'n Eerbare man.. Mike op sy beste

Share your jokes and funny campfire stories with us here.
Forum rules
Please keep it light hearted enol. No serious stufs hey! :)

BEFORE YOU START A NEW JOKES THREAD PLEASE TAKE NOTE:
We are trying to make the technical information more visible in the Active Topics section. So we are trying to combine all the humour posts into a single thread. This will then more or less always stay on the active topics page if you keep appending your jokes onto this single thread. Your assistance will be greatly appreciated
Post Reply
User avatar
Harties
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 107
Joined: Fri Feb 12, 2010 1:19 pm
Town: Roodepoort
Vehicle: 3.0 D4D 4x4
Real Name: Riaan

'n Eerbare man.. Mike op sy beste

Post by Harties »

Mike en sy verloofde se troudatum kom vinnig nader. Sy skoonma reël byna alles: kerk, musiek, fotograaf, blomme, spyskaart. Nie net is sy fluks nie, sy is ook nog verdomp sexy ook.
Op 'n dag is Mike by sy skoonfamilie se huis, besig om saam met sy skoonma deur die gastelys te gaan. Sy aanstaande vrou was uit saam met 'n paar vriendinne om haar trourok te laat pas, en sy aanstaande skoonpa was by die werk. Enorm was sy verbasing toe sy skoonma nader skuif en fluister: "Mike, ek vind jou besonder sexy. Gespierd. Aantreklik. Ek is bly jy trou met my dogter. Maar wat sê jy ons gun onsself een middag van vleeslike plesier voor die troue?"
Sy staan op en stap sensueel die trappe op na haar slaapkamer. Bo-aan die trappe kyk sy een maal terug en sê: "Jy weet waar die slaapkamer is, en as jy te bang is weet jy waar die voordeur is..." Daarmee verdwyn sy om die hoek.

Vir 'n volle minuut bly Mike sit, sy hart klop soos 'n resiesperd, sy bene voel pap. Skielik spring hy in aksie en hardloop soos 'n wafferse atleet vir die voordeur.
Buite gekom skrik hy hom lam: sy aanstaande skoonpa staan met 'n glimlag by sy kar en wag. "Seun," sê hy vir Mike, "Ek sal nie toelaat dat sommer enige man met my dogter trou nie. Die regte man moet eerbaar wees, iemand van inbors. Jy het hierdie toets geslaag, en ons weet nou jy is die regte man. Welkom by die familie."
.
.
.
.
. :writing:
Die les wat Mike hieruit geleer het: hou altyd, maar altyd, jou kondome in die kar eerder as jou broeksak. :heart:
Post Reply

Return to “Humor”