Page 1 of 1

Ons kamp by die huis.

Posted: Sun Dec 18, 2011 5:18 pm
by Andre du preez
Vriende van ons bly net byte Stellenbosch en het ons genooi vir 'n "Kamp naweek" by die huis. Ek het gedink ek sal 'n paar foto's op sit om te wys hoe lekker 'n mens by die huis kan kamp.

Re: Ons kamp by die huis.

Posted: Sun Dec 18, 2011 5:20 pm
by Andre du preez
Louis het 'n lekker bos braai gebou. Ons werk nog aan 'n naam vir die plekkie.

Re: Ons kamp by die huis.

Posted: Sun Dec 18, 2011 5:23 pm
by Andre du preez
Ons het gou die tente op geslaan en op gery vir die sunset en mens was dit nie mooi nie kyk net....... :clap:

Re: Ons kamp by die huis.

Posted: Sun Dec 18, 2011 5:26 pm
by Andre du preez
Hier is 'n paar foto's van die bos braai.

Re: Ons kamp by die huis.

Posted: Sun Dec 18, 2011 5:29 pm
by Andre du preez
Sondag oggend op gestaan en om gery dam toe, vir lekker braai en swem.

Re: Ons kamp by die huis.

Posted: Sun Dec 18, 2011 5:32 pm
by Andre du preez
En so was die kamp, nie baie 4x4 gery nie maar ons gaan vroeg volgende jaar, so draai ry en 'n roete maak.

Re: Ons kamp by die huis.

Posted: Tue Dec 20, 2011 7:19 am
by Donkey
Nice :thumbup: . All of this in the backyard :shock2: :taunt:
Lovely stuff! :clap:

Re: Ons kamp by die huis.

Posted: Tue Dec 20, 2011 7:30 am
by hendrik.earle
Ek sal nie mind om by my huis te kamp as my agterplaas so gelyk het nie. Baie mooi!!! :thumbup: :thumbup:

Re: Ons kamp by die huis.

Posted: Tue Dec 20, 2011 9:59 am
by arnize2
hendrik.earle wrote:Ek sal nie mind om by my huis te kamp as my agterplaas so gelyk het nie. Baie mooi!!! :thumbup: :thumbup:
Ditto. :beach: :beach:

Re: Ons kamp by die huis.

Posted: Tue Dec 20, 2011 12:53 pm
by Andre du preez
Ja,nee dit is lekker. Wat ek probeer sê het deer die post te doen is. 'n Kamp "hoef" :lol: nie altyd ver van die huis gehou word nie. Gaan kyk maar binne 50Km van die huis af en julle sal sien daar is een of twee kamp plekke wat jy nooit aan gedink het nie.

Re: Ons kamp by die huis.

Posted: Tue Dec 20, 2011 2:38 pm
by arnize2
Absoluut Andre. Ek bly in Mosselbaai en ons kamp gereeld op Hartenbos, Glentana, Victoriabaai en helaas Santos Strand, wat presies 1km van my huis is. :yahoo:

Re: Ons kamp by die huis.

Posted: Tue Dec 20, 2011 5:24 pm
by Andre du preez
Jis, Arno ek wil so graag Mosselbaai se kant toe, 'n naweek reel. Louis 'n vriend van my het gesê dat Vleesbaai so lekker roete het.

Re: Ons kamp by die huis.

Posted: Wed Dec 21, 2011 10:47 am
by arnize2
Hier is baie lekker roetes binne 'n radius van 50km rondom Mosselbaai. Julle manne kan gerus 'n groepie maak en kom kuier. :thumbup:

Re: Ons kamp by die huis.

Posted: Wed Dec 21, 2011 1:16 pm
by Andre du preez
aRNO ek dink ek sal jou vroeg in die nuwe jaar dalk op neem op daai offer. Dankie!!!

Re: Ons kamp by die huis.

Posted: Wed Dec 21, 2011 5:31 pm
by The Legend
arnize2 wrote:Absoluut Andre. Ek bly in Mosselbaai en ons kamp gereeld op Hartenbos, Glentana, Victoriabaai en helaas Santos Strand, wat presies 1km van my huis is. :yahoo:
Hi Arno

Moet jy dit nou onder ons valies se neuse invryf?Ek kom nou net van Hartenbos af.Baie lekker gekuier by jou.

Re: Ons kamp by die huis.

Posted: Wed Jan 04, 2012 7:49 am
by OOOOMS
Lekker man, dis mos hoe dinge gedoen word :thumbup:

Re: Ons kamp by die huis.

Posted: Wed Jan 04, 2012 10:55 am
by arnize2
Lollie wrote:
arnize2 wrote:Absoluut Andre. Ek bly in Mosselbaai en ons kamp gereeld op Hartenbos, Glentana, Victoriabaai en helaas Santos Strand, wat presies 1km van my huis is. :yahoo:
Hi Arno

Moet jy dit nou onder ons valies se neuse invryf?Ek kom nou net van Hartenbos af.Baie lekker gekuier by jou.
Jislaaik Dawie, dit was regtig 'n lekker kuier. Die weer is verskriklik mooi. :beach:

Re: Ons kamp by die huis.

Posted: Wed Jan 04, 2012 2:47 pm
by 2.8 d/cab SFA
shew nice camping at house!

Re: Ons kamp by die huis.

Posted: Wed Jan 04, 2012 4:15 pm
by Johan Havenga
Vriende van ons woon op 'n plaas net suid van Heidelberg. Die van julle wat die N3 en spesifiek De Hoek Tolplaza ken, hulle plaas is in die koppies oos van die Tolplaza.

Hulle het die hele Desember in hulle karavaan op verskeie plekke op die plaas gekamp. Die vrou is payroll manager by die mpy wat geel toerusting verkoop naby die lughawe en moes werk. Elke aand as sy by die plaas aankom, kom haal haar man haar met sy F250 en ry hulle op in die berg waar hulle kamp!

Ek dink ek moet self die naweek van die nuwejaarskok ontslae raak en my trailer daar iewers gaan opslaan!

Re: Ons kamp by die huis.

Posted: Wed Jan 04, 2012 9:31 pm
by Andre du preez
Die lekker van so kamp is dis meeste van die tyd onbeplan. Wat ek bedoel is geen stressss.....v.b.............jy kan nie laat wees nie as jy iets vergeet het maak dit nie saak nie jy is by die huis.(t..papier)!!!! En jy kan en "Hoef" nie te kla nie want jy is by jou uie plek.

Re: Ons kamp by die huis.

Posted: Wed Jan 04, 2012 9:38 pm
by Andre du preez
Kyk gou na die foto's. Ons was die naweek op die plaas (Kotzesrus).Hulle by 10Km van die foto's :lol: af.

Re: Ons kamp by die huis.

Posted: Wed Jan 04, 2012 9:41 pm
by Andre du preez
O,ja en kyk wat het met my gebeur.......voor 'n kamp wat toe getrek was met Hilux's

Re: Ons kamp by die huis.

Posted: Wed Jan 04, 2012 9:48 pm
by Andre du preez
Isuzu 4x2 sonder diff-lock :thumbdown: Ek het my Lux so-verlang.