Page 1 of 1

Ou Transkei April 2011

Posted: Wed Jul 06, 2011 11:39 am
by Andre de Jager
Kort foto verslag:

Krugersdorp-Bloemfontein-Bergkwagga-Dwesa(Transkei)-Koffiebaai
P1110130(1).JPG
P1110011(1).JPG
P1100999(1).JPG
P1110058(1).JPG
P1110049(1).JPG
DSC_0496(1).JPG
20110402_175_edited-1(1).JPG
DSC_0526(1).JPG

Re: Ou Transkei April 2011

Posted: Wed Jul 06, 2011 11:45 am
by Andre de Jager
Nog 'n bietjie.
P1110362(1).JPG
DSC_0791(1).JPG
P1110300(1).JPG
P1110384(1).JPG
P1110449(1).JPG
P1110390(1).JPG
P1110446(1).JPG
P1110418(1).JPG

Re: Ou Transkei April 2011

Posted: Wed Jul 06, 2011 11:49 am
by Andre de Jager
P1110580(1).JPG
Transkei2 025_edited-1(1).jpg

Re: Ou Transkei April 2011

Posted: Wed Jul 06, 2011 12:03 pm
by OOOOMS
Andre, lyk heel lekker :thumbup:

Watse bokse is op julle dak-rak?

Re: Ou Transkei April 2011

Posted: Wed Jul 06, 2011 12:05 pm
by Andre de Jager
Die trip was amazing. Ons het in Bloemfontein oorgeslaap by die Hobbit hotel. Dit was 'n regte spookhuis en regtig 'n hotel om te beleef. Baie anderste.
Bergkwagga is regtig waar 'n onderskatte reservaat. As jy nog nie daar was nie, kom daar dit is great. Kamplekke is baie goed en amblusie uitstekend.
Ou Transkei het ons ingegaan by die groot Kei rivier oor die ferry. Maak seker van jou tye want hy gaan net hoogwater oor die rivier. Vandaar was ons na een van die mooiste plekke waar ek nog was, Dwesa natuur reservaat. Bietjie 'n storie om daar te kom as jy kuslangs die eko-roetes ry. Ons het aan 70km 3.5ure gery. Van die paaie kuslangs is maar verspoel maar deel van die pret. As jy wil vinniger by kusplekkies uitkom ry maar op hoofpad toe en gaan vandaar kuslangs in.

Terug by Dwesa. Daar is nie krag nie maar amblusie was goed. Bietjie verlate en toegegroei en ape pla maar baie. Die strand is stunning en ons het die hele strand vir ons self gehad. Ons was ook die enigste mense wat daar gekamp het. Een van die moet doen dinge is om vir Vuyani(Ranger) te boek om jou deur die reservaat te vat. Baie toegegroei, so moenie ingaan as jy bang is vir krappies op die kar nie. Die mooiste geelhout, swarthout(ebony), papierbas en knopdoring bome. Daar is wild soos buffels maar moeilik om te sien in die woud. Die renosters is almal die jaar deur wilddiewe uitgewis. Ons het ook bosbokke en sebras gesien. Dwesa is 'n moet. Ek sal enige tyd weer terug gaan soontoe. Koffiebaai is baie mooi en die "whole in the wall" amazing, maar daar is baie petty crime daar so wees maar versigtig. Ons het daar by die Anchorage hotel gaan kamp. Tussen die beeste en die mis. White Caly is die beter opsie om te kamp. Dit lyk sommer pragtig daar, net baie klein staanplekke en nie regtig 'n strand nie.

Mkambati is nou volgende op my Transkei lys.

Re: Ou Transkei April 2011

Posted: Wed Jul 06, 2011 12:10 pm
by Andre de Jager
Dis ons 4x4 trailers.

Nee, pakplek. Myne het ek custom laat maak om al my matrasse, stoele, kitaar en ander goedjies te kan pak. Hy het van die kant af oopgemaak so jy hoef nie op die dak te geklim het nie. Dit lyk egter verskriklik. Doodskiste. Met klomp kinders is dit maar moeilik om alles in te kry en ek glo nie in opblaasmatrasse nie. Moet sĂȘ die kaste het baie gehelp om die woud bietjie oop te skraap en die dakke te beskerm.

Re: Ou Transkei April 2011

Posted: Wed Jul 06, 2011 12:34 pm
by Witblits
Dit lyk heerlik, Andre. Sit op my lysie, maar het nog 'n leeftyd daarvoor nodig.

Re: Ou Transkei April 2011

Posted: Wed Jul 06, 2011 9:08 pm
by Thabogrobler
Sjoe, bring dit nou memories terug!

Was Maart 2009 daar met die Defender Trophy en dit is regtig 'n stunnig deel van ons land! - Of is dit deel van ons land? Of is dit nog ONS land???

Anyway, die baie mooi daar!

Re: Ou Transkei April 2011

Posted: Wed Jul 06, 2011 9:53 pm
by Mud Dog
I see you also went past the Jacaranda wreck .... not much left of her these days. What the "informal salvagers" haven't taken, the sea has claimed for herself. She's been lying there for 40 years this year.

jacaranda_0.JPG
jacaranda_1.jpg
jacaranda_1.jpg (24.05 KiB) Viewed 1994 times
jacaranda_2.jpg
jacaranda_2.jpg (58.33 KiB) Viewed 1994 times
jacaranda_3.jpg
jacaranda_3.jpg (84.6 KiB) Viewed 1994 times
jacaranda_4.jpg
jacaranda_4.jpg (36.96 KiB) Viewed 1994 times


The Transkei coast is largely unspoiled and very scenic ... some nice off-road sections along the 'eco-trail', and well worth a visit. (Camping sites, some chalets and a couple of hotels are available along the coastline.)

Re: Ou Transkei April 2011

Posted: Thu Jul 07, 2011 9:32 pm
by Andre de Jager
Very interesting. Thanks for the pics of the Jacaranda. Nature will suck you in once your stuck. :alvarin: