Lexus
Ombouing in SFA Hilux
Hierdie Lexus
ombouing is gedoen deur Johan
Terblance van Pongola. Sy kontakbesonderhede is aan die einde van
die artikel. Jy kan die kommnetaar volg deur hier
te kliek.
Ons enjin in
die raam werk soos 'n droom..Gotech management en gearbox controller.
Hilux transfer box gemaak pas op die auto ratkas. Het nou 1996 hilux
DC bekom en die groot werk het begin. Alles is nou gestrip tot op
die Chassis.
En hier is die
eerste beloofde fotos van die transfer case adapter. Soos ons bou
sal ek fotos opsit. Wil julle nie verveel met die body werk en al
daai gedeeltes nie.
Die enjin lê
nou op sy plek so nou is dit mountings maak en die cross member
mounting wat ook verander moet word.
Hier is 'n paar
fotos van die engine mountings Links en regs lyk dieselfde..afmetings
veskil biekie
Nou is dit net
manifould veranner en ons is so te se daar en dan prop shafts wat
ook langer en korter word.
Die olie filter
druk teen die chassis vas....maar afgesaag en toegesweis en JIC
male connectors ingesit,,,selfde gedoen aan die filter kant en dan
kan hulle met hidroliese pyp verbind word...hier is 'n paar fotos
Johan: Wie kan help....met
die brandstof....is die suig pyp uit die Hilux tenk dik genoeg vir
die pomp wat die Lexus enjin moet voorsien of word 'n dikker pyp
ingesit of 'n extra klein aux tenk....gee my asb biekie idee??
Johan: Baie dankie..
...waar het jy jou petrol pomp gesit...naby die tenk of vorentoe?
Hilex08: my std pypies
het ek net so gebruik....lyk soos 4mm en nog nie 'n probleem gehad
nie.
Hilex08: ek het 'n VW
pomp in die tenk, ek dink hy stoot so 5 bar....
Conversion Man: JOHAN
MY ONDERVINDING IS DAT N KLEIN (SURGE) TENK VOOR BY DIE ENGINE GOED
WERK IN PLAAS VAN N POMP IN DIE TENK .(GEEN HOE DRUK PETROL ONDER
DIE VOERTUIG).OOK IS DIE HOE DRUK PYP KORTER NOU KAN JY N FERREL
GEKRIMPTE BRAIDED PYP BY N HIDROLIESE PLEK LAAT MAAK .GEEN GEBARSDE
PYP OF HOSECLAMPS WAT AFSPRING MEER NIE.
Johan: Dankie ook gedink
om die surge tenk roete te volg.......enjin is in en nou bou ons
radiater en bedrading en al die dinge wat saamgaan...sal weer fotos
opsit as daar mooi vordering gemaak is....eeen vraag.....die tachometer
(ref counter) hoe maak mens hom werk van die ecu af...ons double
cab was 'n 2.8 diesel gewees..enige raad en advies sal waardeer
word
Conversion Man: die maklikste
is kry n cluster van n petrol bakkie en koppel hom by een van die
coils .
die een coil is vir 4 silinders en dus wys hy klaar reg.
ratkas
mounting
olie koeler vir die auto
ratkas wat onder innie radiater gaan
radiater core...aluminium
core van naby om turbulators
te wys wat die water rem om behoorlik af te koel en nie te vinnig
deur te loop nie
petrol kabel wat korter
gemaak is
olie filter wat geskuif
is
engine mounting in sy
plek
die oil cooler in die
onderste tank...vir die ratkas
die klaar produk........8
ure se werk
die voorkant....gaan
interessant wees as ons water in gooi om te sien hoeveel liters
gaan wees...ek skat so 12 maar sal se as ons die volume weet.
Ons Lux is klaar...laaste paar fotos...maandag dyno tune by gotech
dan sal ek biekie terug voering gee oor kw en km per liter....
Bak is biekie korter
gemaak maar die chassis is nog standaard
Opel Astra Scoops op
die bonnet...panel beater het hulle verkeerd om ingesit
Spitronic gear shift
Uitlaat stelsel
gebou deur Supa Quick Mtubatuba....ons lokale Supaquick se kwotasie
was R7000.00 meer...help om biekie rond te shop.
Die Hilux is ge dyno
en al die werke....110kw op die agter wiele met oor genoeg torque...die
recovery hilux wat saam gery het het probleme in jhb gemaak en moes
terug gesleep word huis toe en met die anner hilux agter vasgemaak
het ons 7 km per liter brandstof verbruik gehad..so ons is tevrede
op hierdie stadium en krag was oor genoeg om die hilux te sleep...opdraandes
was ook nie 'n probleem nie
Groete
Johan
Johan
Sê:
Ons het 'n besigheid hier in Pongola...Terblanche Engineering....Familie
besigheid ek en my seun Bruce. Ons doen Hidroliese silinders en
pype....bou en balanseer propshafts...gespesialiseerde weldig,aluminium
en cast iron algemene inginieurs werk ook. Ons is ook die Stihl
handelaars, ketting saag, bossiekappers en ook Yamaha power Products.
Ons Telefoon Nommer is 034 4131415.
|