Slim mense, diè Boesmans.......

Share your jokes and funny campfire stories with us here.
Forum rules
Please keep it light hearted enol. No serious stufs hey! :)

BEFORE YOU START A NEW JOKES THREAD PLEASE TAKE NOTE:
We are trying to make the technical information more visible in the Active Topics section. So we are trying to combine all the humour posts into a single thread. This will then more or less always stay on the active topics page if you keep appending your jokes onto this single thread. Your assistance will be greatly appreciated
Post Reply
User avatar
Petrusd
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 306
Joined: Tue Jan 12, 2010 8:28 am
Town: Stellenbosch
Vehicle: 1997 2.4 Hilux DC 4x4 / Yamaha Motorfiets
Real Name: Petrus

Slim mense, diè Boesmans.......

Post by Petrusd »

Dit is April en die Boesmans in 'n afgeleë deel van die Kalahari vra hulle nuwe stamhoof of dit hierdie winter matig of koud gaan wees. Omdat hy stamhoof is in meer moderne tye, het hy nooit die ou geheime geleer nie. Wanneer hy die lug bestudeer, kon hy nie sê hoe die winter gaan wees nie.

Nieteenstaande het hy besluit om dit veilig te speel en hy sê toe dat dit 'n koue winter gaan wees en hulle moet begin brandhout bymekaar maak ter voorbereiding. Hy is egter 'n praktiese man en na 'n paar dae kry hy 'n plan.

Hy stap na 'n publieke telefoon by die nasionale pad, skakel die weerburo en vra, "Gaan die komende winter koud wees in die Kalahari?"

"Ja dit lyk so" sê die een wat antwoord. Hy gaan terug na die stam en sê hulle moet nog meer hout bymekaar maak.

'n Week later skakel hy weer die weerburo. "Lyk dit nog steeds na 'n baie koue winter?" "Ja, dit gaan baie koud wees."

Hy gaan terug en beveel hulle om elke stukkie hout wat hulle vind, op te Tel.

Na twee weke skakel hy weer. "Is julle heeltemal seker dat dit baie koud gaan wees?" "Absoluut" kom die antwoord, "dit lyk al hoe meer na een van die koudste winters ooit."

"Wat maak julle so seker?"

"Ons satelliet fotos wys die Boesmans maak verwoed hout bymekaar, en dis altyd 'n seker teken."
Post Reply

Return to “Humor”