Page 1 of 1

Cape Town get together- anything planned?

Posted: Mon Aug 01, 2011 9:21 pm
by rinkhals68
Manne,

Ek sien daar is n "topic" wat vra wie bly almal in die Kaap en die manne deel graag die info.....vraag is hoekom of wat mee te maak?

Is daar iemand wat iets gaan reel sodat ons Kapenaars sommer bietjie bymekaar kan kom, mekaar beter te leer ken oor n koue enetjie miskien, lekker gesels en dan sommer dalk n informele "get together" of lekker kamp reel....?? weet nie van julle nie, maar ek sal graag so iets wil bywoon en my mede Hilux maters beter wil leer ken..... As iemand al klaar besig is om so iets te reel, of as so program reeds bestaan laat weet my asb....ek sal graag deel wil wees..indien nie, dalk kan ons dan self so iets reel....Ek sien daar is heelwat manne hier naby my (Noordelike voorstede)- sal julle boys so iets omdersteun? Manne van reg oor die Kaap is natuurlik ook welkom!

Mail my gerus op dries@letsgobos.co.za of anders kom ons praat op die forum.

Sien uit om van julle te hoor.

Hilux Groete

Dries

Re: Cape Town get together- anything planned?

Posted: Mon Aug 01, 2011 9:40 pm
by OOOOMS
Dries, loer gerus hier onder Events, Western Cape, daar word heelwat gereel:

viewforum.php?f=57" onclick="window.open(this.href);return false;

Re: Cape Town get together- anything planned?

Posted: Mon Aug 01, 2011 10:49 pm
by rinkhals68
Dankie manne- sal beslis inskakel.

Die naweek in die groot derby tussen Paarl Boys en paarl Gim, so pas sal sy seuns gaan ondersteun....

Dinsdag is dit Drakensberg toe vir werk....maar defnitief die volgende GTG is ek daar!

Re: Cape Town get together- anything planned?

Posted: Mon Aug 01, 2011 10:55 pm
by OOOOMS
Die 'who stays where' kom handig te pas as jy dalk inni moeilikheid is.

So paar maande terug het 'n Forum lid vasgeval nadat hulle gaan speel het en het van sy foon oppi forum 'n SOS uitgestuur om rede al x3 voertuie nie herwin kon word nie.

Binne sowat 45 min het ons gereel om hulle uit te help, dit was al donker en daar was 'n klein kind saam in een van die voertuie en die melkies was amper klaar. So dis een van die redes vir die thread :thumbup:

Re: Cape Town get together- anything planned?

Posted: Tue Aug 02, 2011 6:57 am
by ThysdJ
Dries, jy wiet mos! Die kapenaars gaan in die wintertyd in hibernation, dan woon hulle nie graag goed by nie. :lol: :lol: In die somertyd is die ouens meer op en wakker.

Hou maar die threads dop soos Mark se, daar word so elke nou en dan 'n surprise GTG bymekaargesit. Verder is daar 'n paar van die hardebaarde wat elke Vrydag daar by Kriges in Bellville bymekaarkom vir 'n vinnige ene voor hulle huistoe gaan. Sal jou 'n email drop as so iets weer gebeur. :thumbup: :thumbup:

Is jy 'n galpil of 'n bloedwors? :twisted: :twisted:

Re: Cape Town get together- anything planned?

Posted: Tue Aug 02, 2011 10:19 am
by rinkhals68
Thanks Thys....

hmmm, dink meer ek is n Boerewors!

Re: Cape Town get together- anything planned?

Posted: Tue Aug 02, 2011 10:51 am
by ThysdJ
Boishaai of Gim, Dries... :twisted: :twisted:

Re: Cape Town get together- anything planned?

Posted: Tue Aug 02, 2011 11:14 am
by rinkhals68
Thys- ek is n Boerewors....Vrystaat gematrikuleer- Bloemfonteiner..

My 2 laaities is egter albei (boere) bloedwors....albei in Bois High...(Matriek en standerd 6).....

Ok...ek kan sien nou gaan die Bois High/ Gim ding n lewe van sy eie kry...!!!

Re: Cape Town get together- anything planned?

Posted: Tue Aug 02, 2011 11:40 am
by ThysdJ
nou verstaan ek ook... blikoor... :twisted: :twisted: :twisted:

Re: Cape Town get together- anything planned?

Posted: Tue Aug 02, 2011 12:29 pm
by Hilux 1
GO GIM GO GIM. :yahoo:

:banned:
NEE BOYS HIGH IS MAAR DIE OUENS.

Re: Cape Town get together- anything planned?

Posted: Tue Aug 02, 2011 12:40 pm
by rinkhals68
My laaities is mal oor bois high en die skool het wondere vir hulle ontwikkeling gedoen....dit is seker die belangrikste! (Beteken nie ons ons wil nie gatskop Saterdag nie.....GO Bois!!!)

Re: Cape Town get together- anything planned?

Posted: Tue Aug 02, 2011 12:48 pm
by Hoppy
julle moet hulle mooi leer, die WP het hulp nodig...

Re: Cape Town get together- anything planned?

Posted: Tue Aug 02, 2011 12:49 pm
by ThysdJ
My vrou is 'n Gimmie... Gim se girls is kwai... ek weet nie so lekker van Bois Haai se girls nie.... :twisted: :twisted: :twisted: :twisted:

Re: Cape Town get together- anything planned?

Posted: Tue Aug 02, 2011 1:12 pm
by rinkhals68
Thys,


Bly jou vrou is n Gimmie....sou bekommerd wees as sy uit Bois High was!!

My oudste se meisie is ook n Gimmie, so weet nie hoe sy shares Saterdag gaan wees nie..

Scary ding is blykbaar het meeste van die laaities het kontrakte by die Sharks academy gekry!!!.

Re: Cape Town get together- anything planned?

Posted: Tue Aug 02, 2011 1:16 pm
by ThysdJ
rinkhals68 wrote:Scary ding is blykbaar het meeste van die laaities het kontrakte by die Sharks academy gekry!!!.
So dis nie net die Bulle wat in die Kaap kom talent shop nie... :thumbdown: :thumbdown: :thumbdown: