My ou vaal Hilux is omtrent die blinkste ding in my wereld!

Post one picture of your Hilux, no text please
Post Reply
User avatar
A3AN
Newbie
Posts: 6
Joined: Tue Oct 19, 2010 10:06 am
Town: Centurion
Vehicle: 1989 Toyota Hilux DC
Real Name: Adriaan
Location: Centurion

My ou vaal Hilux is omtrent die blinkste ding in my wereld!

Post by A3AN »

My Hilux
Attachments
Inharime - Inhambane - Moz
Inharime - Inhambane - Moz
Getting the tires ready for the drive back to SA.
Getting the tires ready for the drive back to SA.
Hilux on my plot near Tofo - Inhambane - Moz
Hilux on my plot near Tofo - Inhambane - Moz
Inhambane - Moz
Inhambane - Moz
User avatar
CasKru
Moderator
Moderator
Posts: 23956
Joined: Tue Dec 04, 2007 11:52 am
Town: Benoni
Vehicle: '94 Hilux Raider 2.4i (22RE) DC 4x4
Real Name: Cassie
Club VHF Licence: B15
Location: Rynfield

Re: My ou vaal Hilux is omtrent die blinkste ding in my were

Post by CasKru »

Welcome Adriaan
To God be the glory
Traveler
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5311
Joined: Fri Feb 26, 2010 7:11 am
Town: Springs
Vehicle: Pathfinder 2.5 LE AT
Real Name: Heinrich
Club VHF Licence: X81
Location: Gauteng
Contact:

Re: My ou vaal Hilux is omtrent die blinkste ding in my were

Post by Traveler »

Baie welkom Adriaan, mooi Hilux.
Image
Image

Know what you don't know.
User avatar
Turbo
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 345
Joined: Thu Oct 04, 2007 8:23 am
Town: Brackenfell Cape Off-road Country
Vehicle: Range Rover Classic 3.5 V8
Real Name: Jaco

Re: My ou vaal Hilux is omtrent die blinkste ding in my were

Post by Turbo »

Welkom Adriaan :yahoo: :dance1:

Mooi Hilux. :thumbup:
Ek wil nog baie graag daardie gedeelte van die wereld besoek. :bye:
.Only when we are no longer afraid,do we begin to live
www.capeoffroad.co.za
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: My ou vaal Hilux is omtrent die blinkste ding in my were

Post by OOOOMS »

Baie welkom Adriaan, vertel bietjie meer van die voertuig?
User avatar
swartvark
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2051
Joined: Mon Jan 11, 2010 2:03 pm
Town: Gordons Bay
Vehicle: SFA HiLEX V8; Suzuki GSF1200s Bandit
Real Name: Tiaan
Location: Western Cape

Re: My ou vaal Hilux is omtrent die blinkste ding in my were

Post by swartvark »

Welkom Adriaan!!
Ek laaik daai Lux, hy lyk lekker rof en ombeskof!!! :thumbup: :thumbup:
Image
MUD........GLORIOUS MUD!!!!!


Your friendly VW salesperson......(with a passion for SFA Hiluxes)

NEED A CAR?
talk2tiaan@gmail.com
0829294028
User avatar
A3AN
Newbie
Posts: 6
Joined: Tue Oct 19, 2010 10:06 am
Town: Centurion
Vehicle: 1989 Toyota Hilux DC
Real Name: Adriaan
Location: Centurion

Re: My ou vaal Hilux is omtrent die blinkste ding in my were

Post by A3AN »

Dankie @ Swartvark. Ek het hom laas jaar Oktober gekoop op Gumtree vir 45K. Hy was gebruik op rallies en offroad events. Ek het 'n hele klomp trofees en sertifikate gesien wat met hom gewen is. Hy was ook vol stickers gewees maar die het ek stelselmatig (met 'n moerse gesukkel) afgetrek. Ek was in India daai tyd maar ek het hom toe laat aflaai by Ultimate 4x4. Hulle het "allerande dinge" (meganies) fout gekry wat aandag nodig gehad het. 'n Plaas se geld later toe het ek hom terug. Ek het toe ook 'n rollbar opgesit en die agterligte vervang nadat 'n palm in mosambiek agter my ingespring het. (Daar was moontlik 'n paar koues betrokke) So paar maande terug probeer ek hom deur die toets sit en toe vind hulle fout met die ligte (brights werk nie), hooter werk nie en die handrem briek nie die wiele binne aanvaarbare waardes nie. Het toe die kar weer terug gevat U 4x4 toe. EK het gevra dat hulle sommer weer 'n standaard hilux stuurwiel opsit met 'n werkende hooter en die bedrading check sodat ek hom deur die toets kan sit. Ek kry die bakkie toe terug met 'n baie klein Sparco stuurwiel wat jy sekerlik go-carts mee kan jaag maar definitief nie 'n swaar 4 x 4 mee kan maneoevre nie. Hy't my ook R2200 gekos. Intussen het die stuurwiel losgekom (los skroewe), stuurkolom se plastiek panele uitmekaargeval (los skroewe), wheel nuts afgeval (los moere ontdek op al die wiele) en die agterste brieklig doodgegaan (swak bedrading) . Daarna was ek eintlik heeltemal g@tvol vir daai plek se absolute swak werkmanskap maar ek sal nie my tyd mors om weer met hulle te redeneer oor die foon nie. Hulle is useless - PUNT. (Ek sien hulle is ook hier op die forum.)

Met die bogenoemde issues met die kar is ek nog steeds baie happy met hom. Hy ry waar ek wil he hy moet en is sover redelik reliable. (Behalwe die keer toe die hoof ligte afgegaan het in 'n storm oppad mosambiek toe [nadat my bakkie "basies heeltemal gerewire is"] - Thanks Ultimate 4x4).

Needless to say, my kar is nog nie deur die toets nie. Ek is baie min in die land so dit is moeilik vir my om die nodige dinge op te volg. Ek het 'n ou se nommer gekry by Auto Zone wat vir my na alles kan kyk en dan gaan ek ook moontlik dat hy die enjin met 'n nuwe 4Y vervang. Dit is jammer dat ek my +-40K by die verkeerde mense spandeer het maar nou ja. Dalk doen hierdie ou my nie in nie. Ek vlieg juis nou Donderdag weer Sri Lanka toe so ek gaan die bakkie probeer aflaai voordat ek vlieg. Moontlik as ek dan Desember weer in SA is kan ek net die tenk volmaak en Mosambiek toe ry. Ons is al 11 mense wat gaan so ek kan nie wag om my bakkie weer aan te wend vir die rede waarvoor ek hom gekoop het nie.

So, dit is die history van my bakkie.
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: My ou vaal Hilux is omtrent die blinkste ding in my were

Post by OOOOMS »

Dis 'n sad storie om die minste te se :shock:

Waar in Moz gaan julle gewoonlik en of Dec?
User avatar
A3AN
Newbie
Posts: 6
Joined: Tue Oct 19, 2010 10:06 am
Town: Centurion
Vehicle: 1989 Toyota Hilux DC
Real Name: Adriaan
Location: Centurion

Re: My ou vaal Hilux is omtrent die blinkste ding in my were

Post by A3AN »

Ah well shthappens... Dit is my skuld ook want ek moes die goed uit India uit try reel. Anyway, dis geskiedenis. Ek wil hom nou net nog in die kondisie kry waarin ek hom wil he. 'n Verdere 40K sal dalk die ding doen.

Ponta
Ons was al 'n paar keer in Ponta (heel suid in Moz, teenaan SA grens). Die scuba duik was nie te bad nie en ons kon 'n redelikeklomp haaie sien. Die mense en die omgewing was alright maar nie so vriendelik soos verder noord nie. Ons travel gewoonlik met U$ en die dive operator wou dit nie vat nie. Ons het ook met Moz Meticais try betaal maar dit wou hulle ook nie he nie. Moes toe 'n perd opsaal om rande te kry want di's al wat die dive operator wou aanvaar. Seker daar is 'n wet daarteen... Dit het vir my bietjie soos Hatfield maar langs die see, gevoel en ek het Ponta persoonlik nie baie geniet nie. As ek lus is vir norse mense ry ek somer net Sandton toe want di's baie nader.

Xai-Xai
Bietjie verder noord kry jy xai-xai. Kleinerige dorpie waar nie versktiklik baie aangaan nie. Was vir my baie boring daar en is about een van die laaste plekke waar ek sal vakansie hou. Voel so bietjie soos 'n aftree oord.

Quisico
Nog verder noord kry jy Quisico. (Vernoem na lake quisico/ vice versa) Die grootste deel van Quisico is aan die binne kant van 'n "vars(erig)" water meer. Daar is 'n paar lekker rustige kuier plekkies en dit is nogal mooi langs die lake. Dan aan die ander kant van die lake (Tussen die lake en die see) is daar 'n paar decent lodges wat nogal nie te bad is nie. Ek stel 'n decent 4x4 voor om daar uit te kom. Die Kia Rio gaan dit nie maak nie. (Trust me, ek het getry met die AVIS een!) Ons was al op tye daar gewees wat daar about niks mense is nie. Hang af watse tipe vakansie 'n mens wil he maar regtig nie te 'n bad plek overall nie. Bietjie te rustig vir my.

Inhambane Peninsula (Tofo)
Dit bring ons by my favourite plek - Tofo/Barra Peninsula. Dit is hier waar jy die perfekte mix buitelanders (vanaf reg oor die wereld) en Suid Afrikaners kry. As jy enigsins belang stel in duik is hierdie sekerlik een van die noemenswaardigste plekke in die suidelike deel van Afrika se Oos kus. Daar is kilometers swemstrande, tientalle wereldklas riwwe en die area word gekenmerk aan hoe volumes manta rays en whale sharks. Vir die wat nie 'n scuba kursus agter hulle naam het nie kan vir 'n "ocean safari" gaan. Dit behels snorkel in dieper water saam met whale sharks/manta rays(redelik sku)/dolfyne. Groepe Orcas word ook van tyd tot tyd hier opgemerk maar ek dink nie jy wil dan in die water inspring nie. (sover ek weet :-) ) Baie mense vat ook hulle bote uit in die area want soos ek verstaan, is dit 'n prime spot vir diepsee visvang. Ek het nog nie kans gekry om dit self te experience nie. Boonop alles het die peninsula blyplek wat cater vir enige vakansie ganger. Hier is enige iets van luukse lodges (Flamingo bay), vakansie huise wat te huur is of spotgoedkoop backpackers (Fatima's).

Ek het al in Tofo gewerk op een van ons IT projekte en het ook al telkemale soontoe gegaan op vakansie. Oor die loop van tyd het die plek baie spesiaal vir my geword so ek beveel dit sterk aan as julle Moz se rigting wil gaan. Ek het ook self daar invest en is al 3 jaar besig met die ontwikkeling van die plot. Die pad soontoe is goed genoeg vir selfs 'n Kia Rio (AVIS huur karre kan amper orals ry!!!)maar ek stel nog steeds 'n decent 4x4 voor om by van die (nicer) plekke uit te kom. Hulle was laasjaar Desember besig om amper die hele pad op te knap vanaf Maputo tot in Inhambane. Indien jy nie lus is vir die +-15ure se ry vanaf Pretoria (My bakkie is stadig, jy kan dit baie viniger ry maar ek kan nie daaroor uitpraat nie - AVIS het vinnige karre ook...) kan jy sommer Inhambane International airport toe vlieg uit Lanseria of JHB. Inhambane (die dorpie) het 'n klomp ATM's , decent winkels , klomp petrol stasies en selfs 'n mechanic of tien wat ligte herstelwerk op motors kan doen. Ek kan julle in kontak sit met iemand wat in Tofo bly indien julle meer info rakende die area benodig.

Ek was nog nie verder noord (kuslangs) nie maar ek kan julle verseker dat daar nog (meer?) awesome plekke verder noord is. Mosambiek het 2470Km se kuslyn (Sa het 2800Km). Ek beveel mosambiek as vakansie plek en 4x4 speelgrond baie hoog aan. Dit sal interesant wees om ook te hoor wat die ander mense te se het oor die genoemde plekke en dalk ander plekke soos Vilanculos, Pemba en plekke soos die Quirimbas. Hoop hierdie help darm bietjie. Ek kan moontlik 'n boek vol skryf van Mosambiek, maar die het julle sekerlik agtergekom.
:beach:
Attachments
Quirimbas_beaches.sized.jpg
Last edited by A3AN on Wed Oct 20, 2010 5:54 pm, edited 1 time in total.
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: My ou vaal Hilux is omtrent die blinkste ding in my were

Post by OOOOMS »

Dankie :thumbup: Ek sien jy hou van skryf en geniet Moz :thumbup:

Dalk moet jy vir ons 'n lekker trip report skryf van al die moet's en moenie's :thumbup: Is daar nog korrupsie met die polisie en customs by die grens poste?
Ou vale1
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1156
Joined: Fri Jun 04, 2010 5:57 pm
Town: Heidelberg
Vehicle: Hilux 2.5 D4D
Real Name: Koos
Location: Heidelberg

Re: My ou vaal Hilux is omtrent die blinkste ding in my were

Post by Ou vale1 »

:wave: Welkom Adriaan. Ou Vale II?
User avatar
Bosfebok
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 870
Joined: Thu Oct 01, 2009 8:55 am
Town: Roodekrans
Vehicle: 1995 Hilux Raider 2.2
Real Name: Otto
Club VHF Licence: X248
Location: Roodekrans

Re: My ou vaal Hilux is omtrent die blinkste ding in my were

Post by Bosfebok »

Welkom Adriaan. Nice Lux! :thumbup:

Hoop jy geniet dit hier saam met ons op die forum.
Otto X248
1995 Hilux Raider 2.2 EFI Turbo DC
Alucab Canopy with Kitchen and Recovery sections
National Luna Split Charge system and Dual Battery
80W solar panel and MPPT controller
20.5" LED BAR
5ton tow bar with recovery points
Nudge-M front bumper
80l Long Range Fuel Tank
90l Water Tank
Slide Drawer System
Safari Snorkel
Double Lockers - Toyota Electric selectable
Diff breathers
The worst anti hi-jack alarm system ever, SANJI!!

A bad day out is still better than a good day in!!
User avatar
Stef
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3125
Joined: Mon Jan 25, 2010 12:54 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '98 LTD
Real Name: Stefan
Club VHF Licence: X107

Re: My ou vaal Hilux is omtrent die blinkste ding in my were

Post by Stef »

Kry skoon hoennervleis oor daai turqoise water...

Was in April '97 daar saam met 'n vriend (was nog 'n student toe) en sy pa-hulle. Inhambane lyk nou amper mooier as wat ek onthou!
Ons het tot in Morungulu gegaan, so 600km noord van Maputo; het 'n lodge en self catering-eenhede gehad, of dit nog bestaan weet ek nie.
Die sand daar is ook anders , klink of mens op polystyrene ry :lol:

Sal graag weer wil gaan, maar nog nie die guts gehad om die trip aleen aan te pak nie :oops:
User avatar
A3AN
Newbie
Posts: 6
Joined: Tue Oct 19, 2010 10:06 am
Town: Centurion
Vehicle: 1989 Toyota Hilux DC
Real Name: Adriaan
Location: Centurion

Re: My ou vaal Hilux is omtrent die blinkste ding in my were

Post by A3AN »

Grens Korrupsie
Daar is nog korrupsie in Moz, ja. Die laaste keer toe ek op gery het was daar 'n groot fan nog in sy boks onder 'n seil agter op my bakkie. Hulle het gese dit is nuut en dat ek dit kan verkoop. Ek het dit ook nie gedeclare (my fout) op die vormpie wat ek ingevul het nie. Ek het nie gedink hulle sal rerig check nie. Gewoonlik doen hulle nie maar die keer het hulle. Dus sou ek julle aanraai om al die groot goed wel te declare voordat hulle fisies check (Na SA en Moz customs). Ek het weggekom met onder 'n honderd rand "boete" (en 'n koeldrank) maar ek is seker hulle kan druk vir meer en baie van jou tyd mors as hulle wil. Ek praat bietjie portugeus en het in Moz gewerk vir so jaar en 'n half altesaam so ek weet ook redelik goed hoe om vinnig uit so situasie te kom. (Ek travel voltyds vir my werk vir meer as 6 jaar al, meestal Afrika). Nie lank nadat jy deur die grenspos (Komatipoort in moz in) ry kry jy 'n garage aan jou regter kant. Jy kan 'n koue bier daar koop en sodoende dalk jou vakansie op die regte noot begin. (Net 1 bier, jy wil nie iemand raakry in Moz onder die invloed nie). Ek het my fantastiese pakwerk blameer vir die feit dat hulle nie die splinternuwe 7.5 KVA generator gesien het nie. Hy was so bietjie toegepak...

Pad Korrupsie
Probeer maar so bes moontlik by die land se spoedgrense hou. Daar is baie plekke waar jy moet afslack van 120 na 20 (of something) en die polisie geniet om hier te sit en wag. Dit is verskriklik iriterend en dit beinvloeddefinitief die petrolverbruik baie negatief. Hulle het actually spoed radar en laser guns so hulle kan jou vang voordat jy hulle sien. Die fines is nie so groot nie en ek sal julle aanraai om dit daar op die spot uit te sort. Wees vriendelik! 'n Million dollar smile spaar jou dalk 12 biere se geld. In my boekies is dit die moeite werd. Maak nie saak of hulle reg of verkeerd is nie, jy wil nie jou vakansie spirit skade aan doen oor R100 of R200 nie. Fact of the matter, as jy 'n wed oortree moet jy betaal. Op die manier kom die geld dalk actually by iemand uit wat dit meer nodig het. Jy weet watse fancy karre ry die manne hoor op...

Polisie/speedcop lifts
Partykeer is daar polisiemanne wat 'n lift soek, laai hulle op as die kar leeg is (en hulle nie dodgy lyk) en wees vriendelik met hulle! As hulle by jou in die kar is sal jy nie speedfines kry indien jy afgetrek word nie. Sodoende kan jy dalk oorsit vyfde toe en ontslae raak van die ergste stof op die motor. My ervaring is dat hulle speedcops nie meer korrup is as ons ouens nie. EK het my ingebore rasisme na jare se travel ook basies heeltemal ontgroei. Onthou jy is in hulle land... (Ek praat van Moz)
(Waarskuwing) Daar was een of twee gevalle waar families beroof was maar dit was nie op die hoof paaie en dit was amper definitief 'gangs' van een van die naburige lande. Wees altyd bedagsaam en probeer om in konvooie te ry, al is dit mense wat jy nie ken nie. Ek doen dit inelkgeval sodat ek kan sien waar om af te slack as die speedcops hulle (in hulle groot F350's) 200m voor my aftrek... :lmao:

Maputo-Inhambane pad
Die pad self tot in Inhambane is nie te bad nie. Soos ek gese het is hulle besig om groot dele daarvan op te knap. Laas jaar Desember het ons sekerlik vir 'n uur of twee op sand gery want hulle het die ou pad tot op fondament uitgeruk. Dit is bietjie stowwerig en kan dalk bietjie (baie) modderig raak as dit reen maar daai pad is enige bakkie se kos. Ons het gemaklik 120 gery (totdat daai taxi voor ons ingery het en ons agtergekom het hoe lank dit vat om 'n paar ton te stop op gekompakteerde sand). Daar was ook geen "sinkplaat" dele nie. Ry maar inelkgeval versigtig op die pad, ek het al groot trokke sien vassit op die sagte sand op die skouer van die pad... Bly in die ander manne se spore want die sand word KLIPHARD gery. (As dit droog is)

Petrol
Maak seker jy weet hoe ver jy kan ry met jou swaar vrag. Ek was 'n paar keer amper uitgevang want sekere dele moet 'n mens baie ver ry voordat jy 'n garage kry. My bakkie met sy standard tenk en +-5Km per liter maak dit nie tussen sekere garages in Moz nie. Dus, kry at least twee jerry cans en hou hulle vol. Jy WIL NIE gaan staan oppad op vakansie, of oppad terug nie. Al die garages het ook nie altyd petrol nie! Ek kan jou darm bietjie gerusstel, indien daar iets op die pad (EN1) gebeur dat een van die vriendelike Pretoria manne sal stop om te help. (hier's baie SAfafricans op die pad binne seisoen). Die Johannesburg ouens met die groot bote en hulle Ford F350's stop nie sommer nie, so don't bother.

Water
Maak seker jy het altyd 'n bottel water of 3 in jou kar. Vir drink en ook vir jou window washer water bottel. Ek het al uit water uitgehardloop terwyl ek basies direk in die son in moet ry met 'n vuil ruit. Dit kan BAIE gevaarlik wees! Drink ook genoeg water, jy wil nie dehidreer nie!

Geld
Ek sou julle aanraai om dalk nie 100% te rely op banktellers in Moz nie. Die werk gewoonlik maar ek het altyd issues met my spaar en tjekrekening kaarte. Vir een of ander rede gaan die geld af by my tjekrekening as ek met my spaarrekening kaart geld trek. Nog steeds 'n mystery vir my??? Hou jou beursie ook styf vas en moenie die elemente uit lok nie. Petty crime is orals volop. As jy in Nelspruit stop vir petrol en 'n koffie, en jou beursie met R10 000 in die kar los, sluit die kar! As jy vergeet gaan hy voete groei en vinniger as wat jy "Bliksem!!!" kan se verdwyn. Die manne weet die vakansie gangers ry met geld. Ek het 'n baie duur les geleer want ek het my beursie so verloor (met +-R10 000) en my lisensie. Ek moes toe terug ry Pretoria toe vir 'n nuwe een wat 2 dae van my vakansie tyd gekos het... (teen 5km / 1L petrol is dit ook 'n duur exercise.)

Copies van belangrike dokumentasie
Maak kleur copies van jou kar se papiere, paspoort (bl waar jou foto sigbaar is) en jou drivers license. Laat dit sertifiseer en stempel by die polisie kantoor in SA. Laminate dit dan en bere dit somewhere in jou kar. Gebruik die copies waar moontlik wanneer daar gevra word vir die dokumente.


Diversity Scuba op Facebook. Jy hoef nie te join om te kan view nie:
http://www.facebook.com/home.php#!/grou ... 0320243523" onclick="window.open(this.href);return false;

Muakelani Tofo Excursions. Baie goeie vriende van my wat iets spesiaal vir eco-concious aanmekaar kan sit
http://www.facebook.com/home.php#!/page ... 7165819636" onclick="window.open(this.href);return false;

Explore gerus die area met google earth. (Jy is inelkgeval 'n grotbewoner as jy nog nie die program gebruik het nie. Baie easy!!!)
http://www.google.com/earth/index.html" onclick="window.open(this.href);return false;


Hierdie is omtrent waaraan ek nou kan dink, sal nog goed bysit as ek aan iets dink. Vra gerus indien julle meer info oor iets spesifieks wil he, ek deel graag. Ek ry weer op Tofo toe rondom die 26ste Desember. Laat weet gerus as daar iemand is wat bietjie bang is vir die tog dan ry julle agter my aan. Ek gaan so lank bly as wat my geld hou en my baas nie uitvind ek's aiwall nie... :tease: (+-3 weke)
Attachments
+- 3Km South of Tofo
+- 3Km South of Tofo
Quisico Lakes (before I had my lux)
Quisico Lakes (before I had my lux)
Flamingo bay - North of Tofo
Flamingo bay - North of Tofo
Inharime (good roads)
Inharime (good roads)
Sunrise over Tofo.
Sunrise over Tofo.
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: My ou vaal Hilux is omtrent die blinkste ding in my were

Post by OOOOMS »

Dankie vir al die skryf moeite en pics, seker iemand sal dit handig vind :thumbup:
User avatar
Blackadder
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 306
Joined: Mon Sep 13, 2010 8:12 am
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Fortuner 3.0 D4D, Ironman Bumper, OME, Dual Battery, BFG'S, TJM Snorkel, Navstar 220 29mhz radio, LAS Pro Rear Bumper, Frontrunner Roofrack
Real Name: Thinus
Club VHF Licence: X82
Location: Centurion

Re: My ou vaal Hilux is omtrent die blinkste ding in my were

Post by Blackadder »

Ai...daar is darm maar min goed wat so lekker ry soos 'n AVIS bakkie :shifty: ...Welkom Adriaan....dankie vir al die info...
Image
User avatar
Mud Dog
Moderator
Moderator
Posts: 29856
Joined: Tue Apr 29, 2008 2:18 am
Town: East London
Vehicle: '90 SFA Hilux DC 4X4, Full OME, 110mm lift. Brospeed branch, 50mm ss freeflow exhaust. 30 x 9.5 Discoverer S/T's on Viper mags. L/R tank. (AWOL) '98 LTD 2.4 SFA, dual battery system. Dobinson suspension, LR tanks, 31" BF mud's.
Real Name: Andy
Club VHF Licence: HC103

Re: My ou vaal Hilux is omtrent die blinkste ding in my were

Post by Mud Dog »

Adriaan, just a quick pointer ... if you have the motor replaced with a new FongKong 4Y, make sure that they keep the old original motor for you. It's very possible that you will need it in the future .... have it rebuilt with genuine parts and keep it aside so it's ready when you need it. With the distances that you're travelling, you might reach the end of the FongKong's life in a relatively short space of time (about 150 000 km's if you're lucky). ;-)
When your road comes to an end ...... you need a HILUX!.

Image
Image

Life is like a jar of Jalapeño peppers ... what you do today, might burn your ass tomorrow.
Don't take life too seriously ..... no-one gets out alive.
It's not about waiting for storms to pass. It's about learning to dance in the rain.
And be yourself ..... everyone else is taken!
User avatar
swartvark
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2051
Joined: Mon Jan 11, 2010 2:03 pm
Town: Gordons Bay
Vehicle: SFA HiLEX V8; Suzuki GSF1200s Bandit
Real Name: Tiaan
Location: Western Cape

Re: My ou vaal Hilux is omtrent die blinkste ding in my were

Post by swartvark »

Wow, thanks vir al die info Adriaan!!!
Jy kan maar nog fotos plaas.
Meeste van ons verstaan net prentjies. :D:

Jy's baie lucky dat jy so baie kan travel!! :sick: :sick: :D:
Image
MUD........GLORIOUS MUD!!!!!


Your friendly VW salesperson......(with a passion for SFA Hiluxes)

NEED A CAR?
talk2tiaan@gmail.com
0829294028
Post Reply

Return to “Pictures Only - Post a pic of your Hilux”