Page 1 of 1

DIY Spit braai

Posted: Thu Dec 23, 2010 8:40 pm
by Spartan
Braai is nie n probleem nie, ons het almal groot geword met dit en kan dit goed doen, maar spit braai is n nuwe ding vir my in die sin dat ek dit self wil doen die jaar, is daar van julle wat my in die regte rigting kan stuur asb. :eh: :eh:

Re: DIY Spit braai

Posted: Thu Dec 23, 2010 8:51 pm
by Hi-Hilux
Jaco ek het dit al self probeer en was minder sukses vol. Daar is manne wat kan! Ek kan nie. Weet daar is 2 maniere, spuit en verf.

Re: DIY Spit braai

Posted: Thu Dec 23, 2010 9:37 pm
by Andries
Jaco, ek beplan 'n spit braai iewers in die nuwe jaar. My buurman is 'n boffin daarmee. Hy sal dit vir my kom doen. Wat ek wel weet is dat dit 'n lam van nie meer as 22kg moet wees nie. 2 Weke voor jy die lam wil spit braai moet dit geslag en met 'n spesiale mengsel ingespuit word terwyl die vleis nog warm is. Verder kan ek jou nie help nie. Sal bietjie met my buurman gesels en uitvind hoe dit werk. :dance1:

Re: DIY Spit braai

Posted: Thu Dec 23, 2010 9:44 pm
by Andries
Hier is my aandete :lol: :lol:

Re: DIY Spit braai

Posted: Thu Dec 23, 2010 10:14 pm
by CasKru
Hi-Hilux wrote:Jaco ek het dit al self probeer en was minder sukses vol. Daar is manne wat kan! Ek kan nie. Weet daar is 2 maniere, spuit en verf.
Jy gaat baie moet spyt en vreeslik moet verf om daai outjie gaar te kry. Die twee manier wat ek ken is met gas burners of oor kole :twisted: :twisted:

Jaco daai ding is nogal 'n kuns. Die vuur moet relatief warm wees maar ook weer nie te warm nie. Die probleem met skaap spit is die vleis kan vrot word daar op die spit as die hitte nie reg is nie. Sover ek kan onthou met skaap het jy basies 'n sout water mengsel wat jy opverf en met vark het jy 'n spesiale mengsel wat jy inspuit en oor spyt. m2cw

Re: DIY Spit braai

Posted: Fri Dec 24, 2010 2:02 am
by Mud Dog
Toe ons 'extended' familie nog groot was (baie van hulle is nou oorsee), het ek baie van dit gedoen. Dis nogal 'n hele dag afêre. Ek't selfs twee spit braai's gebou sodat ons twee skaape terselde tyd kon doen (party keer was daar meer as 60 mense op 'n slag). Ek weet nie van die 22kg storie nie .... gewoonlik was die skaape wat ons gebraai het in die omgewing van 30kg.

Die skaape het ek altyd so tien dae tot 2 weke voor die tyd bestel en betaal. Die slagter het dit dan vir ons in sy koel kamer gebere en laat hang en dan 'n dag voor die braai kom aflewer (soggens). Die karkasse is ingespuit met 'n mengsel wat voorheen berei is en in 'n vrieskas gebere tot die volgende dag (dag van die braai). Die vrieskas is eers lekker koud gemaak en dan afgeskakel.

Die inspuit middel wat ek gemaak het was my eie resep. Dit het bestaan uit ½ lit water per skaap waarin daar een lepel sout ('n 'level tablespoon'), een teelepel suiker, 4 bayleaves, 'n handvol vars timie (crushed) en 'n handvol vars 'rosemary' (also crushed). Dit word in 'n pot gegooi en op die stoof tot die borrel gebring en dan laat 'simmer' vir 15 / 20 minute waarna ek dit laat afkoel het. Dit moet dan deur 'n koffie filter loop sodat daar niks kan oorsaak dat die inspuit naald gestop raak. Nadat dit ge-filter is gooi ek 4 lepels rooi wyn by, of twee lepels bruin assyn as daar nie rooi wyn is nie.

Net bietjie meer as die helfde word bebruik vir die eerste inspuiting, die res word in klein hoeveelhede ingespuit na so omgeveer 4 ure se braai.

As jy beplan om so 8pm te eet, moet die vure al van 10am aan gesteek word sodat die kole teen 11.30 reg is om te begin. Dit vat so om en by 8 ure om 'n skaap so te braai. Maak seker dat jy vir elke skaap 8 tot 10 sakke braai hout het en twee sakke 'charcoal'. Daar word twee vure gemaak ... die eerste een (10am) word in die spit se bak gemaak en die tweede word so ½ uur later apart begin. Die doel van 'n tweede vuur is om die spit met kole te 'voer' en te vermy dat daar vlamme onder die skaap is ('n paar klein vlammetjies is nie 'n probleem nie, veral as dit op die kante van die bak is ..... minder hitte in die middel en meer hitte weerskante is ideaal.)

Die skaap moet voor die begin tyd op die spit vas gemaak word met gewone 'baling wire' ... nie galvanised nie, vermy dit as jy kan. die punte van die vier bene word eers vas gemaak (maak seke dat hulle nie te ver uitsteek dat hulle kan vashaak nie). dan maak jy die rugraat met 4 sulke 'U-bolt' stulkke draad vas ... dan die nek en die stert. Toets dit op die spit masjien seker te maak dat dit pas en dat niks vashaak as hy swaai nie. Die middel lyf en die bene waar die vlies yl is word vir die eerste 4 ure in folie toe gedraai sodat daardie gedeeltes nie te vinning gaar word en verbrand nie. Gebruik 'n 'long handle basting brush' om die skaap se oppervlak af en toe te bevogtig .... 'n mengsel van 2 gehoopde lepels sout per liter water word hiervoor gebruik. In die laaste uur kan jy so bietjie tomatie sous en blatjang bygooi.
Komtak my as jy wil om enigeits verder te weet. ;-)

Re: DIY Spit braai

Posted: Fri Dec 24, 2010 3:35 am
by chopper
Ek het al 'n slag of so 'n skaap en/of vark op 'n spit gedoen; jy weet mos - ma en die kinders dink dis 'n goeie idee vir 'n verjaardagpartytjie (21st), almal stem saam en pa moet die kastaiings uit die vuur krap (die werk doen) :!: :D:
Dankie Andy - ek het 'n paar (nuwe) dinge van jou geleer :thumbup: :)

Re: DIY Spit braai

Posted: Fri Dec 24, 2010 5:26 am
by Vlak vark
Daar is nie meer veel te sê nie. Dankie uncle Andy. Wat ek wel wil noem is dat jy moet seker maak dat die vleis baie koud is voor jy begin. Veral soos bees bout wat groot is. As die vleis nie deur koud is nie is die kaans dat die vleis in die middel gaan sleg word voor die vleis gaar word,baie goed.

Re: DIY Spit braai

Posted: Fri Dec 24, 2010 7:43 am
by Karoo
To spit is as easy or complicated as u wanna make it, have done quite a few in my time and always been a success.Methods differ but on an open fire will take quite a while here in our region most folks use a closed system so works like an oven these take approximately 3 hours, have had the pleasure of spitting on a german engineered stainless model using a electric motor which was open with a very hot fire alongside because of speed that it turned lamb was done in 3 hours.
Anything weighing more than 22kg could hardly be classed as lamb and as for basting usually just use what I have in the larder but red wine and oil a must then herbs added etc(garlic,mint and rosemary)
Easy really just watch the meat if it burning turn more frequently if bit slow add coals, enjoy it and have fun with it oh ja i baste and inject at diffrent intervals do not worry too much bout hanging and pre injecting etc as meat quality is most that matters DO use KAROO LAMB.

Re: DIY Spit braai

Posted: Fri Dec 24, 2010 7:57 am
by Ou vale1
Jaco, wat wil jy op die spit gooi?

Re: DIY Spit braai

Posted: Fri Dec 24, 2010 8:11 am
by george
Ek het ook nou al so 'n paar keer spit gemaak.Dit wat ek gehuur het is nie so doeltreffend nie,maar hy kry die job klaar.
Ek verkies weer om nie die skapies in te spuit nie.Net 'n bietjie spices en sout in te vryf.
Wat ek wel doen wat nogal lekker is,is ek maak twee verskillende souse in 2 potte.'n Lekker barbeque sous en 'n lekker kerrie sous.As ek dan die skapie opsny gooi ek dit in die verskillende potte.Die vleis kan dan lekker daar le en prut en dit bly warm.
Wat my altyd gepla het by spitbraai is dat die ouens nie genoeg moiete doen om die vleis warm te hou nie.
spit.jpg

Re: DIY Spit braai

Posted: Fri Dec 24, 2010 8:32 am
by Ou vale1
George, wat jy daar het is 'n lekker spit met kole op die kant. Jy kan hom goed stook en die kolekaste wegskuif om nie die ribbetjie te brand nie. Die ideaal met so oop spit is 3.5 RPM dan word hy lekker vinnig gaar sonder brand. Ek verkies om niks te spuit of smeer nie, skaap het baie natuurlike minerale sout. As hy mooi geseel en so naby gaar is dan gooi ek hom bietjie growwe sout. As hy reg is soek jy iemand wat minder gaar as die skaap is om so van die spit af te sny en op te skep dan kry almal warm vleis.

Re: DIY Spit braai

Posted: Fri Dec 24, 2010 8:40 am
by george
Ou vale1 wrote:George, wat jy daar het is 'n lekker spit met kole op die kant. Jy kan hom goed stook en die kolekaste wegskuif om nie die ribbetjie te brand nie. Die ideaal met so oop spit is 3.5 RPM dan word hy lekker vinnig gaar sonder brand. Ek verkies om niks te spuit of smeer nie, skaap het baie natuurlike minerale sout. As hy mooi geseel en so naby gaar is dan gooi ek hom bietjie growwe sout. As hy reg is soek jy iemand wat minder gaar as die skaap is om so van die spit af te sny en op te skep dan kry almal warm vleis.
Stem Koos.Die ding wat my net altyd pla is die eerste skeppie is lekker warm maar gaan jy vir seconds of thirds dan raak die vleis koud

Re: DIY Spit braai

Posted: Fri Dec 24, 2010 8:48 am
by Mud Dog
What we used to do is to remove the carcass from the fire but to leave it attached on the rotisserie, carve off enough for a start and put it back on the fire and let it turn with a low heat. If there are any sections that are underdone, one can keep the heat up a little and let those areas cook a little more while people are eating. Then we just carve from the remaining carcass as required. A fair sized stainless tressle / fold-up table is lekker for laying the carcass on to carve.

Re: DIY Spit braai

Posted: Fri Dec 24, 2010 8:55 am
by Traveler
Ek huur elke keer 'n spit by Elandslaghuis hier in Boksburg.

Het nou al vlakvark, plaasvark, European Wildboar, rooibok, ribbok, springbok, skaap en onlangs 'n os op die spit gedoen. Daai os het ons 4pm die dag voor die tyd begin te maak.

Ek gebruik 'n termometervurk om seker te maak die vleis binnekant is bo 60degC. Gebruik altyd 'n eie mix van braaisout, Balsamiese asyn, makadamianeut olie, rooiwyn, peper & Ina Paarman marinade.

En die lekkerste is om die vleisie dan in die drip tray te braai.....

Maak seker die ding wat jy gaan spit is kamertemperatuur voordat jy die spit begin.

Re: DIY Spit braai

Posted: Fri Dec 24, 2010 9:14 am
by george
Traveler wrote:Ek huur elke keer 'n spit by Elandslaghuis hier in Boksburg.

Het nou al vlakvark, plaasvark, European Wildboar, rooibok, ribbok, springbok, skaap en onlangs 'n os op die spit gedoen. Daai os het ons 4pm die dag voor die tyd begin te maak.

Ek gebruik 'n termometervurk om seker te maak die vleis binnekant is bo 60degC. Gebruik altyd 'n eie mix van braaisout, Balsamiese asyn, makadamianeut olie, rooiwyn, peper & Ina Paarman marinade.

En die lekkerste is om die vleisie dan in die drip tray te braai.....

Maak seker die ding wat jy gaan spit is kamertemperatuur voordat jy die spit begin.
Hi Heinrich.Doen jy iets spesiaal met die wilds bokke af doen jy dieselfde as met die skape?
Moet erken ek was nog nie by 'n wildsbok spit nie

Re: DIY Spit braai

Posted: Fri Dec 24, 2010 9:16 am
by CasKru
george wrote:
Traveler wrote:Ek huur elke keer 'n spit by Elandslaghuis hier in Boksburg.

Het nou al vlakvark, plaasvark, European Wildboar, rooibok, ribbok, springbok, skaap en onlangs 'n os op die spit gedoen. Daai os het ons 4pm die dag voor die tyd begin te maak.

Ek gebruik 'n termometervurk om seker te maak die vleis binnekant is bo 60degC. Gebruik altyd 'n eie mix van braaisout, Balsamiese asyn, makadamianeut olie, rooiwyn, peper & Ina Paarman marinade.

En die lekkerste is om die vleisie dan in die drip tray te braai.....

Maak seker die ding wat jy gaan spit is kamertemperatuur voordat jy die spit begin.
Hi Heinrich.Doen jy iets spesiaal met die wilds bokke af doen jy dieselfde as met die skape?
Moet erken ek was nog nie by 'n wildsbok spit nie
Jy moet net dikker draad gebruik om hulle vas te maak aan die spit want daai goed is wild :twisted:

Re: DIY Spit braai

Posted: Fri Dec 24, 2010 9:28 am
by Traveler
Cassie is reg, maak hulle vas met doringdraad.

Neem net so bietjie meer tyd om hulle gaar te maak, en gebruik meer wyn en balsamiese asyn.

Ons vrieskas is gewoonlik net vol wildsvleis.

Re: DIY Spit braai

Posted: Fri Dec 24, 2010 10:03 pm
by Stef
Ons spit hier by die werk hardloop met 2 gas burners en 'n 220V motor teen 3.5 rpm.
Die average 16 -22 kg skaap vat gewoonlik so 2 ure. Die sous word deur die site manager van TS Africa self gedoen, aan smeer tipe die oggend van die braai. Kom altyd heel gaaf uit.

Jaco, gaan sommer na jou local slagter, ek sien die Hokaai vleismark hier in Zambesi doen alles, maak tot die ding vas op die spit. :thumbup:

Edit: Sien nou eers jy wil self, seker jou slagter sal kan help met 'n reseppie...

Re: DIY Spit braai

Posted: Sat Dec 25, 2010 7:28 pm
by Paul Grobler
Nou hoe het jou spit geloop Jaco post bietjie fotos ASB

Re: DIY Spit braai

Posted: Sat Dec 25, 2010 7:53 pm
by Paul Grobler
Kyk of ek ok n foto kan laai van n braai

Re: DIY Spit braai

Posted: Sat Dec 25, 2010 7:57 pm
by Paul Grobler
:yahoo:

Re: DIY Spit braai

Posted: Sun Dec 26, 2010 9:37 am
by Mud Dog
Hey Polla, dis nogal 'n goeie ideë om die ribbetjies uit te sny en die midel lyf so te rol. Ek merk ook jou gebruik van 'cable ties' .... duidelik werk dit, maar sou nie so gedink het nie. Puik ideës! :thumbup: :thumbup:

Re: DIY Spit braai

Posted: Sun Dec 26, 2010 12:16 pm
by Spartan
Baie dankie aan almal se bydrae, ek het n groot hammel gespit van so 21Kg op my braai by die huis wat ingeboude burners het. Dit was omtrent die hele dag se ding maar het hom gewen maar ek weet nie of dit nou eintlik my werk is nie n gewone braai werk net beter vir my. Die spit is n MAse werk en eintlik wil jy mos maar saam met almal kuier en so aan. Ek moet se met al die inligting hier is daar n paar manne wat ken, dalk moet ons so iets reel op n GTG wat dink julle?

Re: DIY Spit braai

Posted: Sun Dec 26, 2010 4:12 pm
by Stef
Spartan wrote: maar ek weet nie of dit nou eintlik my werk is nie n gewone braai werk net beter vir my. Die spit is n MAse werk en eintlik wil jy mos maar saam met almal kuier en so aan. Ek moet se met al die inligting hier is daar n paar manne wat ken, dalk moet ons so iets reel op n GTG wat dink julle?
Ja nee, gewone braai is ook maar beter vir my, maar 'n spit kan dalk net mooi werk op 'n GTG...wonder net wie gaan die braai & gas silinders al die pad saamry :twisted:

Re: DIY Spit braai

Posted: Mon Dec 27, 2010 6:37 pm
by Paul Grobler
Ag as julle na die GTG kom volgende jaar in die rivier sal ek sorg dat ons weer n skaap of vark op die spit het Glo my dit was bevoeterd gewees die mense het hulle hande af geeet