Ek het van gister af weer ge google en gesoek, elke thread wat ek kon kry deurgelees en videos gekyk, ek kon nerens iets kry van iemand wat die voorste standaard tow points op die Vigo al afgebreek het nie of enige probleme ervaar het nie. Maar daar is altyd 'n eerste keer vir als.
Wat my pla is:
1) die loops/tow points is vas geweld, en mens weet nooit of het hy begin roes aan die binne kant nie? Ek het baie gesien van towbar hakke ens waar die welding geroes was en afgebreek het.
2) Die subframe/ chassis gedeelte (wat mens dit ookal noem) waar die towpoint aan vas geweld is, is nie baie dik en sterk nie, en is ook vasgeweld aan die main frame van die chassis. Nog n onsekerheid oor n weld en daar is baie videos waar bumpers, bullbars, towbars en Jeeps se hele gatkant afgeruk is deur n snatch recovery, dan wonder ek of daai dun chassis subframe gedeelte dit sal oorleef.
![Image](http://img.tapatalk.com/d/13/11/15/yruneduh.jpg)