gaan definitief voldoen aan my vereiste

Van wat ek kon sien is die eerste 15m amper daglig voor jou en daarna tot en met 30m kan jy nog mooi sien wat om jou aangaan!!

My ruimte was bietjie beperk so ek kan nie se hoe breed die lig skyn nie, maar by my was alles tot en met 8m breed goed verlig :thumbup:
ImageImageImageImage

If I can't go in my Hilux I ain't Going
chopper

Re: 10watt led flood lights

Post by chopper »

Ek gebruik 10W jobbies binne en buite op 12 en 220V asook 20W en 50W modelle buite (almal vanaf Voltex Centurion vanwee hulle goeie pryse) en ek is tevrede daarmee - het al 'n slag of 2 vd ligte omgeruil vir nuwes (weerlig skade moontlik?). Ek beplan om al my sekerheidsbeligting buite dmv 'n battery-stelsel van energie te voorsien - dit is erg duister hier wanneer Eskom wanpresteer!
Post Reply

Return to “Open Discussion”