Bad luck
Posted: Sun Jul 21, 2013 9:14 am
Ek kon nie die naweek saam gaan vark jag soos gewoonlik nie want die plek waarvoor ek werk het in samewerking en op aanvraag van Volkswagen hier op Vryheid n Amarok 4x4 dag gehou wat toe baie suksesvol uitgedraai het. Ek het twee 4x4 Hilux trokkies en wil niks anders he nie maar die Amarok het my verbaas. Die trokkies het nogal goed gedoen. Maar dit daar gelaat , my neef Johannes het toe die fotos gebring om vir my te wys wat op die jag gebeur het. Die vark in die eerste foto het 101kg geweeg. Johannes het op sy eie vyf van die tien varke geskiet.