Die ware verduideliking van 'n krokodil...

Share your jokes and funny campfire stories with us here.
Forum rules
Please keep it light hearted enol. No serious stufs hey! :)

BEFORE YOU START A NEW JOKES THREAD PLEASE TAKE NOTE:
We are trying to make the technical information more visible in the Active Topics section. So we are trying to combine all the humour posts into a single thread. This will then more or less always stay on the active topics page if you keep appending your jokes onto this single thread. Your assistance will be greatly appreciated
Post Reply
User avatar
Harties
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 107
Joined: Fri Feb 12, 2010 1:19 pm
Town: Roodepoort
Vehicle: 3.0 D4D 4x4
Real Name: Riaan

Die ware verduideliking van 'n krokodil...

Post by Harties »

Die krokodil is spesiaal so laag gebou want hoe platter hoe swemmer. Voor aan die krokodil sit die kop. Die kop bestaan byna net uit tande. Agteraan die krokodil groei die stert. Tussen die kop en die stert sit die krokodil.




'n Krokodil sonder 'n stert noem ons 'n rotweiler. 'n Krokodil se lyf is oortrek met handsak- materiaal. Hy kan sy stert afgooi as hy skrik, maar dit gebeur nie sommer nie want 'n krokodil skrik vir niks. 'n Krokodil bly onder die water want as jy so lelik was, sou jy ook onder die water gebly het.




Dit is goed dat 'n krokodil in die water bly want 'n mens skrik so groot as 'n krokodil jou vang dat hy jou eers moet afspoel voordat hy jou kan eet.




'n Krokodil is glad nie so gevaarlik soos mense sê nie, behalwe as hy jou bykom. Hoe langer hy jou byt, hoe seerder word dit. Baie ou krokodille suig hulle prooi dood. As jy hom eet, is hy 'n krokosatie.





'n Krokodil het nie geleer om met sy arms te swem nie nou gebruik hy sy stert.




Die kleinboetie van die krokodil is die likkewaan. Die stadige sussie van die krokodil is die trapsuutjies. Die "boetie" :reading: :reading: van die krokodil is die daffodil. En dan het die krokodil nog 'n dooie boetie wat mens kan eet - die frikkidil.
Post Reply

Return to “Humor”