Die gazebo in daai prentjie van my is 'n BushTec Rhino Gazebo (
http://www.takealot.com/bushtec-gold-ra ... ID32791655). Ek het nou 'n 5mx3m een gekoop vir Team Offroad. Die pryse is nie te dronk nie, en al die zips en goed is klaar vasgewerk vir die sykante, wat jy ekstra moet bykoop... Gerrie het hom laasnaweek gaan toets, en volgens hom slaan hy binne 10 minute op.. Daar is ander wat presies dieselfde werk, en net so goed is, shop maar rond vir die beste pryse. Ons het as deel van ons kamp setup ook 'n 3mx3m Howling Moon wat met 'n extension aan ons dome tent vaskom, heeltemal wind en waterdig...
Hier is wat oorgebly het van ons laaste quick-erect gazebo by Augrabies toe dit bietjie gereen het. Hy het oor nag water geskep, en toe collapse die hele besigheid..
Die tent wat ek vir Kevin gee is ons vorige dome tent. Om mee te begin was dit 'n R500 Makro tent, en ons gaan hom glad nie meer gebruik nie, ek gee hom eerder vir iemand wat dit nodig het as wat ek dit weggooi, of die moeite en tyd spandeer om dit op Gumtree te adverteer, en myself oopstel vir allerhande rampokkers....
Serious reen naweek... en ons het droog geslaap...
Dit was juis 'n oefening om ons kamp toerusting te gaan "weather test".. Julle kan meer lees oor daai trippie hier:
viewtopic.php?f=4&t=30267&hilit=riemvasmaak&start=0" onclick="window.open(this.href);return false;