Dag se Almal
Ek het nou lank gekyk vir lekker roetes en uit eindelik op 'n roete besluit.
Sondag 4 Augustus.
Ons almal kom bymekaar by Oranje Rus op Kanon Eiland by mekaar en slaap die aand daar.
Maandag 5 Augustus
Ry van Oranje Rus na Lock Maree. Dis so 310km van Kanoneiland,groot gedeelte teerpad. Daar slaap ons die aand.
Dinsdag 6 Augustus
Staan lekker rustig op en vat hulle 4x4 roete aan. Dit is net Rooi Duine waar jy kyk. Die roete gaan ons +- 5ure neem. Na die roete is dit terug kamp toe en net ontspan. Slaap nog n aand daar.
Woensdag 7 Augustus
Staan lekker rustig op, maak ontbyt en vertrek na Leeupan. Dit is maar 240km maar dit gaan stadig gaan. Daar is 'n paar uitdagings opad na Leeupan. By Leeupan gaan ons net die een aand slaap. Daar is 'n 4x4 roete wat ons kan ry. Daar sal ek ook aanraai om weer vol te maak met brandstof.
Donderdag 8 Augustus.
Staan weer rustig op. Maak ontbyt en vertrek na ons laaste stop Transboegoeberg. Dit is 'n lang afstand so 380km. Maar dit gaan die moete werd wees. Daar slaan ons kamp op teen die dam en kan leker ontspan.
Vrydag 9 Augustus.
Staan weer rustig op. Dan vat ons hulle 4x4 roete. Daar is 'n duin wat baie min bakkies kon uit kom. Die roete kan ons op ons tyd doen. Kan later besluit om n brunch op die roete te maak of maar klaar te ry en dan te eet. As onsklaar met die roete is,is dit weer terug kamp toe om te gaan ontspan. Die wat wil visvang kan so maak.
Saterdag 10 Augustus.
Daar is niks beplan vir die dag nie. Ekt gedink om vir julle die ou asbes myne te gaan wys wat so paar jaar trug op TV was. Maar die wat moet ver ry is welkom om al die oggend op te pak en terug te keer huis toe. Maar die van julle wat nie so haastig is nie, kan nog 'n aand oorslaap en die Sondag terug keer.
Ek sal later al die kampeer kostes op sit. Is nog besig om te onderhandel opdie pryse. Die algemene kostes vir kamp sal so R80 p.p.p.n wees.
Al die plekke wat ons gaan slaap kan julle op die internet gaan opsoek en sien hoe dit daar lyk.
![Yahoo :yahoo:](./images/smilies/yahoo.gif)