My vlooi hond help!

Discuss anything here as long as it is clean. Having a hard time with your Skoonma, tell us about it here, or discuss the Rugby. Whatever you feel like talking about.
Post Reply
Rianc
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 707
Joined: Fri Jul 22, 2011 11:27 am
Town: Pretoria
Vehicle: 2.8GD6 Double CabHilux 4X4
Real Name: Rian
Location: Wonderboom Suid

My vlooi hond help!

Post by Rianc »

Hi julle, ek bly in PTA en my 5mnd boerboel het 'n verskriklike vlooi problem. Die ander twee honde van my (Boerboel en Lab) ondervind nie dieselfde nie. Ek het pille by die vearts gekry, help nie, frontline help nie, bad met R240 se sjampo help nie. Help! asb.
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Re: My vlooi hond help!

Post by ChrisF »

wat sê die vee arts ?

ek weet daar is goed wat jy nie by die gewone petshop gaan kry nie ...
User avatar
The Legend
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3558
Joined: Sun Jul 04, 2010 6:53 am
Town: Kempton Park
Vehicle: 1994 2.2 4y 4x4 D/C Toyota Hi-Lux
Real Name: Dawie
Club VHF Licence: X93-

Re: My vlooi hond help!

Post by The Legend »

Het jy hom al gedip in Jeyes fluid?Ek het gehoor dit help vir flooie,nog nie self probeer nie.
“A BAD DAYS FISHING IS BETTER THAN A GOOD DAYS WORK”

“Do what you do so well, that the people that see you do it, will want to see you do it again,and will bring others to see you do it”
Rianc
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 707
Joined: Fri Jul 22, 2011 11:27 am
Town: Pretoria
Vehicle: 2.8GD6 Double CabHilux 4X4
Real Name: Rian
Location: Wonderboom Suid

Re: My vlooi hond help!

Post by Rianc »

Ek het juis by die veearts gaan aanklop! Dus die duur sjampo en weeklikse pille. Hy kry ook veearts kos so dit kan dit ook nie wees nie. Skuus ek kom nou terug, het hom gou weer gewas en hierdie keer met 'n kort pet staal borseltjie geborsel! Shit kan nie glo hoeveel vloei *a* daar uitgekom het nie. Ek kry hom regtig jammer. Hy is 'n 50/50 buite huis hond. Ek het ook gehoor van Jeys Fluid, maar dat dit die vel dalk weer mag droogmaak en dan sit jy weer met 'n ander vel irritasie problem? Weet nie? Maar dankie vir die terugvoer!
User avatar
GI Jane
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 4019
Joined: Mon May 16, 2011 4:07 pm
Town: Strand WC
Vehicle: Toyota Hilux 4x4, 2.41t Raider 1998 DC - front & rear difflock, 140lt fuel tank, 31" BFG a/t, snorkel, drawer system, alucab canopy, driver with attitude.
Real Name: Val
Club VHF Licence: X112

Re: My vlooi hond help!

Post by GI Jane »

Ek het al van die Jeyes Fluid storie gehoor, maar ek dink dit sal nie goed vir die hond wees nie. Lyk my daar is orals n vlooi probleem. Tot hier in die Kaap ook. Die hitte en die reen weer. My honde ook alles probeer. Frontline help vir 2-3 weke, en wil dit nie weer te vinnig gebruik nie, want dit gaan in die honde se bloedstroom in en ek wil my honde nie vergiftig met dit. So ek bad hulle baie meer gereeld en was hulle beddens and gooi vlooi poeier op die beddens. Mense se knoffel help, maar hulle kan nie te veel daarvan kry nie want dit verdun hulle bloed. So die antwoord is seker net om meer gereeld met vlooi sjampoe to was. Daar is ook n dip wat jy kan koop, wat jy in water oplos en oor hulle gooi nadat jy hulle gebad het. Dit moet op hulle droog word. Dit help ook.

Kan net nie verstaan laat die ander honde nie ook die probleem het nie.
Image
Rianc
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 707
Joined: Fri Jul 22, 2011 11:27 am
Town: Pretoria
Vehicle: 2.8GD6 Double CabHilux 4X4
Real Name: Rian
Location: Wonderboom Suid

Re: My vlooi hond help!

Post by Rianc »

Thanks Val, ek dink die vlooie hou van jong "soet" bloed???? Hulle slaap saam, bly saam, (met my toestemming natuurlik) so ek weet wraggies nie hoekom my baba moet suffer nie! Hy kry die meeste aandag van almal in die huis! Selfs vrou en meisiekind kry nie dieselfde aandag nie. Ek was hom elke Saterdag, so wil nie meer gereeld as dit was nie. Ek het ook iets gehoor van " Cornish crystels" spelling! Spreek hom maar uit soos die kafee pasty! Bleikbaar pers as jy dit aangemaak het, vir die ou tannies se gryshare? ken julle dit?
User avatar
KOBUSL
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2044
Joined: Sat Jul 19, 2008 2:12 pm
Town: WOLSELEY
Vehicle: '96 HILUX 2.8 HILUX DC 3i BMW 540 RANCHERO UTE 4 Li
Real Name: KOBUS

Re: My vlooi hond help!

Post by KOBUSL »

Lollie wrote:Het jy hom al gedip in Jeyes fluid?Ek het gehoor dit help vir flooie,nog nie self probeer nie.
Vat liewer 'n brannas Dawie, dan jeuk dit nie so erg nie. Dalk moet julle die hond ook enetjie ingee. :evil: :lol:
Word te vinnig oud en te stadig wys.
Rianc
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 707
Joined: Fri Jul 22, 2011 11:27 am
Town: Pretoria
Vehicle: 2.8GD6 Double CabHilux 4X4
Real Name: Rian
Location: Wonderboom Suid

Re: My vlooi hond help!

Post by Rianc »

Kobus, ek weet nou nie wie is "Dawie" nie?, maar brannes help nie!
User avatar
Oupa Stig
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1204
Joined: Fri Oct 12, 2012 1:15 pm
Town: Johannesbug
Vehicle: Hilux KZTE 4X2 "Stagger Lee", Hilux IFS 2.7 4x4 "Loretta"
Real Name: Mickey

Re: My vlooi hond help!

Post by Oupa Stig »

Kry 'n apie.
Laat hom tjomme maak met die brak.
I feel a lot less wise at 45 than I did at 15.
Rianc
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 707
Joined: Fri Jul 22, 2011 11:27 am
Town: Pretoria
Vehicle: 2.8GD6 Double CabHilux 4X4
Real Name: Rian
Location: Wonderboom Suid

Re: My vlooi hond help!

Post by Rianc »

Die aap sal hom vrek vreet dag 1, dan moet ek die tiere nog kry om die aap te eet?
Thabogrobler
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5268
Joined: Sun Aug 19, 2007 10:43 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '02 'Lux KZ
Real Name: Thabo
Club VHF Licence: x223
Location: Garsfontein
Contact:

Re: My vlooi hond help!

Post by Thabogrobler »

'n Omie daar in Bultfontein se wereld maak pille wat alerhande peste weg hou of dood maak. Parasiete, ens.

Vra hom of sy goed vir jou sal werk?

At Venter 084 800 8040
'02 KZ 'Lux. Cooled. Chipped. Onca'd. Cherished!

If you are a diesel fan, raise your hand.
If you aren't raising your hand, raise your standards!

A 4x4 is merely a machine that enables you to get stuck further away from civilization.
User avatar
Froll
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3305
Joined: Sat Oct 13, 2012 10:13 pm
Town: Vioolsdrift
Vehicle: 2010 4.0 V6 Fortuner 4x4
Real Name: Roger
Club VHF Licence: N/A

Re: My vlooi hond help!

Post by Froll »

Jy kan ook probeer om knoffel in sy kos te sit, ek weet dit werk vir bosluise.
User avatar
Mossienel
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 257
Joined: Mon Jul 22, 2013 4:43 pm
Town: Paarl
Vehicle: Hilux 2011 2.5d4d DC 4x4
Real Name: Louis
Location: Paarl en Saudi Arabia

Re: My vlooi hond help!

Post by Mossienel »

Jy kan Program pille by die veearts kry. Hoef dit net elke 6 maande vir die hond in te gee. As ek reg onthou. Dis goed koper om 'n pakkie te koop as om dit een vir een te koop.

Werk soos 'n bom vir ons vlooi taxi.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Rianc
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 707
Joined: Fri Jul 22, 2011 11:27 am
Town: Pretoria
Vehicle: 2.8GD6 Double CabHilux 4X4
Real Name: Rian
Location: Wonderboom Suid

Re: My vlooi hond help!

Post by Rianc »

Hy is al op die pil ook. R5/pil
User avatar
pietpetoors
Moderator
Moderator
Posts: 10650
Joined: Thu May 17, 2007 9:12 pm
Town: Langebaan
Vehicle: 2.7 Hilux 4x4 DC
Real Name: Pieter
Club VHF Licence: X27
Contact:

Re: My vlooi hond help!

Post by pietpetoors »

Jy kry produk vital protection, dit spuit jy op jou klere en beddegoed en dan vir ongeveer 3 maande hou dit dan muskiete, bosluise, vlooie ens weg. Dit was ook nie af van klere en jy kan jou slaapsak ook spuit. Anyway daai goed het ek op die honne se beddegoed gespuit en toe sommer op die honne ook, geen meer vlooie. Ek sukkel tans om weer te kry, hulle website se game versprei dit maar ons game weet nie daarvan nie. Lees ook op oor vlooie, hulle plant baie vinnig voor, help nie jy hou net vlooiweg nie, jy moet die eiers kan dood maak en die lewendige vlooie steriel maak, daar is produkte wat presies dit doen
Only Dead Fish Go With The Flow!
Image
1999 Hilux 2.7i 4x4 Raider DC with 3.4 Prado V6. Rear diff-lock, Bull Bar and rock sliders, 31" Cooper ST Maxx, Snorkel, Alu-Canopy, VHF Motorolla radio, West Coast Rust, Mikem Suspension, Ball Joint Spacers in front and Mikem extended shackles at the rear, 25watt LED Spots
Rianc
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 707
Joined: Fri Jul 22, 2011 11:27 am
Town: Pretoria
Vehicle: 2.8GD6 Double CabHilux 4X4
Real Name: Rian
Location: Wonderboom Suid

Re: My vlooi hond help!

Post by Rianc »

Dankie ouens vir al die raad. Wel dit is vandag sondag, so ek gaan soek waar hulle almal in die kerk sit, dan vang ek hulle almal saam. ek gaan van die vlooi pastor 'n voorbeeld maak en dan sal sy lidmate seker my hond uitlos!
User avatar
Andries
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 318
Joined: Thu Jul 12, 2007 7:29 pm
Town: Dordrecht
Vehicle: '94 2.2 4Y Hilux S/C, '87 2.2 4Y Hilux D/C
Real Name: Andries
Location: Eastern cape

Re: My vlooi hond help!

Post by Andries »

Rian probeer KarbaDust , Efekto produk, poeier dit werk vir my Foksies kry dit by Mica en is gerigestreer vir honde
User avatar
Andries
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 318
Joined: Thu Jul 12, 2007 7:29 pm
Town: Dordrecht
Vehicle: '94 2.2 4Y Hilux S/C, '87 2.2 4Y Hilux D/C
Real Name: Andries
Location: Eastern cape

Re: My vlooi hond help!

Post by Andries »

Rian, ons het ook die huis en die honde se slaapplek met Fendona gespuit. Dis ook 'n Efekto produk
User avatar
Johan Kriel
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 623
Joined: Sun Apr 26, 2009 8:41 pm
Town: Okahandja
Vehicle: 2.5 SC 4x4
Real Name: Johan kriel
Location: Okahandja

Re: My vlooi hond help!

Post by Johan Kriel »

Honde sjampoo en al daai m-*-f-f-i-e goed werk seker :D: maar is aan die flou kant omdat dit gereeld gebruik kan word. Kry ky n boere co-op ordentlike dip en dip die hond, praat met die verteenwoordiger by die co-op, en spuit sy slaap plek ens , dan kan jy weer die sagter goed gebruik
Johan Kriel

Legend 50
Thabogrobler
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5268
Joined: Sun Aug 19, 2007 10:43 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '02 'Lux KZ
Real Name: Thabo
Club VHF Licence: x223
Location: Garsfontein
Contact:

Re: My vlooi hond help!

Post by Thabogrobler »

Spuit jou werf elke 2 weke met Chlorpirifos. Dit maak die vlooie dood en die 2 weeklikse spuit breek die siklus.
'02 KZ 'Lux. Cooled. Chipped. Onca'd. Cherished!

If you are a diesel fan, raise your hand.
If you aren't raising your hand, raise your standards!

A 4x4 is merely a machine that enables you to get stuck further away from civilization.
User avatar
Mud Dog
Moderator
Moderator
Posts: 29856
Joined: Tue Apr 29, 2008 2:18 am
Town: East London
Vehicle: '90 SFA Hilux DC 4X4, Full OME, 110mm lift. Brospeed branch, 50mm ss freeflow exhaust. 30 x 9.5 Discoverer S/T's on Viper mags. L/R tank. (AWOL) '98 LTD 2.4 SFA, dual battery system. Dobinson suspension, LR tanks, 31" BF mud's.
Real Name: Andy
Club VHF Licence: HC103

Re: My vlooi hond help!

Post by Mud Dog »

Het onlangs ook 'n probleem daarmee gehad. Eerstens, bly weg van die Jeyes fluid, die carbolic acid daarin is nie goed vir hulle velle nie en kan ander probleme oorsaak. Condy's crystals (Potassium permanganate) glo ek sal ook nie baie help nie, alhoewel dit glo goed is vir hul velle en hul drinkwater te behandel, maar swael is ook goed vir hul velle en die swael meer vlooie keer as Condy's crystals.

Anyway, my honde se vlooi probleem het nie maklik opgelos nie, ter einde het ek 'n paar goed saam gedoen en dit het gewerk ... niks vlooie vir die laaste drie maande nie.
Eers honde mooi skoon gekry met 'n gewone honde sjampoe, en elkeen 'Capstar' pille gegee (jy kry dit slegs by 'n veearts en die dosis gaan oor die gewig van die hond). Daai pille werk binne 'n ½ uur maar duur net in die omgewing van 36 ure. Dit maak alle vlooie dood wat daar op die hond is, ook die wat nog dieselfde dag opspring. Die hele huis was gespuit met 'Fendona' waarvan Andries gepraat het ... een botteltjie behoort genoeg te wees vir 'n 200sqm huis as jy dit reg meng en reg spuit. Sover ek weet is dit die enigste produk wat vlooie asook hul larvale dood maak (ek het in elk geval nie kans gevat en na 3 weke 'n tweede keer gespuit - 'n botteltjie kos net so R65). Al die plekke waar die honde gewoonlik gaan lê het ek met 'Karbadust' gestrooi (Andries het dit ook genoem) - probleem met so 'n vlooi infestasie, is dat die hele werf met die goed vol is. Ek het lank laas 'Frontline' gebruik ... na my menig is dit nie baie effektief nie - ek gebruik eerder 'Ultrim Ultimate' en op die tweede dag het ek die honde daarmee gespuit. Die honde wat daarmee behandel is behoort al die vlooie rondom die werf te kontroleer, maar na die tweede week was ek nog nie tervrede met die resultate nie - die honde het nog vlooie op hulle gehad, nie te baie, maar wel. Toe bespreek ek die probleem met ons veearts en hy het 'Comfortis' aanbeveel ... dis ook 'n pil wat eenders werk as 'Capstar' maar dit werk vir 2 tot 3 maande. Daar kan glo side-effects wees, maar met ons honde was daar geen gewees nie. Ek sal dit nie op 'n gereelde basis gebruik nie maar dit het wel gehelp om die vlooi probleem op te los, en soos in jou geval waar niks blyk om te help, sal ek dit aanraai. Alleenlik sal dit miskien na 'n tyd die probleem oplos, maar dit sal beter wees om die huis en slaapplekke op die werf ter selde tyd te behandel.

;-)
When your road comes to an end ...... you need a HILUX!.

Image
Image

Life is like a jar of Jalapeño peppers ... what you do today, might burn your ass tomorrow.
Don't take life too seriously ..... no-one gets out alive.
It's not about waiting for storms to pass. It's about learning to dance in the rain.
And be yourself ..... everyone else is taken!
User avatar
Mud Dog
Moderator
Moderator
Posts: 29856
Joined: Tue Apr 29, 2008 2:18 am
Town: East London
Vehicle: '90 SFA Hilux DC 4X4, Full OME, 110mm lift. Brospeed branch, 50mm ss freeflow exhaust. 30 x 9.5 Discoverer S/T's on Viper mags. L/R tank. (AWOL) '98 LTD 2.4 SFA, dual battery system. Dobinson suspension, LR tanks, 31" BF mud's.
Real Name: Andy
Club VHF Licence: HC103

Re: My vlooi hond help!

Post by Mud Dog »

Thabogrobler wrote:Spuit jou werf elke 2 weke met Chlorpirifos. Dit maak die vlooie dood en die 2 weeklikse spuit breek die siklus.
Sal seker na 'n tyd ook werk, maar eers oor 'n paar weke. Verder maak Chlopiriphos alle gras insekte ook dood .... miskien nie die beste oplossing nie. ;-)
When your road comes to an end ...... you need a HILUX!.

Image
Image

Life is like a jar of Jalapeño peppers ... what you do today, might burn your ass tomorrow.
Don't take life too seriously ..... no-one gets out alive.
It's not about waiting for storms to pass. It's about learning to dance in the rain.
And be yourself ..... everyone else is taken!
User avatar
JEEPIE
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2052
Joined: Sun Sep 30, 2012 7:36 pm
Town: Roodepoort
Vehicle: Official hilux 4x4 club recovery vehicle
Real Name: Shaun
Club VHF Licence: X 43

Re: My vlooi hond help!

Post by JEEPIE »

buy head and shoulders anti dandruff shampoo
lemon one
use it on my dogs
no problem
and their hair is nice and soft too
OFFICIAL HILUX 4x4 RECOVERY VEHICLE

if you want to change this to recovered , first recover me - and have a relevant picture / foto to prove it !
ADVANCED 4x4 DRIVER COURSES DONE : US 254135 / US 254154
(STILL AWAITING SO-CALLED TETA CERTIFICATION VIA THE SERVICE PROVIDER AFRICAN OFF-ROAD ACADEMY - WHAT A JOKE)
User avatar
Dingo
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 608
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:39 pm
Town: Kempton Park
Vehicle: 95 4x4 DC Hilux, 7MG engine, EFS suspension, Home made custom off-road canopy.
Real Name: Scott

Re: My vlooi hond help!

Post by Dingo »

Lollie wrote:Het jy hom al gedip in Jeyes fluid?Ek het gehoor dit help vir flooie,nog nie self probeer nie.

Seriously ---- no ways man, you'll burn the @#@# out of the dogs skin.

Keep using the pills and dip the dog regularly for now. Also take some of the dip and pour it where the dog sleeps/lies. He's probably lying in a nice sandy spot and this is perfect for fleas to breed in.
Rianc
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 707
Joined: Fri Jul 22, 2011 11:27 am
Town: Pretoria
Vehicle: 2.8GD6 Double CabHilux 4X4
Real Name: Rian
Location: Wonderboom Suid

Re: My vlooi hond help!

Post by Rianc »

Dankie julle. Ek sal al die raad volg wat genoem is en wegbly van die goed soos voorgestel. Ek dink my problem se oorsprong was van die teller afkomstig en het toe my erf besmet. ek sal nou 'n punt daarvan maak om die hele huis, werf, slaapgoed en sand lêplekke te behandel. Dit gaan 'n paar rand kos, maar hoor wat gesê word. Help nie jy behandel die hond dag en nag met goed en behandel nie die res nie. RianC
User avatar
Mud Dog
Moderator
Moderator
Posts: 29856
Joined: Tue Apr 29, 2008 2:18 am
Town: East London
Vehicle: '90 SFA Hilux DC 4X4, Full OME, 110mm lift. Brospeed branch, 50mm ss freeflow exhaust. 30 x 9.5 Discoverer S/T's on Viper mags. L/R tank. (AWOL) '98 LTD 2.4 SFA, dual battery system. Dobinson suspension, LR tanks, 31" BF mud's.
Real Name: Andy
Club VHF Licence: HC103

Re: My vlooi hond help!

Post by Mud Dog »

In my geval is die besmetting seker van die Hah-de-dah's (laughing Ibis) afkomstig ... die goed dra vlooie en daai klein bosluise (pepper ticks). My werf is groot genoeg dat my honde nie hoef uit om te gaan stap nie, en niks ander honde of katte kom in nie, maar die hah-de-dah's is elke dag daar sedert toeka se dae en die honde het groot geword met hulle so hulle dink die goed behoort daar en jaag hulle nie. :crazy:
When your road comes to an end ...... you need a HILUX!.

Image
Image

Life is like a jar of Jalapeño peppers ... what you do today, might burn your ass tomorrow.
Don't take life too seriously ..... no-one gets out alive.
It's not about waiting for storms to pass. It's about learning to dance in the rain.
And be yourself ..... everyone else is taken!
Rianc
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 707
Joined: Fri Jul 22, 2011 11:27 am
Town: Pretoria
Vehicle: 2.8GD6 Double CabHilux 4X4
Real Name: Rian
Location: Wonderboom Suid

Re: My vlooi hond help!

Post by Rianc »

Mud-dog, my erf is net so groot en bly naby 'n spruit. So ek het tientalle van die hah ha diedas wat elke dag daar kom land. My hone steur hulle ook nie aan die voels nie. Nogals interresant!
User avatar
Stef
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3125
Joined: Mon Jan 25, 2010 12:54 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '98 LTD
Real Name: Stefan
Club VHF Licence: X107

Re: My vlooi hond help!

Post by Stef »

Also have an outbreak of fleas north of the Magallies...but our lab has very little if any trouble with the fleas, we think it is due to the daily swimming in the pool...chlorine probably scares them off.

Also used the Chlorpirifos...works like a charm, but I only spray garages, store room, concrete aprons etc where I found them breeding in the dust
User avatar
pietdevs
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 253
Joined: Fri Feb 11, 2011 12:29 pm
Town: Mosselbay
Vehicle: Toyota Land Cruiser Troopy
Real Name: Pieter
Location: Mosselbay
Contact:

Re: My vlooi hond help!

Post by pietdevs »

Probeer Quadrepel van Intervet - die beste in die Weste. Ek gebruik dit na 'n vlooi investasie en het die oorlog dadelik gewen.
Rianc
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 707
Joined: Fri Jul 22, 2011 11:27 am
Town: Pretoria
Vehicle: 2.8GD6 Double CabHilux 4X4
Real Name: Rian
Location: Wonderboom Suid

Re: My vlooi hond help!

Post by Rianc »

Is dit hoekom daar so min vis is in mosselbay? :taunt: :surrender: Dankie sal hierna ook kyk op my lys
User avatar
Tonto
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 201
Joined: Wed Feb 20, 2008 8:45 am
Town: Paarl
Vehicle: 96 Hilux 2.4 efi DC SFA, Gomad canopy,
Real Name: Andre
Location: Paarl

Re: My vlooi hond help!

Post by Tonto »

Die Frontline of generiese gelyke werk oor n lang periode,maar werk op die ou end uitstekend. My honde is al jare vlooivry en ons gebruik net dit. Eers Frontline en nou die generiese een. Indie begin kan jjy dalk iets anderrs bysit maar die fline werk sistemies en steriliseer die boggers. Hulle vrek nie noodwendig nie maar hulle het minder kinders as die Chinese.
User avatar
pietdevs
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 253
Joined: Fri Feb 11, 2011 12:29 pm
Town: Mosselbay
Vehicle: Toyota Land Cruiser Troopy
Real Name: Pieter
Location: Mosselbay
Contact:

Re: My vlooi hond help!

Post by pietdevs »

Die vis is min want die regering het die vispermitte opgeneuk!
Post Reply

Return to “Open Discussion”