Hallo
Ek is opsoek na advies en ek hoop iemand op die forum kan my help.
My hilux (2014 model) se voorste standaard bumper het seer gekry nadat die stainless steel nudgebar se brackets terug geskyf het gedurende n onlangse 4x4 roete waar die nudgebar kontak gemaak het met die grond. Dit het veroorsaak dat ek nou met twee sulke lelike swart gleuwe op die standaard bumper sit (met die wit staan dit nogal uit).
Ek het myself vererg vir die nudge bar, en besluit om hom af te haal voor hy nog skade aanrig.
Nou wil ek graag by julle hoor, is daar n maklike mannier om dit reg te maak? Of moet ek soek na n mooi 2de handse bumper by iemand op die forum wat hulle bakkie sin vervang het met een van daai oulike replacement bullbars? (En wat sal n goeie prys op so n outjie wees?)
As dit die geval is, sal dit nodig wees om die nuwe bumper oor te spray of behoort die kleure oor een te stem?
Hopelik is daar iemand wat my kan help hiermee
Groete
Hilux Vigo std voorste bumper
- Oosie101
- LR 4WD Rear Locker
- Posts: 310
- Joined: Sat Apr 26, 2014 10:17 pm
- Town: Roodepoort
- Vehicle: 2007 Toyota Hilux 4.0 V6 AT
- Real Name: Nicolaas
- Club VHF Licence: X298
- Location: Roodepoort
Re: Hilux Vigo std voorste bumper
Hi Vian,
Ek stel voor jy post iets onder die "wanted" afdeling en hou maar ook die classifieds op ander forums dop... mens sien so nou en dan iemand wat een adverteer.
Ek het my Hilux gekoop met 'n replacement bumper reeds op, so ek is nie eintlik seker of die manne by die 4x4 winkels die standaard bumpers dalk hou as hulle vir iemand 'n replacement bumper opgesit het nie... dalk 'n goeie idee om te probeer uitvind.
Jy kan ook dalk vir Gemini Parts bel en hoor of hulle jou kan help. Hulle verkoop wel pirate parte, maar ek het uitgevind so ruk terug dat hulle wel oorspronklike Toyota parte verkoop en het 'n starter vir my Hilux daar gekoop teen minder as die helfde van Toyota se prys, en dit was 'n oorspronklike Toyota part.
Die ander opsie is om op Facebook te soek vir 'n profile met die naam van DHD Spares - https://www.facebook.com/pages/Dhd-Spar ... 55?fref=ts" onclick="window.open(this.href);return false;
Hulle is in Pretoria en het nogal baie 2nd hand Toyota parte.
Hoop jy kom reg!

- antlo69
- LR 4WD Rear Locker
- Posts: 459
- Joined: Sun Mar 03, 2013 10:56 pm
- Town: Pretoria North
- Vehicle: Toyota Hilux 3.0 D-4D, leveling kit, 17" with A/T BFg's, sadly stil some Tupperware, wish list growing by the day
- Real Name: Antonie
- Location: Pretoria North
Re: Hilux Vigo std voorste bumper
Wat ookal jy doen, bly weg van n pirate bumper. Trust my op die een.
Sent from my SM-G925F using Tapatalk
Sent from my SM-G925F using Tapatalk
"Must be a Toyota, must be a diesel and must run on BFG's"
- ChrisF
- Top Web Wheeler
- Posts: 8188
- Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
- Town: inniedorp
- Vehicle: Toy
- Real Name: Chris
Re: Hilux Vigo std voorste bumper
as jy nog trails gaan doen GAAN daai nudgebaar dit net weer en weer doen ....
oorweeg n "4x4 bumper", iets soos Burnco of soortgelyk.
Ek hou nogal van die Burnco model, veral as dit dieselfde kleur as die voortuig gespuit is.
vir n oorspronklike Toyota bumper ... ja, kyk hier vir die manne wat dit dalk adverteer. Meeste los dit net so by die fitment centre .... so kontak maar die 4x4 fitment centres in jou area.

- coetzer94
- Low Range 4WD
- Posts: 228
- Joined: Tue Nov 18, 2014 9:13 pm
- Town: Pretoorsdorp
- Vehicle: Silver Hilux DC 2.8 GD-6 2016
- Real Name: Vian
Re: Hilux Vigo std voorste bumper
Baie dankie vir al die voorstelle! Ek sal beslis bietjie rond kyk vir eenetjie wat moes plek maak vir n bosbumper.
@Chris ek het n redelike idee van hie ek die bakkie wil laat lyk, en alhowel dit n mooi bumper is, is dit nie die "look" waarvoor ek wil gaan nie (ek het in elk geval nie nou die bokke daarvoor nie). Ek is nogal baie spesifiek as dit by die tipe van ding kom.
Op die staduim wil ek my wrap around afhaal, die bumper met n mooi oorspronklike een vervang en die winch agter die bumper mount.

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Working on my bucket list only makes it longer
Working on my bucket list only makes it longer
- coetzer94
- Low Range 4WD
- Posts: 228
- Joined: Tue Nov 18, 2014 9:13 pm
- Town: Pretoorsdorp
- Vehicle: Silver Hilux DC 2.8 GD-6 2016
- Real Name: Vian
Re: Hilux Vigo std voorste bumper
Ek het vanmiddag by n oulike plek hier in pta noord gestop, Tokia LDV, hulle spesialiseer in cruisers en hiluxes. Hoofsaaklik koop hulle wrakke, strip en verkoop dan die spares daaruit. Ek het al n paar parte by hulle gekry teen bilike pryse.
Hulle kry ook baie van die fitment centres se parte insluitend die bumpers wat van die bakkies af kom.
Hulle het moontlik eenetjie wat binnekort inkom, so ek gaan wag en kyk hoe die toestand is
Voor ek vergeet Chris, ek het baie vinnig van daai nudge ontslae geraak, die ding veroorsaak net moeilikheid! Het toe n wraparound bullbar aangeskaf, maar dis nie presies wat ek soek nie so hy gaan nou verkoop word. So eksperimenteer ek maar met idees om die bakkie perfek te kry
Hulle kry ook baie van die fitment centres se parte insluitend die bumpers wat van die bakkies af kom.
Hulle het moontlik eenetjie wat binnekort inkom, so ek gaan wag en kyk hoe die toestand is
Voor ek vergeet Chris, ek het baie vinnig van daai nudge ontslae geraak, die ding veroorsaak net moeilikheid! Het toe n wraparound bullbar aangeskaf, maar dis nie presies wat ek soek nie so hy gaan nou verkoop word. So eksperimenteer ek maar met idees om die bakkie perfek te kry
--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Working on my bucket list only makes it longer
Working on my bucket list only makes it longer
- ChrisF
- Top Web Wheeler
- Posts: 8188
- Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
- Town: inniedorp
- Vehicle: Toy
- Real Name: Chris
Re: Hilux Vigo std voorste bumper
Voorspoed met die soektog :)
JA, die "look" is n baie persoonlike ding. En elkeen hou van iets anders.
Loer gerus op Burnco se webtuiste. Hul "colour matched" bumpers pas nogal goed in. Op n afstand moet jy weet waarvoor om te kyk anders sal jy nie sommer weet dis n bos-bumper nie ..... maar ja, dit vat maar n paar bokke ...