Dis altyd moeilik om te meet hoe vêr jy 'n groep kan vat. Dankie tog ons kon Sondag gaan speel dat die spoeg spat. Riana, jy't Sondag gery op plekke waar die gemiddelde ou wat homself beskou as 'n offroader oor nagmerries kry, EN JY'T VERDOMP GOED GEDOEN!! Ek sal Japie mooi inlig volgende week...lyk my dit loop in die bloed
Francisco, jy gaan erg sukkel om weer daai lorrie se stuurwiel te kry...
Cassie ek laaik jou mense. Baie lekker gees onder die klomp. Kom baie duidelik oor op die radio
Ek het tussen Saterdag en Sondag Helshoogte by 3 Provinsies op en af gery, Klipdrift, god se pad op en af EN Koos se klim op en af, en ja baie ouens sal dink dis waaroor dit gaan. Vir my is daai al 'n bysaak. Het dit mos darm al 'n slag of wat gedoen. Wat lekker is, is om saam 'n groep lekker mense te ry wat volwasse genoeg is om ORDENTLIK met mekaar kan grappe maak, en niemand raak kwaad nie. Soos Sondag.
Ek het dit erg geniet. Dankie vir almal van julle.
ps. Fransina, ek het al groot mans harder hoor skree as daai. Ons sal moet teruggaan en harder probeer.
pps. Ernst, het die knieë al tot rus gekom
ppps. Ek wonder of die gat in die Jeep se regs voor seat al reggemaak is
Net grappies natuurlik
Julle ouens het blerrie goed gedoen. Dit was Adele se eerste keer oor Koos se klim, en god se pad, en sy sê dit lyk baie erger van buite af as van binne af... Wel, die ouens wat saam gery het moet maar self besluit oor daai een :problem: