Moes 3 keer teen die pas op stop met die ratkas oorverhit waarskuwingsliggie wat aankom. Was in 4 trek hoog met ratkas in auto stelling. Gemiddelde dieselverbruik sukkelend teen die pas op was 1.7 kilometer per liter @ 30 - 40 kpu
![Crazy :crazy:](./images/smilies/icon_crazy.gif)
Kontak vir handelaar Maandagoggend en hulle beveel aan dat ratkas uit "Drive" uitgehaal word en "Manual" gery word in sulke gevalle. Maak nie saak of die voertuig in 4x4 of 4x2 is nie....Beveel ook aan dat die ratkasolie vervang word deurdat dit warm geraak het. Daar is geen diensintervalle vir die ratkasolie nie. Word net vervang indien daar 'n probleem was.
Die episode was vir my 'n teleurstelling...het nog nooit vantevore soorgelyke probleme ondervind met my vorige voertuie nie.
'n Werktuigkundige vriend van my beveel aan dat ek 'n eksterne olieverkoeler laat monteer...
Opmerkings of voorstelle?
Nic