Ek het hier in ons geweste nou al orals gesoek (Toyota ingesluit) en niemand herken dit eers nie, wat nog te se dit in voorraad hou! Al raad wat nou aan my gegee word is om die vellings te vervang, ens., ens...
Nou kry ek nog meer skade, want my draad is ook nou besig om te strip.
![Embarassed :oops:](./images/smilies/icon_redface.gif)
Ek moet seker net byvoeg dat die draad van die studself is nog reg.
Is daar dalk van hierdie moere in omloop erens of het iemand 'n werkbare plan om die probleem op te los?
Dit is nogal dringend, aangesien ek die trokkie van my daagliks gebruik en dan ook sommer ver op ons grondpaaie!
Asb manne, gee raad!
Ek sluit so 'n paar foto's in.
Dankie.