![Crying or Ve :cry:](./images/smilies/icon_crynew.gif)

Almal wat binne die voertuig is is fine. Paar bloukolle en kneus plekke maar niks ernstig nie.
![Thumbup :thumbup:](./images/smilies/icon_thumbup.gif)
Nou vra julle my hoe de ongeluk kry mens dit reg. Daai vraag het van Saterdag tot nou al soveel keer deur my kop gemaal. Wel die storie staan so. Ons, Johan en Johan-hulle het bietjie gaan ry by Heidelberg 4x4 trail. Dit was 'n lekker outing en ons het die bergroete gedoen, toe in die speel area (waar hulle training ook doen) gaan ry en toe om die dag af te sluit, die obstacles by die dam area gaan ry.
Nou die van julle wat nie Heidelberg ken nie dit is so tipe van 'n groot plat area, met 'n dam aan die een kant (omtrent heeltemal droog) en dan obstacle rondom (mens kan dit seker walle noem). Wel ek het voor gery en was so entjie voor die ander, ry toe teen die een obstacle op en gaan om om hom weer te doen maar die keer wou ek hom in 2WD doen. Sit hom in 2WD en ry om. Halfpad deur toe sien ek Johan hulle oppad na die obstacle toe en besluit toe ek wil gou vir hulle iets wys aan die bokant van die obstacle waar ek nou net was en wil toe gou omdraai.. no problem. Maak toe basies die U-turn maar
![Shocked :shock:](./images/smilies/icon_eek.gif)
![Shocked :shock:](./images/smilies/icon_eek.gif)
![Shocked :shock:](./images/smilies/icon_eek.gif)
Ek het nie op gelet die diff-loc was nog aan van 'n vroeër obstacle nie
![Blushing :blushing:](./images/smilies/blush2.gif)
Dit is regtig moeilik om te glo dat dit kon gebeur teen daai lae spoed. Die tyre het ook nie eers van die rim af getrek nie.
Anyway, kry almal los binne wat soos vlermuise hang aan hulle sitplek gordels en Johan hulle help almal uit. Toe spring Johan en Johan daar weg in overdrive en begin planne maak om die bakkie weer op sy wiele te kry. Ons maak toe toue aand die hoogste deel van die chassis vas wat na weerskante toe gaan sodat as ons hom op sy wiele trek, hy nie dan oor flip ander kant toe of so iets nie. Linda het 'n video geneem van dit en ek sal dit netnou op Youtube sit. Julle kan nie glo hoe professioneel Johan en Johan daai recovery gedoen het nie... baie dankie manne. Staan toe rond en tel al die goed op wat uit geval het ens. Maak die bonnet oop en kyk of alles darem oraait lyk daar en dit doen toe (bietjie olie en brake fluid uit geloop maar geen petrol of so enige ander plek nie).
Ons forseer toe die dag weer bietjie op dat ek weer in die bestuur sitplek kan sit en start toe die bakkie en ry so paar draaie om te kyk of alles verder oraait is. Dit is toe en toe ry ons in konvooi (ek in die middel) terug huis toe.
Net weereens dankie se vir Johan, Johan, Deirdre en Chante wat ons so mooi gehelp het.
En nou... nou om die my bakkie uit gesort te kry :| :| :|
View Original