Hilux 4x4

 

Booking.com

 

 

Lexus Ombouing in SFA Hilux

Hierdie Lexus ombouing is gedoen deur Johan Terblance van Pongola. Sy kontakbesonderhede is aan die einde van die artikel. Jy kan die kommnetaar volg deur hier te kliek.

Ons enjin in die raam werk soos 'n droom..Gotech management en gearbox controller. Hilux transfer box gemaak pas op die auto ratkas. Het nou 1996 hilux DC bekom en die groot werk het begin. Alles is nou gestrip tot op die Chassis.

En hier is die eerste beloofde fotos van die transfer case adapter. Soos ons bou sal ek fotos opsit. Wil julle nie verveel met die body werk en al daai gedeeltes nie.

Die enjin lê nou op sy plek so nou is dit mountings maak en die cross member mounting wat ook verander moet word.

Hier is 'n paar fotos van die engine mountings Links en regs lyk dieselfde..afmetings veskil biekie

Nou is dit net manifould veranner en ons is so te se daar en dan prop shafts wat ook langer en korter word.

Die olie filter druk teen die chassis vas....maar afgesaag en toegesweis en JIC male connectors ingesit,,,selfde gedoen aan die filter kant en dan kan hulle met hidroliese pyp verbind word...hier is 'n paar fotos

Johan: Wie kan help....met die brandstof....is die suig pyp uit die Hilux tenk dik genoeg vir die pomp wat die Lexus enjin moet voorsien of word 'n dikker pyp ingesit of 'n extra klein aux tenk....gee my asb biekie idee??

Johan: Baie dankie.. ...waar het jy jou petrol pomp gesit...naby die tenk of vorentoe?

Hilex08: my std pypies het ek net so gebruik....lyk soos 4mm en nog nie 'n probleem gehad nie.

Hilex08: ek het 'n VW pomp in die tenk, ek dink hy stoot so 5 bar....

Conversion Man: JOHAN MY ONDERVINDING IS DAT N KLEIN (SURGE) TENK VOOR BY DIE ENGINE GOED WERK IN PLAAS VAN N POMP IN DIE TENK .(GEEN HOE DRUK PETROL ONDER DIE VOERTUIG).OOK IS DIE HOE DRUK PYP KORTER NOU KAN JY N FERREL GEKRIMPTE BRAIDED PYP BY N HIDROLIESE PLEK LAAT MAAK .GEEN GEBARSDE PYP OF HOSECLAMPS WAT AFSPRING MEER NIE.

Johan: Dankie ook gedink om die surge tenk roete te volg.......enjin is in en nou bou ons radiater en bedrading en al die dinge wat saamgaan...sal weer fotos opsit as daar mooi vordering gemaak is....eeen vraag.....die tachometer (ref counter) hoe maak mens hom werk van die ecu af...ons double cab was 'n 2.8 diesel gewees..enige raad en advies sal waardeer word

Conversion Man: die maklikste is kry n cluster van n petrol bakkie en koppel hom by een van die coils .
die een coil is vir 4 silinders en dus wys hy klaar reg.

ratkas mounting

 

olie koeler vir die auto ratkas wat onder innie radiater gaan

radiater core...aluminium

core van naby om turbulators te wys wat die water rem om behoorlik af te koel en nie te vinnig deur te loop nie

petrol kabel wat korter gemaak is

olie filter wat geskuif is

engine mounting in sy plek

die oil cooler in die onderste tank...vir die ratkas

die klaar produk........8 ure se werk

die voorkant....gaan interessant wees as ons water in gooi om te sien hoeveel liters gaan wees...ek skat so 12 maar sal se as ons die volume weet.

Ons Lux is klaar...laaste paar fotos...maandag dyno tune by gotech dan sal ek biekie terug voering gee oor kw en km per liter....

Bak is biekie korter gemaak maar die chassis is nog standaard

Opel Astra Scoops op die bonnet...panel beater het hulle verkeerd om ingesit

Spitronic gear shift

Uitlaat stelsel gebou deur Supa Quick Mtubatuba....ons lokale Supaquick se kwotasie was R7000.00 meer...help om biekie rond te shop.

Die Hilux is ge dyno en al die werke....110kw op die agter wiele met oor genoeg torque...die recovery hilux wat saam gery het het probleme in jhb gemaak en moes terug gesleep word huis toe en met die anner hilux agter vasgemaak het ons 7 km per liter brandstof verbruik gehad..so ons is tevrede op hierdie stadium en krag was oor genoeg om die hilux te sleep...opdraandes was ook nie 'n probleem nie

Groete
Johan

Johan Sê:
Ons het 'n besigheid hier in Pongola...Terblanche Engineering....Familie besigheid ek en my seun Bruce. Ons doen Hidroliese silinders en pype....bou en balanseer propshafts...gespesialiseerde weldig,aluminium en cast iron algemene inginieurs werk ook. Ons is ook die Stihl handelaars, ketting saag, bossiekappers en ook Yamaha power Products. Ons Telefoon Nommer is 034 4131415.