Aircon vir die huis
- Frederick
- LR4WD, Lockers, Crawler Gears
- Posts: 1156
- Joined: Fri Nov 13, 2009 11:47 am
- Town: Hendrina Mpumalanga
- Vehicle: 2011 Hilux. 2016 79 Land Cruiser
- Real Name: Frederick
- Club VHF Licence: X42
Aircon vir die huis
Goeienaand.
Ek wil graag aircon in my huis sit. Waarna moet ek kyk? Watse maak?
Hoe kry ek een wat nie so vreeslik krag gebruik ni?
Wie sal betroubare bekostigbare installasie kan doen in pretoria?
Ek wil graag aircon in my huis sit. Waarna moet ek kyk? Watse maak?
Hoe kry ek een wat nie so vreeslik krag gebruik ni?
Wie sal betroubare bekostigbare installasie kan doen in pretoria?
- ChrisF
- Top Web Wheeler
- Posts: 8188
- Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
- Town: inniedorp
- Vehicle: Toy
- Real Name: Chris
Re: Aircon vir die huis
hier in die Kaap verkies ek Samsung. Diens is die beste.
Daikin het self goeie produkte
LG, Mitsibishi en n hele paar ander is glad nie sleg nie.
n standaard huis het slegs enkel fase krag met n 60A Main CB. Dus maak die aansit stroom van die grootter eenhede lekker sports met huis krag ... dink aan die ou welders wat so lekker die huis getrip het .... So jy soek regtig n "inverter eenheid". Gebruik omtrent dieselfde hoeveelheid totale krag, maar is baie sagter met die aansit en help dus baie.
kostes .... duur bly duur !!!!!!!
as jy die tipiese sit en braai area wil verkoel gaan jy n grootter eenheid insit, anders gaan die manne vir n kleintjie in die sitkamer EN n kleintjie in die slaapkamer ... net effek op die krag bly maar dieselfde. So storie kan jou maklik 10kW.h PER DAG kos vir so 4 tot 6 uur se gebruik.
Kom ons werk op n ronde R2 per kW.h (ons is een van die dae daar), dan is dit R20 per dag, of R600 per maand vir die AC (R300 tot R400 per maand is sekerlik meer realisties) .... Okay, jy sal dit darem nou ook nie 365 dae per jaar gebruik nie. MAAR, die ironie is dat dit geld gaan SPAAR in die winter !! Dit is die goodkoopste manier om jou huis te verhit !!!

natuurlik moet jy dan die "heat pump" model koop as jy ook wil warm maak in die winter. Kos omtrent niks ekstra nie en is regtig n "moet".
- Dowe Koos
- LR4WD, Lockers, Crawler Gears
- Posts: 1053
- Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
- Town: Pretoria
- Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
- Real Name: Hennie
Re: Aircon vir die huis
Hallo Fredirick. Ek het jare terug die soort werk gedoen, het lankal nie meer die gereedskap om dit te doen nie. Al wat ek nou vir jou kan sê is, wees versigtig vir te groot of te klein eenheid. Te groot kan jou meer kos in kragverbruik en die koop daarvan. Te klein gaan goedkoper kos maar moet harder werk on die area te verkoel wat dan ook jou kragverbruik gaan eet. Werk maar op 500 BTU per vierkante meter. So as jou vertrek 12 vierkante meter groot is, kry dan vir jou 6000 BTU grootte lugversorger. Ek het baie jare terug kontakte gehad, dus kan ek nie vir jou iemand aanbeveel nie. Muureenheid is 'n geslote eenheid waar jy 'n groot gat in die muur moet hê, maar jy het nie pypies wat gelas moet word nie - dis waar lekke voorkom. Gesplete eenheid is die een waar een deel binne in die vertrek is en die ander deel buite sit. Net 'n klein gat in die muur vir pypies om die twee dele met mekaar te verbind maar dan het jy 'n lek as die werk nie behoorlik gedoen is nie. Hoop dit help.
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
- ChrisF
- Top Web Wheeler
- Posts: 8188
- Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
- Town: inniedorp
- Vehicle: Toy
- Real Name: Chris
Re: Aircon vir die huis
Hennie die game het darem so bietjie verbeter intussen.
Met die "inverter" tegnologie word die kompressor spoed aangepas volgens die las, en dus word daar nie meer so baie energie vermors nie. Dus is dit nou "beter" om so klein bietjie te over-size, dit kan die vertrek vinniger afkoel wanneer jy by die huis kom, en sodra dit op temperatuur is loop die kompressor stadiger.
Vir huis gebruik kan jy nou ook "multi split eenhede" kry (nie die industriele VRV nie), een buite eenheid, met 2 of 3 binne eenhede. Tipies kan slegs 1 of 2 binne eenhede op n slag gebruik word (weens die beperkte krag by n huis), maar nou kan jy daai vertrek waar jy is verkoel.
Regtig lekker opsies nou. Maar als teen n prys. En die loop koste IS n realiteit !!

- Niel
- Moderator
- Posts: 7372
- Joined: Sun Jul 15, 2007 10:07 pm
- Town: Cape Town
- Vehicle: 2014, DC, D4D 3.0, 4x4
- Real Name: Niel
- Location: Bellville
- Contact:
Re: Aircon vir die huis
Is Samsung (inverter)steeds die beste opsie in die huisgebruik opsie hierbo. Tweedens watter installers (CT) kan jy aanbeveel indien moontlik?
- ChrisF
- Top Web Wheeler
- Posts: 8188
- Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
- Town: inniedorp
- Vehicle: Toy
- Real Name: Chris
Re: Aircon vir die huis
Niel ek sal more vir jou details stuur van die werk af.
-
- Low Range 4WD
- Posts: 195
- Joined: Mon Aug 17, 2009 10:17 am
- Town: Durbanville
- Vehicle: 2009 Toyota Hilux DC 3.0 D -4D 4X4
- Real Name: Ben
- Club VHF Licence: HC 136
Re: Aircon vir die huis
Ons is ook besig om kwotasie te kry om 'n lugversorger in die huis te installeer. Sover 4 kwotasies gekry en tydens hulle inspeksie het nie een Samsung of LG voorgestel nie omdat hulle naverkope diens swak is. Die produkte wat aan ons voorgestel is, is Daiken (duurder een), Midea (middle klas), Jet air, Alliance. Ons huis se plafon is te laag so 'n stuk kroonlys moet nou uitgesny word sodat die binne eenheid teenaan die plafon geinstaller kan word.
- ChrisF
- Top Web Wheeler
- Posts: 8188
- Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
- Town: inniedorp
- Vehicle: Toy
- Real Name: Chris
Re: Aircon vir die huis
Daikin is tans die duurste produk. Maar dan ook die mark leier as dit kom by nuwe tegnologie. Dit is n faktor vir die grootter stelsels. Ongelukkig het hul diens vlakke die laaste dekade verswak ...Whisky wrote:Ons is ook besig om kwotasie te kry om 'n lugversorger in die huis te installeer. Sover 4 kwotasies gekry en tydens hulle inspeksie het nie een Samsung of LG voorgestel nie omdat hulle naverkope diens swak is. Die produkte wat aan ons voorgestel is, is Daiken (duurder een), Midea (middle klas), Jet air, Alliance. Ons huis se plafon is te laag so 'n stuk kroonlys moet nou uitgesny word sodat die binne eenheid teenaan die plafon geinstaller kan word.
Geen kommentaar oor die Midea of JetAir ...
Alliance word deur presies dieselfde agente versprei as Samsung - FourWays. Dit is hul "budget range" produk. Eintlik baie snaaks as n kontrakteur kla oor Samsung maar dan vir jou Alliance aanbied .... Ons het dit al by n paar terreine gebruik met sukses. MAAR, dan laat ek toe vir die feit dat die Alliance brosjures "optimisties" is met hul krag verbruik getalle.
Klink wel of hulle liewer mik om goedkoop in te kom ...
- ChrisF
- Top Web Wheeler
- Posts: 8188
- Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
- Town: inniedorp
- Vehicle: Toy
- Real Name: Chris
Re: Aircon vir die huis
Ben hoe "diep" is die plafon ruimte ?Whisky wrote:Ons is ook besig om kwotasie te kry om 'n lugversorger in die huis te installeer. Sover 4 kwotasies gekry en tydens hulle inspeksie het nie een Samsung of LG voorgestel nie omdat hulle naverkope diens swak is. Die produkte wat aan ons voorgestel is, is Daiken (duurder een), Midea (middle klas), Jet air, Alliance. Ons huis se plafon is te laag so 'n stuk kroonlys moet nou uitgesny word sodat die binne eenheid teenaan die plafon geinstaller kan word.
'n Ceiling Casette eenheid mag dalk n opsie wees. Jy het so 350mm diepte nodig
- ChrisF
- Top Web Wheeler
- Posts: 8188
- Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
- Town: inniedorp
- Vehicle: Toy
- Real Name: Chris
Re: Aircon vir die huis
Menere ek het vir julle n PM gestuur
- louis fourie
- LR4WD, Lockers, Crawler Gears
- Posts: 1767
- Joined: Tue Dec 30, 2008 3:17 pm
- Town: Pretoria
- Vehicle: 2003 Hilux Raider Facelift D/C 3.0 KZTE
- Real Name: Louis
- Club VHF Licence: X101
Re: RE: Re: Aircon vir die huis
Ek het nog nie 'n pm gekry nieChrisF wrote:Menere ek het vir julle n PM gestuur
-
- Low Range 4WD
- Posts: 195
- Joined: Mon Aug 17, 2009 10:17 am
- Town: Durbanville
- Vehicle: 2009 Toyota Hilux DC 3.0 D -4D 4X4
- Real Name: Ben
- Club VHF Licence: HC 136
Re: Aircon vir die huis
Dankie het PM gekryChrisF wrote:Menere ek het vir julle n PM gestuur
- ChrisF
- Top Web Wheeler
- Posts: 8188
- Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
- Town: inniedorp
- Vehicle: Toy
- Real Name: Chris
Re: RE: Re: Aircon vir die huis
sorry, maar ek ken nie kontrakteurs annerkant die berg nie ...louis fourie wrote:Ek het nog nie 'n pm gekry nieChrisF wrote:Menere ek het vir julle n PM gestuur
- louis fourie
- LR4WD, Lockers, Crawler Gears
- Posts: 1767
- Joined: Tue Dec 30, 2008 3:17 pm
- Town: Pretoria
- Vehicle: 2003 Hilux Raider Facelift D/C 3.0 KZTE
- Real Name: Louis
- Club VHF Licence: X101
Re: RE: Re: RE: Re: Aircon vir die huis
ChrisF wrote:sorry, maar ek ken nie kontrakteurs annerkant die berg nie ...louis fourie wrote:Ek het nog nie 'n pm gekry nieChrisF wrote:Menere ek het vir julle n PM gestuur