Ek het onlangs die hilux forum gejoin en is nog heeltemal nuut in die 4x4 ding. Ek wil graag die naweek van die 14de/15de April net vir 'n dag 'n 4x4 roete gaan ry om bietjie die gevoel daarvan te kry. Is daar enige voorstelle ten opsigte van watter roetes mens moet oorweeg?? Veral vir iemand wat nog 'n beginner is. (Eks gebaseer in die noordelike voorstede)
En dan as daar 'n paar mense is wat bietjie buite wil kom en my kom join en dalk sommer tou wys maak is julle meer as welkom!!!
![CoolDude :cooldude:](./images/smilies/cool.gif)