Page 1 of 1

Wes Kaap Toer

Posted: Mon Aug 29, 2011 2:21 pm
by louis fourie
Ek en 'n paar vriende met ons families gaan Des so 'n betjie deur die Wes Kaap toer. Ons gaan deur die Baviaans ry, slaap oor by Krugerkop vir 3 aande en dan by Bokloof, ook vir 3 aande. Bonniedale is ons volgende stop (gaan sommer van daar af die Vleesbaai duin roete doen).

Hierna wil ons wes. Het julle ouens enige voorstelle? Ons wil ook 'n draai by The Dunes gaan maak (naby Clanwilliam) en ons wil sover moontlik af bly van die hoofwee en natuurlik gee ons nie om vir grondpad nie - ons ry almal Toyotas :thumbup: :lol:

Re: Wes Kaap Toer

Posted: Mon Aug 29, 2011 4:54 pm
by ThysdJ
wat van Oudtshoorn, Ladismith dan oor die Seweweekspoort pas en van daar na Touwsrivier. Dan oor Ceres, Gydo pass Citrusdal en oor na Clanwilliam en af na Lambertsbaai? :thumbup: :thumbup:

Dis nou so vinnig van die "top of my head"... :silent:

Re: Wes Kaap Toer

Posted: Mon Aug 29, 2011 5:27 pm
by louis fourie
Thys, dis 'n mondvol. Ek gaan bietjie loer - ek wil graag deur Clanwilliam gaan. Ons was in 2009 op die Enjo Life Farm vir 3 weke, geen selfoon ontvangs, kinders speel in die rivier loop onder die kampplek - Rustig. :thumbup: