Hallo almal.
Het bespreek by Welgelegen vir Sondag 9 April, ons kom 09:00 bymekaar op die grasperk en dan ry ons so 09:30 se kant.
R150/voertuig.
Dop en tjop na die tyd vir die wat wil. Bring net 'n sakkie hout, rooster, eie dop en tjop, ens. saam. Gazebos en stoele dalk 'n goeie idee, daar is 'n afdakkie maar kan nie waarborg dat daar nie reeds iemand daar sal besig wees as ons klaar is met die roete nie.
Onthou om radios saam te bring (en maak ook seker die batterye is gelaai..... )
P.S. die van julle wat baie langer lede is as ek, stuur sommer SMS, WhatsApp, posduif of rooksein vir die ouens vir wie julle kontaknommers het, want lyk my min mense lees deesdae die forum...
RSVP:
- HeavyG
- Hilux 1
- george