HILUX VIGO 4X4 NOT ENGAGING TROUBLE SHOOTING AND ADD REBUILD
- Oosie101
- LR 4WD Rear Locker
- Posts: 310
- Joined: Sat Apr 26, 2014 10:17 pm
- Town: Roodepoort
- Vehicle: 2007 Toyota Hilux 4.0 V6 AT
- Real Name: Nicolaas
- Club VHF Licence: X298
- Location: Roodepoort

Soos van julle weet het ek so paar weke gelede probleme gehad met my 2007 V6 Hilux se 4x4 wat nie wou engage nie. Ek en Nathaniel (Springkaan op die forum) het n Saterdag spandeer om te probeer uitvind wat die probleem kan wees.
Troubleshooting het soos volg gegaan:
Heel eerste het ons vasgestel of die voorste driveshaft draai as die Hilux in 4H of 4L is, dit was wel die geval en ons het toe besluit dat die probleem genadiglik nie by die Transfer Case was nie. Ons het egter steeds deur die hele troubleshooting proses gegaan.
Ons het eerste gekyk na die System diagram en Parts location in die service manual:
Alles wat gemerk is het ons getoets. (asook die nodige fuses natuurlik) Ons het eers begin deur al die transfer indicator switches te toets. Dit was nogal ‘n storie aangesien die outjies maar bitter moeilik is om by uit te kom as jy nie ten minste die centre console uithaal en die grommet wat die clamp op die ratkas vashou losmaak nie. Al 3 die switches was uitgeplug en getoets met ‘n multimeter terwyl ons die kort kierie tussen 2H, 4H, N en 4L rondgeskuif het. Al die switches het mooi gewerk.
Volgende moes ons ‘n manier kry om die 4WD ECU te toets. Gelukkig kon ons met iemand reel om met sy D4D ‘n draai te maak vir ‘n bier en om gou ECU’s te ruil. Dit gedoen, het vasgestel dat die ECU nie die probleem was nie.
Ons moes toe doen wat ons nog heeldag probeer uitstel het, en dit is om die ADD af te haal en oop te maak. Die rede hoekom ons dit probeer vermy het was hoofsaaklik omdat ons weer Diff olie sou moes ingooi (en dis omtrent ‘n mission op sy eie ) omdat daar heelwat uit loop as jy die ADD afhaal.
Ons het begin en 1 plug en 4 x 8mm boute later was die ADD af. (een van die 4 is nogal moeilik om by uit te kom) Ons moes die ADD ook liggies klop met ‘n rubber hammer om los te kom.
Hier is hoe dit lyk as hy op is: (nie op my bakkie die een nie, foto op die internet gesoek van een) Hier is hoe dit lyk as hy af is: Die ADD is oopgemaak en ons het het hom propvol ou water gekry… alles mooi vas geroes (so lyk of die water al vir ‘n rukkie daar binne was, wat nogal impressive was aangesien ek nog net die naweek voor dit met hom ‘n 4x4 roete gedoen het en alles het mooi gewerk) Water uitgegooi en dit is hoe hy gelyk het. Ons het die oorsaak van die water opgespoor, breather nipple wat afgebreek het. Blykbaar ‘n algemene verskynsel. Die breather nipple het binne die pyp gesit, so ons kon hom gelukkig nog red.

Re: HILUX VIGO 4X4 NOT ENGAGING TROUBLE SHOOTING AND ADD REB
Binnekant van die ADD is skoongemaak met bietjie petrol en ‘n verfkwas. Die motortjie was ook heeltemal vasgeroes maar nadat ons hom skoongemaak het en bietjie Q20 gespuit het het hy weer gedraai.
Maak seker as julle die gears en spring afhaal dat julle dit weer presies dieselfde terugsit. (neem maar fotos voor die tyd… ons het nie en het lekker gesukkel om die regte timing weer te kry)
Die punt waar die kontakte van die motortjie kontak maak in die ADD is ook maar ‘n probleem gewees. Hulle was glad nie gesoldeer nie en ons het toe sommer dit ook gedoen terwyl ons besig was.
Die breather nipple is vasgeplak met Q Bond
Ons het bietjie moeilikheid gehad toe ons die motortjie uithaal om skoon te maak. As julle dit doen, onthou net hoe hy weer terug gesit moet word. Ons het die motor eers verkeerd om opgesit en hy het toe verkeerde kant toe gedraai omdat die polariteite omgeruil was.
Daar is o-ring seel in die ADD wat perongeluk in die petrol beland het toe ons skoongemaak het. Die het toe uitgerek en nie meer gepas nie, soveel so dat ons maar gesny het om te maak pas en net mooi geseel het met silicon.
- Oosie101
- LR 4WD Rear Locker
- Posts: 310
- Joined: Sat Apr 26, 2014 10:17 pm
- Town: Roodepoort
- Vehicle: 2007 Toyota Hilux 4.0 V6 AT
- Real Name: Nicolaas
- Club VHF Licence: X298
- Location: Roodepoort
Re: HILUX VIGO 4X4 NOT ENGAGING TROUBLE SHOOTING AND ADD REB
Alles in die ADD was mooi gegrease en toe is die outjie terug aan mekaar gesit met die claw in die 2WD posisie. Maak ook dan seker dat die kort kierie in die 2H posisie is.
(Jy kan hom sommer met die hand skuif om ooreen te stem met die ADD)
2WD: 4WD: Die ADD was terug gesit, diff olie ingegooi en alles het weer 100% gewerk, behalwe die liggie op die dash wat aandui dat die 4x4 aan is… ons vermoed daar is ‘n switch in die ADD wat dalk net TE VEEL water gekry het. Meganies werk alles egter 100%.
Ons het ook vasgestel dat as die ADD ooit sou oppak in die bos is dit heel eenvoudig om die twee sideshafts permanent in 4x4 te sluit. Haal die ADD af, skuif die sleave in die 4x4 posisie in en maak seker die ADD se gears is in die regte posisie sodat die claw ook in 4x4 is, sit hom dan terug maar moet hom nie inplug nie.
Hier is fotos van die sleave op die sideshaft wat wys wanneer hy in 2WD of 4WD is:(Jy kan hom sommer met die hand skuif om ooreen te stem met die ADD)
2WD: 4WD: Die ADD was terug gesit, diff olie ingegooi en alles het weer 100% gewerk, behalwe die liggie op die dash wat aandui dat die 4x4 aan is… ons vermoed daar is ‘n switch in die ADD wat dalk net TE VEEL water gekry het. Meganies werk alles egter 100%.
Ons het ook vasgestel dat as die ADD ooit sou oppak in die bos is dit heel eenvoudig om die twee sideshafts permanent in 4x4 te sluit. Haal die ADD af, skuif die sleave in die 4x4 posisie in en maak seker die ADD se gears is in die regte posisie sodat die claw ook in 4x4 is, sit hom dan terug maar moet hom nie inplug nie.
- Masekind
- LR4WD, Lockers, Crawler Gears
- Posts: 1235
- Joined: Mon Feb 18, 2013 11:41 am
- Town: Lichtenburg
- Vehicle: 2005 Hilux 4x4 v6, LR tank, ARB Bumper. (iJzer)
- Real Name: Drikus
- Location: Lichtenburg
Re: HILUX VIGO 4X4 NOT ENGAGING TROUBLE SHOOTING AND ADD REB
Baie dankie vir die info dit gaan ons ander baie help
If you don’t build your dreams someone else will hire you to build there’s
- toyo v6
- High Range 4WD
- Posts: 37
- Joined: Sun Apr 13, 2014 11:32 am
- Town: gauteng
- Vehicle: hilux 4x4 v6
- Real Name: paul
Re: HILUX VIGO 4X4 NOT ENGAGING TROUBLE SHOOTING AND ADD REB
Baie goed gedoen manne ek sekker iemand gaan die info in die toekoms gebruik.
Sent from my GT-I9190 using Tapatalk
Sent from my GT-I9190 using Tapatalk
-
- LR 4WD Rear Locker
- Posts: 268
- Joined: Mon Feb 15, 2010 2:02 pm
- Town: Pretoria
- Vehicle: Hilux V6
- Real Name: Andre
Re: HILUX VIGO 4X4 NOT ENGAGING TROUBLE SHOOTING AND ADD REB
Gaan hierdie save vir eendag - dankie vir die deeglike verduideliking
- Mud Dog
- Moderator
- Posts: 29859
- Joined: Tue Apr 29, 2008 2:18 am
- Town: East London
- Vehicle: '90 SFA Hilux DC 4X4, Full OME, 110mm lift. Brospeed branch, 50mm ss freeflow exhaust. 30 x 9.5 Discoverer S/T's on Viper mags. L/R tank. (AWOL) '98 LTD 2.4 SFA, dual battery system. Dobinson suspension, LR tanks, 31" BF mud's.
- Real Name: Andy
- Club VHF Licence: HC103
Re: HILUX VIGO 4X4 NOT ENGAGING TROUBLE SHOOTING AND ADD REB
Nice detailed article - sommer made it a "Sticky"
When your road comes to an end ...... you need a HILUX!.
Life is like a jar of Jalapeño peppers ... what you do today, might burn your ass tomorrow.
Don't take life too seriously ..... no-one gets out alive.
It's not about waiting for storms to pass. It's about learning to dance in the rain.
And be yourself ..... everyone else is taken!

- Hangover
- LR4WD, Lockers, Crawler Gears
- Posts: 1374
- Joined: Thu Sep 29, 2011 9:55 am
- Town: Deneysville
- Vehicle: '76 FJ45 , '13 3.0 D4D Hilux
- Real Name: Stef
Re: HILUX VIGO 4X4 NOT ENGAGING TROUBLE SHOOTING AND ADD REB
Dankie nou weet ek ook vir ingeval...
Hangover(A.K.A die speelding)
1976 FJ45 4x4
1UZ-FE 4.0vvti
2" OME Suspension lift
1.5" Shackle lift
35" Geo MT's
Custom Bullbar
Lockright Locked rear
York OBA
20" LED bar
Nighthawk 100W spots
Dakar
2013 3.0D-4D 4x4 Hilux Dakar
1976 FJ45 4x4
1UZ-FE 4.0vvti
2" OME Suspension lift
1.5" Shackle lift
35" Geo MT's
Custom Bullbar
Lockright Locked rear
York OBA
20" LED bar
Nighthawk 100W spots
Dakar
2013 3.0D-4D 4x4 Hilux Dakar
-
- LR4WD, Lockers, Crawler Gears
- Posts: 1484
- Joined: Mon May 07, 2012 12:33 pm
- Town: Pretoria
- Vehicle: Toyota Hilux Dakar 2.8 GD-6 DC 4X4
- Real Name: Marnus
- Location: Pretoria Oos
- Contact:
Re: HILUX VIGO 4X4 NOT ENGAGING TROUBLE SHOOTING AND ADD REB
Dankie. Dit is 'n uitstekende post!!!
- Oosie101
- LR 4WD Rear Locker
- Posts: 310
- Joined: Sat Apr 26, 2014 10:17 pm
- Town: Roodepoort
- Vehicle: 2007 Toyota Hilux 4.0 V6 AT
- Real Name: Nicolaas
- Club VHF Licence: X298
- Location: Roodepoort
Re: HILUX VIGO 4X4 NOT ENGAGING TROUBLE SHOOTING AND ADD REB
Thanks manne.
Ek dog toe ek bel vir 'n paar Toyota dealerships om kwotasies te kry om te sien hoeveel geld ek gespaar het. (hulle sou mos net die ADD vervang het).
Die eerste dealership moes ek letterlik 'n foto stuur van die ADD want hulle het nie geweet waarvan ek praat nie. Die volgende een moes my so 2 keer terugbel om te vra wat presies die ADD is en wat hy doen...
Een van die dealerships het sommer vir my gese hulle doen nie die fitment van die ADD nie, hulle stuur hom na 'n gearbox&diff centre om dit te doen want die job is te groot...
ADD alleen - R 4,132.00
ADD plus labour - R 5,767.00

- LouisZ
- Monster Truck
- Posts: 2175
- Joined: Tue Feb 05, 2008 1:51 pm
- Town: Pretoria
- Vehicle: Toyota Hilux D/C 1996
- Real Name: Louis
- Location: Pretoria, Centurion
Re: HILUX VIGO 4X4 NOT ENGAGING TROUBLE SHOOTING AND ADD REB
Goed geskryf.
Die Fortuner, Hilux en dan ook die FJ het dieselfde ADD problem veral die motor se drade wat nie goed gesoldeer is nie. Daar word baie op die Amerikaanse 4x4 Forums daarvan gepraat.
Net joune is mooi uiteengesit met die fotos.
Die Fortuner, Hilux en dan ook die FJ het dieselfde ADD problem veral die motor se drade wat nie goed gesoldeer is nie. Daar word baie op die Amerikaanse 4x4 Forums daarvan gepraat.
Net joune is mooi uiteengesit met die fotos.
- Oosie101
- LR 4WD Rear Locker
- Posts: 310
- Joined: Sat Apr 26, 2014 10:17 pm
- Town: Roodepoort
- Vehicle: 2007 Toyota Hilux 4.0 V6 AT
- Real Name: Nicolaas
- Club VHF Licence: X298
- Location: Roodepoort
Re: HILUX VIGO 4X4 NOT ENGAGING TROUBLE SHOOTING AND ADD REB
Thanks Louis...
Ons het juis so bietjie op die FJ forum rondgesoek en het agter gekom hulle sukkel ook daarmee ja.

- Newbie
- Posts: 5
- Joined: Tue Oct 04, 2011 10:30 am
- Town: pretoria
- Vehicle: toyota hilux 4L V6 4x4
- Real Name: Ryno
Re: HILUX VIGO 4X4 NOT ENGAGING TROUBLE SHOOTING AND ADD REB
Ek het ook ander dag die add oor gedoen. Onder die groot rat is daar n micro switch met so klein oortjie wat afbreek as jy die deksel afhaal. Ek het dit weer opgebou met q-bond en my liggie het weer reg gewerk.
- Oosie101
- LR 4WD Rear Locker
- Posts: 310
- Joined: Sat Apr 26, 2014 10:17 pm
- Town: Roodepoort
- Vehicle: 2007 Toyota Hilux 4.0 V6 AT
- Real Name: Nicolaas
- Club VHF Licence: X298
- Location: Roodepoort
Re: HILUX VIGO 4X4 NOT ENGAGING TROUBLE SHOOTING AND ADD REB
Hoekom moes jy die ADD oordoen? Myne het water ingekry, selfde met joune?rynobez wrote:Ek het ook ander dag die add oor gedoen. Onder die groot rat is daar n micro switch met so klein oortjie wat afbreek as jy die deksel afhaal. Ek het dit weer opgebou met q-bond en my liggie het weer reg gewerk.
Ek hoop nie om hom gou weer oop te maak nie, maar as ek ooit moet sal ek jou idee vir die switch gebruik, baie dankie!
Sent from my iPhone using Tapatalk
- 3.0 D4-D
- High Range 4WD
- Posts: 35
- Joined: Thu May 06, 2010 3:21 pm
- Town: ofcolaco
- Vehicle: fortuner 3.0 D4-D,hilux 2007 V6 4x4
- Real Name: ben
Re: HILUX VIGO 4X4 NOT ENGAGING TROUBLE SHOOTING AND ADD REBUILD
Dankie die het my baie gehelp.ADD was vol water en elektriese motor het geroes waar 2 kragpunte vas gesoldeer word.nou is 4x4 weer reg.liggie op dashbord werk nie as 4x4 geselekteer word maar dis okey vir nou tenminste werk 4x4 nou.dankie vir n goei brokkie inligting
TOYOTA,NET DIE BESTE IS GOED GENOEG
2004 kzte 4x4 rip
2004 kzte 4x4 rip
- Jaans
- LR 4WD Full Lockers
- Posts: 504
- Joined: Sun Nov 21, 2010 4:39 pm
- Town: Benoni
- Vehicle: 2005 4L V6 DC Hilux; Pajero Sport 2.5 4x4 M/T
- Real Name: Johannes
Re: HILUX VIGO 4X4 NOT ENGAGING TROUBLE SHOOTING AND ADD REBUILD
Dankie vir die uitstekende artikel.
1 Kor 1:18 " Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God."
- Hi-Hilux
- Monster Truck
- Posts: 2828
- Joined: Mon Jul 21, 2008 11:22 am
- Town: Tsumeb
- Vehicle: 1991 Hilux2.2 ---1987 Hilux D/C Hella 1000, Rancho RS9000XL shocks, Good Year M/TR, Warn Winch, STK bullbar, Extended shacles, Kenwood VHF-SOLD
- Real Name: Trevor
- Location: Namibia
Re: HILUX VIGO 4X4 NOT ENGAGING TROUBLE SHOOTING AND ADD REBUILD
Dankie, kan handing wees in die toekoms
Is gebed jou spaarwiel of jou stuurwiel?
'Life is a coin. You can spend it anyway you wish, but you can only spend it ONCE'

- Buffel
- Low Range 4WD
- Posts: 127
- Joined: Fri Jun 20, 2008 1:03 pm
- Town: Kathu
- Vehicle: Toyota Hilux D/C v6 4x4 VVTI & SFA D/C 4X4 Lexus
- Real Name: Stephan
- Location: Kalahari
Re: HILUX VIGO 4X4 NOT ENGAGING TROUBLE SHOOTING AND ADD REBUILD
Dankie manne dis presies nou die issue waarmee ek sit. Gaan die besigheid nou uit haal en kyk of dit my probleem is.Wat n gemors.
http://s1052.photobucket.com/user/Busht ... sort=3&o=8http://s1052.photobucket.com/user/Busht ... sort=3&o=9Hilux v6 vvti 4.0 4x4 & SFA D/C Lockers front and rear v8 Lexus 35" BF Muds + Winch
-
- High Range 4WD
- Posts: 60
- Joined: Wed Dec 16, 2020 4:22 pm
- Town: Middelburg
- Vehicle: Toyota Hilux & Prado
- Real Name: Monty
Re: HILUX VIGO 4X4 NOT ENGAGING TROUBLE SHOOTING AND ADD REB
Baie dankie, ek is nou daar!Oosie101 wrote: ↑Wed Oct 29, 2014 4:11 pm Binnekant van die ADD is skoongemaak met bietjie petrol en ‘n verfkwas. Die motortjie was ook heeltemal vasgeroes maar nadat ons hom skoongemaak het en bietjie Q20 gespuit het het hy weer gedraai.
Cleaning with petrol.JPG
Maak seker as julle die gears en spring afhaal dat julle dit weer presies dieselfde terugsit. (neem maar fotos voor die tyd… ons het nie en het lekker gesukkel om die regte timing weer te kry)
Cleaned up 1.JPG
Die punt waar die kontakte van die motortjie kontak maak in die ADD is ook maar ‘n probleem gewees. Hulle was glad nie gesoldeer nie en ons het toe sommer dit ook gedoen terwyl ons besig was.
Cleaned up 2.JPG
Die breather nipple is vasgeplak met Q Bond
Breather nipple fixed with Q Bond.JPG
Ons het bietjie moeilikheid gehad toe ons die motortjie uithaal om skoon te maak. As julle dit doen, onthou net hoe hy weer terug gesit moet word. Ons het die motor eers verkeerd om opgesit en hy het toe verkeerde kant toe gedraai omdat die polariteite omgeruil was.
ADD motor bracket.JPG
Daar is o-ring seel in die ADD wat perongeluk in die petrol beland het toe ons skoongemaak het. Die het toe uitgerek en nie meer gepas nie, soveel so dat ons maar gesny het om te maak pas en net mooi geseel het met silicon.
O-ring.JPG
O-ring too big.JPG
O-ring cut shorter.JPG
-
- High Range 4WD
- Posts: 60
- Joined: Wed Dec 16, 2020 4:22 pm
- Town: Middelburg
- Vehicle: Toyota Hilux & Prado
- Real Name: Monty
Re: HILUX VIGO 4X4 NOT ENGAGING TROUBLE SHOOTING AND ADD REB
Dis blykbaar hierdie limit switch? Dit ook verkieslik gesoldeer word aangesien dit dieselde "swak" konneksies as die motortjie het?Oosie101 wrote: ↑Fri Jan 16, 2015 6:04 amHoekom moes jy die ADD oordoen? Myne het water ingekry, selfde met joune?rynobez wrote:Ek het ook ander dag die add oor gedoen. Onder die groot rat is daar n micro switch met so klein oortjie wat afbreek as jy die deksel afhaal. Ek het dit weer opgebou met q-bond en my liggie het weer reg gewerk.
Ek hoop nie om hom gou weer oop te maak nie, maar as ek ooit moet sal ek jou idee vir die switch gebruik, baie dankie!
Sent from my iPhone using Tapatalk
- WitRatel
- Newbie
- Posts: 9
- Joined: Sun Jan 30, 2022 6:17 pm
- Town: Kuilsrivier
- Vehicle: 2016 Toyota Hilux 2.4 4X4 GD6
- Real Name: Alvino
Re: HILUX VIGO 4X4 NOT ENGAGING TROUBLE SHOOTING AND ADD REBUILD
Hi manne
My 2016 GD6 2.4 Hilux 4x4 gee selfde probleem, ook gesien op Youtube dis wat moet gedoen word, dealers soos julle se wil net vervang, gearbox shops wil transfer case sommer oop maak vir geen rede. Ek sal myne ook met oopmaak en kyk, want het eerste die een agter by transfer case oop gemaak en nogsteeds liggie wat net flash, maar het al gehoor die hook beweeg as ek onder bakkie le.