Page 1 of 1

Lede en hulberoepe

Posted: Thu Feb 14, 2013 10:35 am
by stephanvaneeden
Wat van 'n lys met lede se name, beroepe, areas en kontak besonderhede.
Dan kan die groot familie mekaar mos ondersteun as mens goed nodig het.

Re: Lede en hulberoepe

Posted: Thu Feb 14, 2013 10:39 am
by ChrisSwart
Klink vir my soos 'n great idee.

Re: Lede en hulberoepe

Posted: Thu Feb 14, 2013 10:42 am
by CasKru
Kan nice wees maar jy gaan jouself oop maak vir spammers as dit op die oop forum is

Re: Lede en hulberoepe

Posted: Thu Feb 14, 2013 10:45 am
by Thabogrobler
Is daar nie erens so thread nie van lank, lank gelede?

Re: Lede en hulberoepe

Posted: Thu Feb 14, 2013 10:46 am
by CasKru
Thabogrobler wrote:Is daar nie erens so thread nie van lank, lank gelede?
Soort gelyk ja maar net kontak details... nie watse werk ens nie (dit is nou wat ek onthou)

Re: Lede en hulberoepe

Posted: Thu Feb 14, 2013 10:47 am
by stephanvaneeden
En as ons dit net vir club lede maak ?

Re: Lede en hulberoepe

Posted: Thu Feb 14, 2013 10:49 am
by stephanvaneeden
Sien hoekom ek vra, ek ontmoet oral van die club lede en elkeen doen 'n ding om die rekeninge te betaal en te speel natuurlik. As ek mos gebruik maak van een van die club lede om iets te doen, dan staan ons mekaar mos by.

Re: Lede en hulberoepe

Posted: Thu Feb 14, 2013 10:53 am
by Thabogrobler
stephanvaneeden wrote:Sien hoekom ek vra, ek ontmoet oral van die club lede en elkeen doen 'n ding om die rekeninge te betaal en te speel natuurlik. As ek mos gebruik maak van een van die club lede om iets te doen, dan staan ons mekaar mos by.
Jip, kan werk!

Re: Lede en hulberoepe

Posted: Thu Feb 14, 2013 10:53 am
by CasKru
stephanvaneeden wrote:En as ons dit net vir club lede maak ?
Dan kan net club lede dit sien ja. :thumbup:

Re: Lede en hulberoepe

Posted: Thu Feb 14, 2013 10:58 am
by stephanvaneeden
Moet sĂȘ, dankie Thabo, dis oor jy my ondersteun dat ek die idee gekry het. Nou as ek mos mense nodig kry ( soos in jou beroep ) dan kan ons mos hilux praat terwyl ons kyk dat die job gedoen word.

Re: Lede en hulberoepe

Posted: Thu Feb 14, 2013 11:00 am
by swartvark
Ouens.......hier is iewers 'n thread met ons beroepe en dan is daar ook 'n ander thread met mense se adresse ens. :thumbup:

Re: Lede en hulberoepe

Posted: Thu Feb 14, 2013 11:09 am
by Danman
Stephan, ek dink dit gaan "seepglad" verloop. sodra die ander ouens instem :mocking:

Re: Lede en hulberoepe

Posted: Thu Feb 14, 2013 11:15 am
by Ali3n
Klink vir my goed ja. :thumbup:

Re: Lede en hulberoepe

Posted: Thu Feb 14, 2013 11:20 am
by Black Sam
Ek is in, waar begin ons?
Ek het werk nodig.. :thumbup:

Re: Lede en hulberoepe

Posted: Thu Feb 14, 2013 11:23 am
by CasKru
Ek het nou gaan soek en kan hom nie kry nie. Andy is die meester met ou goeters opspoor en uitkrap daar waar hulle wegkruip

Re: Lede en hulberoepe

Posted: Thu Feb 14, 2013 11:24 am
by Black Sam
CasKru wrote:Ek het nou gaan soek en kan hom nie kry nie. Andy is die meester met ou goeters opspoor en uitkrap daar waar hulle wegkruip
Kan ons nie net 'n vars ene begin nie?

Re: Lede en hulberoepe

Posted: Thu Feb 14, 2013 11:26 am
by CasKru
Black Sam wrote:
CasKru wrote:Ek het nou gaan soek en kan hom nie kry nie. Andy is die meester met ou goeters opspoor en uitkrap daar waar hulle wegkruip
Kan ons nie net 'n vars ene begin nie?
Gooi

Re: Lede en hulberoepe

Posted: Thu Feb 14, 2013 11:31 am
by Black Sam
Waar plaas 'n mens members only??

Re: Lede en hulberoepe

Posted: Thu Feb 14, 2013 11:37 am
by CasKru
Ek sal hom gou gooi

Re: Lede en hulberoepe

Posted: Thu Feb 14, 2013 11:42 am
by CasKru
viewtopic.php?f=111&t=29549" onclick="window.open(this.href);return false;

Only viewable to club members

Re: Lede en hulberoepe

Posted: Thu Feb 14, 2013 12:58 pm
by stephanvaneeden
Okay Cassie, maar ons moet 'n tipe spread sheet maak met verskillende beroepe op, dan laai ons die name en nommers. So as ek 'n plumber soek, dan kry ek onder die opskrif 'n paar name, soek dan die ou naby my, en siedaar, ons praat hilux

Re: Lede en hulberoepe

Posted: Thu Feb 14, 2013 1:27 pm
by CasKru
stephanvaneeden wrote:Okay Cassie, maar ons moet 'n tipe spread sheet maak met verskillende beroepe op, dan laai ons die name en nommers. So as ek 'n plumber soek, dan kry ek onder die opskrif 'n paar name, soek dan die ou naby my, en siedaar, ons praat hilux
Die neuk spul met spread sheet is dat iemand hom dan kan aflaai en versprei.... :eh:

Re: Lede en hulberoepe

Posted: Thu Feb 14, 2013 2:09 pm
by stephanvaneeden
Okay maar kan ons dan nie boaan, daar by die opskrifte 'n plekkie maak vir lede, en net clublede kan dit oopmaak, want om elke keer die post te gaan soek gaan 'n probleem skep

Re: Lede en hulberoepe

Posted: Thu Feb 14, 2013 8:01 pm
by Thabogrobler
Maak 'n "Sticky" daarvan, wat altyd bo-op die forum bly?

Re: Lede en hulberoepe

Posted: Sat Sep 21, 2013 8:43 pm
by CAMO JACK
hAAI DAAR MENSE EK DINK EK HET DALK DIE VREEMDSTE BEROEP OP DIE FORUM :mrgreen: EK IS 'n ONDERWATER LYKBESORGER MET DIE DIENSVOORDELE VAN 'n TREKARBEIDER. HAHAHAHAHAHA, OK VOOR EK IN DIE FORUM SE LOONY BIN BELAND, EKS 'n POLISIE DUIKER. Niks glam daaraan nie hoewel daar 'n paar glamour boys en wannabe's is. Die "perks" in my beroep is nogal nie te sleg nie. my kliente praat nie terug nie, kla nie by die bestuur nie en gooi my nie met klippe nie. :yahoo: :yahoo:

Re: Lede en hulberoepe

Posted: Sun Sep 22, 2013 1:19 pm
by Haboob
Welkom op die Forum Henk. Join nou die Klub, dat you beroep aan Lede bekend kan wees, dan sal hulle hopelik nie klippe gooi nie

Re: Lede en hulberoepe

Posted: Mon Sep 23, 2013 8:10 am
by d4dfanwp
goeie more hoe kan ek aan die club behoort om te begin ek ry n hilux 2 van hulle en ek in die konstruksie bedryf doen powerfloated vloere en expose countertops vir huise glo dit iets cools wat kan werk op die forum


Sent from my iPad using Tapatalk HD

Re: Lede en hulberoepe

Posted: Tue Sep 24, 2013 2:21 am
by Mud Dog
d4dfanwp wrote:goeie more hoe kan ek aan die club behoort om te begin ek ry n hilux 2 van hulle en ek in die konstruksie bedryf doen powerfloated vloere en expose countertops vir huise glo dit iets cools wat kan werk op die forum


Sent from my iPad using Tapatalk HD
Martin, kliek hier vir Club aansoek. :thumbup:

Re: Lede en hulberoepe

Posted: Tue Sep 24, 2013 5:36 am
by Toppie4x4
Ek is in die telekommunikasie bedryf en is tants besig met tegniese audits vir een van die groot selfoon netwerke. Kyk of hul kontrakteurs die nodige doen ens ens. Uit die aard van die saak ry ek baie. Kyk na die fotos van my GPS.......

Re: Lede en hulberoepe

Posted: Tue Sep 24, 2013 5:39 am
by Toppie4x4
Hier is ook een van dieselfde bestemming........

Re: Lede en hulberoepe

Posted: Tue Sep 24, 2013 7:29 am
by doppies
Ek beoefen een van die oudste beroepe, ja, ek is 'n slaaf, die regering en meerderheid van die land vertel my elke dag hoe sleg ek is, maak nie saak hoe hard ek probeer nie. Hulle se ek is 'n dief en dreig om my weg te jaag daar waar ek woon. My kinders is nerens welkom nie en word uitgesluit vir aansoeke vir werk. Ek kry geen betaling, oortyd of pensioen of medies nie Ek werk vir baie base, maar my direkte base is die Bok, Bees en Skaap familie. Ek moet elke dag sorg Mnr Bok, Mnr Bees en Mnr Skaap net die beste eet, ek moet hul vet hou, hul toilet skoonhou en sorg dat hul net die mooiste meisies tot hul beskiking het. As daar babas kom moet ek hul nog grootmaak ook. Maar ja, met 'n rib op die kole en die vryheid van die natuur maak dit die moeite werd om 'n slaaf te wees, lewenslank !