FM Radio Antenna Installation - VIGO

Here we discuss Hiluxes in general. Your view of the Hilux. For other general discussions please see "open Discussions" under the "Around the Campfire" heading.
Post Reply
User avatar
venom38
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 61
Joined: Mon May 23, 2011 5:46 pm
Town: johannesburg
Vehicle: hilux d4d
Real Name: Corne

FM Radio Antenna Installation - VIGO

Post by venom38 »

Ek weet nie of enigeen al met hierdie gesukkel het nie, maar ek het en toe uiteindelik die regte antwoord gekry. Dalk help dit iemand :

As jy graag 'n ander radio wil insit in jou vigo gaan jy met die probleem sit dat die antenna connector is net vir toyota radios gemaak. Maar die connector kom van die deur se kant af. Tussen die stuurwiel en die deur (agter die instrument paneel) is daar die normale radio connector soos ons almal hom ken. As jy dan die draad daar uitplug en net 'n extention kabel opsit het jy 'n normale connector wat op enige radio pas.

Ek persoonlik is weer terug op die normale hilux radio, nadat ek die plug afgesny het. Dit het my gekos om die kabel van die deur te vervang met 'n nuwe een maar ten minste het ek nou weer die regte toyota connector terug.

As ek van die begin af net die een by die deur agter die dash ontkoppel het sou my nuwe radio baie beter gewerk het en dan het ek dalk nie so kwaad geraak om weer my ou een terug te sit nie.

As julle meer wil weet hier is die link na die koponente van die antenna en radio :

http://toyota.esealtd.com/toyota/hilux/ ... o000x.html" onclick="window.open(this.href);return false;
http://toyota.esealtd.com/toyota/hilux/ ... n000x.html" onclick="window.open(this.href);return false;

Soos ek gese het, dalk help dit niemand maar dalk is daar iemand soos ek wat op soek was na net hierdie raad.
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: FM Radio Antenna Installation - VIGO

Post by OOOOMS »

Dankie Corne :thumbup: Dit help beslis en sal dit in gedagte hou :wink2:
User avatar
jacques kotze
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3616
Joined: Mon Jan 05, 2009 8:51 am
Town: Nelspruit
Vehicle: 2,8 4x4 Auto Fortuner. 2,8 4x4 Hilux singlecab.
Real Name: Jacques
Contact:

Re: FM Radio Antenna Installation - VIGO

Post by jacques kotze »

Dankie Corne :thumbup:
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Re: FM Radio Antenna Installation - VIGO

Post by ChrisF »

skoolgeld ... :(

dankie vir die raad
User avatar
Polarbear2008
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1270
Joined: Sat Feb 28, 2009 1:43 pm
Town: Cape Town
Vehicle: 01 Hilux Kz-te 4x4 Raider d/c
Real Name: Theunis
Club VHF Licence: X49
Location: Durbanville, Cape Town

Re: FM Radio Antenna Installation - VIGO

Post by Polarbear2008 »

Dankie Corne

Die IFS is diselfde in die sin dat sou jy (soos ek) die lugdraad moet vervang (myne het gebreek) kos dit jou die hele instrument paneel lossmaak en uithaal, want die kabel loop agter/onder die paneel deur en word deur 2 metaal knippies vasgehou sodat dit die "rattle" nie. Gelukkig was dit (vir my) maklik (nadat ek ontdek het waar dit loop!) want ek het self my speedo kabel vervang in laasjaar nadat dit gebreek het, en die arbeid is omtrent dieselfde!
01 Hilux 3.0L KZ-TE 4x4 Raider d/c
GME Gx300 29meg & Vertex VX2200 VHF radio
Mikem load springs with greasable shackles and polybushes
Monroe Gas Magnum shocks
Kumho Road Venture AT - 30x9.5x15
National Luna Dual battery system
Frontrunner roofrack with s/steel table
Twin rear high lift jack points
Hilux4x4club sticker! ('nuf said!)
Echo3 4x4 offroad trailer with NL 74 Litre Fridge/Freezer
Dual loadbox slides
Wishlist:
Alu canopy
Warn Winch
Unlimited Fuel & Travel Budget!
Post Reply

Return to “General Hilux Discussions”