Page 1 of 1

RAAD ASB.

Posted: Tue Dec 20, 2016 4:31 pm
by TertiusK
Hi almal.

Ek soek raad by die manne met ondervinding asb.

Sondag oppad huistoe vanaf Gouritsmond het my 1990 2.4D DC net krag verloor en wit rook uitgegooi. Gelukkig was ek op die hoogste punt van Robbertson pas en kon "free" tot by die waterval waar ek afgetrek het. (Ek moes plek plek 2de toe sit want hy sukkel maar teen die bulte uit en alhoewel die enjin baie warm was, was hy nooit in die rooi nie)

Ek het opgelet dat die pyp tussen die enjin en airfilter so gesuig is dat dit die gat op die enjin blok en nie lug deurlaat nie. Iemand het by my gestop en gese ek moet die pyp afhaal en so ry tot by die huis want dis teerpad en hy sal nie baie stof optel nie. Ek het nie baie van daai idee gehou nie en het die pyp korter gesny en hom weer opgesit en so gery tot in Oudtshoorn. So 3 kilos voor my huis het hy weer krag verloor en tydens ondersoek het ek gesien hy blok weer die lug. Ek het toe eenvoudig n gat in die pyp gesny en stadig gery tot by huis. Hier gekom het ek gesien dat daar olie op die driveway sommer so n streep agter die bakkie loop soos ek gery het.

Ek het gister so bietjie gaan krap en gesien dat die olie moontlik van die crankseel afkom. (Hy het voor dit sulke klein druppeltjies gelek maar bitter min) Dis die storie nou wil ek volgende vra:
1. Ek het die bakkie gekoop met daardie pyp op, kan dit wees dat die pyp dalk te warm geraak het en sodoende toegesuig het.
2. Kan dit wees dat my airfilter te vuil is en dat die enjin die pyp so gesuig het om lug in die enjin te kry.
3. Kan die oorsaak van die olie wat so kwaai uitgeloop het wees omdat die olie in die enjin baie warm geraak het en so dun was dat dit erger gelek het as voorheen en toe oral onder die enjin ingeloop het. Daar is steeds baie olie in en hy lek weer klein druppeltjies.

Ek kry nie so n pyp hier op Oudtshoorn nie en hierdie tyd van die jaar maak almal omtrent toe. Kan ek dalk tydelik van daai filters wat lyk soos K&N posit of gaan daai kite nie vlieg nie. Ek is tiepe in die bollie want my boot en kampgoed is alles nog op Gourits. Ek moes weer kom werk tot 29 Desember dan gaan ek weer verder kamp. Het die bakkie nodig om my goed mee terug te bring :slap:

Skuus vir die lang storie, enige raad sal waardeer word.

Re: RAAD ASB.

Posted: Tue Dec 20, 2016 5:42 pm
by Mud Dog
You wrote:1. Ek het die bakkie gekoop met daardie pyp op, kan dit wees dat die pyp dalk te warm geraak het en sodoende toegesuig het.
2. Kan dit wees dat my airfilter te vuil is en dat die enjin die pyp so gesuig het om lug in die enjin te kry.
3. Kan die oorsaak van die olie wat so kwaai uitgeloop het wees omdat die olie in die enjin baie warm geraak het en so dun was dat dit erger gelek het as voorheen en toe oral onder die enjin ingeloop het. Daar is steeds baie olie in en hy lek weer klein druppeltjies.
• 1 Dalk is dit 'n contributing factor.
• 2 Dis heel waarskynlik waar die probleem stem.
• 3 Kan wees, maar ek dink dis nou tyd om die seël te vervang. Waarna loop die crankcase ventilation pyp? As daar nou beter lug vloei was nadat jy 'n gat gesny het, en dus minder vacuun in die inlaat pyp, dan suig die crank ventilation ook minder. Dit kon miskien wees dat daar met die gestopde lug filter 'n negatiewe druk (of minder druk) in die crankcase was en dus loop die olie nie baie by die seël verby.

:winkx:

Re: RAAD ASB.

Posted: Tue Dec 20, 2016 8:07 pm
by TertiusK
Baie dankie Andy.

Toe ek die olie sien toe is my eerste gedagte daars my bakkie waaroor ek so windgat is pad op. Het eers Saterdag opgelet hy drup bietjie uit die crankseal anders was hy lankal reg. Net n week terug die samplek laat herstel toe is daar niks aanduiding by die crankseal van lekke nie.

Waardeer jou terugvoer. Lekker aand verder