Het hom vandag na Lichtenburg se 4x4 baan toe gevat om te kyk wat kan hy doen. Ek het so saam oom Hannes gery om "obsticles" uit te merk vir volgende week se 4x4 Pretdag.
Dis n lekker speelplek die, met baie los klip, wat man en voertuig nogals goed toets.
Hy het vol OME suspensie, wat darem so 50mm lig gegee het, en ook grootter bande.
Dis meeste die "break over angle" wat pla, maar ek ry maar ander lyne om dit te oorkom.
Maggies, maar hy is "capable" die outjie.
![Shocked :shock:](./images/smilies/icon_eek.gif)
![Twisted Evil :twisted:](./images/smilies/icon_twisted.gif)
Ekt hom nou nie eintlik gekoop vir speel nie, meer vir "overlanding" maar dis lekker om te weet ek kan as ek wil.
Hier is 2 foto's. Niks asemrowends nie. Bewys darem dat hy nie net sypaadjies klim nie.
Wag net vir nog foto's dan laai ek nog n paar.